Bestuurder van e-taxi glo gekaap, ontvoer

Neville Pillay (47) word nou vermis nadat hy Saterdag glo tydens ’n beweerde kaping in die Durbanse middestad ontvoer is. (Foto: Facebook / Reaction Unit South Africa)

Die bestuurder van ’n e-taxi word nou vermis nadat hy Saterdag glo tydens ’n beweerde kaping in die Durbanse middestad in KwaZulu-Natal ontvoer is.

Neville Pillay (47) se vrou, wie se naam nie in dié stadium bekend is nie, het die maatskappy Reaction Unit South Africa (Rusa) kort ná die voorval om hulp gekontak.

Volgens Rusa het Pillay sy vrou omstreeks 10:00 gebel en gesê hy is ontvoer en word teen sy wil in Umlazi, ʼn informele nedersetting, aangehou.

“Hy het ook aangedui dat sy vermeende ontvoerders hom erg aangerand het. Die oproep is afgesny en enige pogings om hom daarna te kontak was onsuksesvol,” het Rusa op Facebook gesê.

Pillay lewer e-taxi-dienste en het ʼn gehuurde swart Nissan Almera ten tyde van sy verdwyning bestuur.

Pillay lewer e-taxi-dienste en het ʼn gehuurde swart Nissan Almera met die registrasiesnommer ND 529 076 ten tyde van sy verdwyning bestuur. Hy sou glo op die betrokke oggend ʼn kliënt in Durban opgelaai het.

Dit is nie duidelik of die voorval voor of ná dié afspraak plaasgevind het nie.

Die voorval is nog nie deur die polisie bevestig nie.

Enigiemand met meer inligting kan Rusa by 086 1234 333 kontak.

*Maroela Media het ’n navraag aan die polisie in dié verband gerig en sal hul terugvoer by die berig bywerk sodra dit ontvang word.

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blomme ·

Gebeur hierdie soort insidente net in ons demokratiese land?

piet ·

Nee, gebeur oral ter wereld. Ons is net baie lief vir negatiewe beriggewing. hierdie tipe ding sal nie sommer oorsese media haal nie. Ek dink regtig SA media moet meer positiewe stories plaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.