Bestuurder sterf in trompop botsing

Argieffoto

Argieffoto

Een persoon is Saterdagaand dood en nog ‘n persoon is ernstig beseer in ‘n botsing reg van voor in Pretoria.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê ‘n taxi en ‘n motor het in Hans Strijdomweg gebots. Hy sê een van die bestuurders is op die toneel dood verklaar.

Die ander bestuurder is ernstig beseer en is na die Mamelodi-hospitaal geneem vir behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.