Bestuurder sterf toe taxi deur huis bars

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn 52-jarige man is dood toe hy beheer oor sy voertuig verloor en in ʼn huis in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gebars het.

“Die remme van die motor het vermoedelik onklaar geraak,” het Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Hy het omstreeks 12:00 deur ʼn muur gebars en in een van die vertrekke van die huis in Imbali J, naby Edendale, tot stilstand gekom.”

Niemand was gelukkig in daardie stadium in die vertrek nie en niemand anders is beseer nie, aangesien daar geen passasiers in die taxi was nie.

“Lede van die gemeenskap het reeds probeer om die taxi uit die huis te stoot toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Dormehl bygevoeg. “Dit is toe paramedici ontdek die bestuurder is oorlede. Niks kon gedoen word om sy lewe te red nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die plaaslike brandweer en polisie is op die toneel.

Dit sal moontlik ʼn paar ure duur voor die taxi uit die huis verwyder kan word, aangesien nog mure moontlik ineen kan stort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Christa ·

Ek dink die HELE taxi was onklaar want dit lyk vir my soos een van daai ou Hiace taxis wat jarre gelede al geskrap was!!

Justice ·

Christa jy is 100% in die kol. Hierdie spesifieke HI Ace Taxis staan bekend in die bedryf as “Skorro skorros” of te wel ‘n stuk gemors. Miskien moet die agbare Min. Dipeou Peters se amptelike motor vervang te word met so ‘n model. Hopelik sal sy begin om die werk te doen waarvoor sy betaal word – haar depatement is in net so ‘n groot gemors. Intussen word alle pendelaars en padgebruikers se lewens daagliks bedreig.

Teksie ·

Ek glo nie daar is ‘n soort ongeluk waarin ‘n taxi nog nie in betrokke was.

Wanda ·

Hulle kan ry soos hulle wil. Een het my gese. Ons sal maak soos ons wil. We dont brake the rules, WE BEND THEM. Dit is hoekom daar soveel dood op ons paaie is.

Scalla ·

Spoed en onklaar remskoene tesame met n roekelose bestuur was die oorsaak

Annie ·

On padwaardige voertuig … moes al lankal geskraap gewees het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.