Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die M7 onder die N2 gebeur.
“Paramedici het op die toneel opgedaag en die wrakke van die vragmotors en motor onder die brug gevind. Brandbestryders was vinnig op die toneel en het begin om die vlamme te blus,” het Meiring gesê.
Nadat die vlamme geblus is, is een van die vragmotorbestuurders se liggaam in die vragmotor gevind. Die bestuurder van die ander vragmotor het matige beserings opgedoen.
Twee ander mense is ook beseer en per ambulans na ʼn hospitaal vervoer.
Die polisie sal die ongeluk ondersoek.
Ek stel voor hulle moet die Valke in roep om ‘n spoedige afhandeling te verseker.
Die polisie is nie opgeleide ongeluk ondersoekers nie.Waarom is daar nie so ‘n ligaam wat spesifiek ongelukke forensies ondersoek om presies te bepaal wie die skuldige in ‘n ongeluk was nie?Of is daar so iets?Ek is beslis nie bewus van so ‘n organisasie nie.Te veel bestuurders kom weg met moord as gevolg hiervan.
Dis seker maar weer ‘n geval van remme wat onklaar geraak het: die swaar gelaaide voertuig kon nie van 130km/h in die noodbaan tot stilstand kom binne vyf meter nie. Dit het toe eers die stilstaande vragmotor in die noodbaan getref, waarna dit die motor aan flarde gery het voordat teen die brug tot stilstand geruk is. Volgende botsing?
Maroela moet asb hierdie leunstoel kundiges se kommentare selfde as sogenaamde politieke uitlatings sensor. Mense, die M7 oos het ‘n negatiewe val van 1:15 – as oor blindehoogte kom is robot 400m verder! Die enigste roete na hawe, wes is positiewe helling dieselfde en trokke staan daagliks 2 bane vol omdat taxis, stadige drywers ens linkerbaan wes versper. Kabeldiefstal veroorsaak ook dat verkeer erg opeenhoop. Leunstoelkenners moet ASB hul kundigheid kom demonstreer! Dis die dal van die dood daardie.
Seker maar STADIGER ry, of hoe jakes?