Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê ‘n taxi en ‘n motor het in Hans Strijdomweg gebots. Hy sê een van die bestuurders is op die toneel dood verklaar.
Die ander bestuurder is ernstig beseer en is na die Mamelodi-hospitaal geneem vir behandeling.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.