Bestuurder val na sy dood by myn

Len Aucamp

Len Aucamp

Len Aucamp, ʼn geliefde produksiebestuurder by die Tau-ystermyn in Kathu in die Noord-Kaap, is Donderdag by die myn dood nadat hy sowat 100 m ver in die oopgroefmyn geval het.

Connie Prinsloo, sektorkoördineerder van die vakbond Solidariteit, het Vrydag aan Maroela Media gesê volgens inligting wat hy ontvang het, het Aucamp die oggend 05:00 by die werk ingeklok.

“Sy kollegas het deur die dag agtergekom hy is weg en het na hom begin soek. Daar is ʼn spesifieke hoogte langs die oopgroefmyn wat Aucamp glo gereeld besoek het om mynbedrywighede dop te hou. Sy bakkie is naby dié plek gevind en sy liggaam is omstreeks 13:00 opgespoor.”

Die aanvanklike ondersoek dui daarop dat hy op die wal gegly en toe sowat 100 m ver na sy dood geval het. Reddingswerkers het tussen 19:00 en 20:00 by sy liggaam uitgekom en dit na die oppervlak gebring.

“Die myngroep se veiligheidskomitee, departement van arbeid en polisie ondersoek die voorval,” het Prinsloo gesê.
Volgens Adele Rossouw, Solidariteit se organiseerder in Kathu, wat nou saam met Aucamp gewerk het, is Aucamp se dood ʼn groot skok vir die klein gemeenskap omdat hy baie geliefd was onder die werkers.

Lt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoeder, het aan Maroela Media bevestig die liggaam van ‘n 39-jarige man is by die myn gevind en ʼn geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

Afleggings het aan die einde van Januarie by Kuma Iron Ore se Sishen-myn, aan wie die Tau-myn uitkontrakteer, begin weens die lae ysterertsprys. Nagenoeg 2 633 van Sishen se 5 830 werknemers word hierdeur geraak. Nog 1 300 uit sowat 3 000 kontrakwerkers se poste is in gedrang.

Solidariteit het op 27 Januarie bekend gemaak drie mynmaatskappye, wat almal in Kathu gevestig is, het aangekondig hulle doen aansoek om herstrukturering. Sowat 175 werkers by Tau word hierdeur geraak. Aucamp het nie onder dié werkers getel nie.

Volgens Deon Reyneke, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris vir die energiebedryf, is die vakbond bekommerd oor die vlaag afleggings wat die Noord-Kaap getref het. “Die Noord-Kaapse myne verkeer onder geweldige druk en hierdie myne is nie die enigste wat moontlike afleggings moet hanteer nie,” het Reyneke destyds gesê.

“Die afleggings gaan ’n geweldige impak op die sosio-ekonomiese welstand van die werknemers in die Noord-Kaap hê. Gevolglik sal Solidariteit alles in sy vermoë doen om die werkers met raad en daad by te staan,” het Reyneke gesê.
Medianavrae oor Aucamp se dood is na Anglo American, ’n sake-eenheid van Kumba Iron Ore, verwys en Maroela Media wag nog vir terugvoer.

Aucamp laat sy vrou en twee kinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Hartman ·

O….het hy gegly en geval? Volgens die artikel was hy gereeld op daai spesifieke plek? Mmmmm……

D4e ·

Hartman en Sarie, mag julle families die tipe kommentaar wat julle sopas gelewer het gespaar bly. Een voordeel is dat julle kwalik laer kan daal, so dit kan nou net verbeter. My Innige simpatie aan die Aucamp familie.

Wat-ek-lees ·

Jy kan maklik mak raak met tyd in die werksplek. Dit kan selfs jare duur waar daar niks gebeur. Omstandighede kan ook onverwags verander (grondoppervlakte uitermatig nat of korrelrig) sonder dat jy dit agterkom en dan gly wat dalk hier kon gebeur het. Ekself het ‘n paar noue ontkomings gehad waarvoor ek nie gesoek het in my 25 jr in die mynbedryf. Onkundigheid kan ook aanleiding gee dat jy iets onbesonne doen wat egter nie hier die geval was.
Sterkte aan sy vrou en kinders deur ‘n moeilike tyd vorentoe.

Geitjie ·

Wat ‘n gemene opmerking. ‘n Familie is in uiterste rou en skok en jy kom skop hulle.

Eugene ·

@ Hartman. Jy is seker beter ingelig as ons dat jy die tipe stelling kan maak.

DPJ ·

Alle empatie met die Aucamp familie. Mag die Heilige Gees ryklik vertroos in julle routyd en Sy nabyhied julle krag gee wat alle verstand te bowe gaan.
Ons bid dit jul toe.

Patrys ·

@ Sarie@Hartman. Daar is niks om oor te wonder nie. Dit was vir baie lank sy gereelde uitkykpunt waar hy oor die hele myn kon uitkyk en die berdrywighede eerstehands kon waarneem. Meegevoel met sy familie met so ‘n groot verlies.

Chris W ·

My innige simpatie met Mnr .Aucamp se vrou en kinders en familie. Ek het lankal gese ‘n myn ,enige myn,is nie ‘n pretpark nie!Ek het ‘n hele paar noue ontkomings gehad op my tyd wat my nou nog laat hoendervleis kry.

humor ·

Die twee met die snuf in die neus in jul geselskap is daarsekelik gedurig n soeke na sensasie en elke gebeure kry gereeld n elle lange vieslike stert. Moenie alleen voel nie tot selfs Kerkrade is vol van jul geselskap.

Will i am ·

Ek kan ook sê van myne is gevaarlik. Was 7 jaar terug in ń ongeluk.

Wat-ek-lees ·

9 Kommentare is nou 5 wat bykans dit wat oorgebly het onsamehangend maak.

Sarie ·

Marlette, dogters, oom P.V.O en die tannie, Liezl en Wilhelm, Len se ouers en familie, trooswoorde blyk so “leeg” te wees. So hartseer oor jul groot verlies.

Ons dorp rou in ons harte saam met julle oor jul groot verlies. Mag God elkeen van julle in sy palm toevou en berusting gee.

ñ Kathuter wat omgee

Peet en Esther Pool ·

Ons innige simpatie en mag ons Vader Len se vrou,kinders,ouers,familie en almal id gemeenskap in hierdie seer tyd bystaan.

Neels ·

Ai, bly tragies. Meegevoel en sterkte aan die vrou, kinders, familie en die totale myngemeenskap. Mag julle vertroosting vind in hierdie hartseer tyd en krag om die moraal ook weer positief te beïnvloed.
Tog so jammer dat daar alewig diegene is wat onsensitiewe opmerkings moet maak – swak smaak. (Self afgetrede bestuurder)

Gesiggie ·

Dit is Tragies, en dat die Myne nou alreeds 5 persone verloor het, 4 van Barberton myn en nou Len Aucamp… n mens wonder nie op die staduim…Hartman en Sarie… hy was n produksie bestuurder, so hy het net sy werk gedoen..n ongeluk kan gebeur. Innige Meegevoel aan sy Familie en vriende.

Laevelder ·

Gesiggie……daar is net 3 persone oorlede in Babereton by Lily Myn.

Gesiggie ·

Bedoeling wat vir die myn gewerk het… 1 persoon het sy eie lewe geneem.. nie by myn self, maar was betrokke by die myn.. Myn werkers wat gesterf het. in totaal oor tydperk al 5. Glo nie foutief?

rina ·

Siek mense lewer siek kommentaar inderdaad! Baie dankie vir die kommentaar wat die moeite werd was om te lees van mense wat die omstandighede daar ken – hierdie familie is verpletter en gaan deur rou hartseer – daar is ‘n fantastiese vrou en twee pragtige kinders wat agterbly – tesame met ander lede van sy intieme familiekring. Sterkte aan hulle – ons het inderdaad ‘n baie geliefde neef verloor! En gelukkig sal sy gesin ondersteun word in alle opsigte!

Eric ·

Ja men’s voel jammer vir die gesin en friende en selfs net die wat hom geken het. Wat Hartman end Sarie se kan baie beteken. Werk self op n myn. Is ook in bestuurs posisie en as jy jou werk doen is daar ook die wat jou haat. Laat die SAPS hul werk doen. Hulle Sal vas stel wat gebeur het. Daar is soveel veiligheid op myne end ongelukke gebeur nog, wens net hulls will die veiligheid op ons paaie ook toepas

Marie ·

My innige simpatie! Dit is groot skok vir familie. My hart gaan uit vir die familie!!!! My Pa het ook so dood verongeluk in mynskag in die jare 60’s op Welkom myn.

anette ·

My innige meegevoel aan die aucamp familie. My man werk self op die myn en Len se dood affekteer almal. Sterkte aan al sy familie ons dink aan julle en bid God se vertroosting vir julle toe.

Brian K Briesies ·

Mens kan deesdae niks meer glo nie maar jah DMR sal. Met die ding ondersoek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.