ʼn Busbestuurder is Maandagaand in Durban in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Die busbestuurder het in Jackscastlelaan in Castle Hill, Newlands West, gery toe hy doodgeskiet is, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Paramedici is omstreeks 19:42 na die toneel ontbied. Die 23-jarige busbestuurder is in die bors geskiet. Hy is op die toneel dood verklaar.
Daar was geen passasiers in die bus ten tyde van die voorval nie.
Die omstandighede rakende die voorval word deur die polisie ondersoek.
Nou vir wat skiet mens nou sommer n bus bestuurder? Het hy vir jou weg gery? Genade waar gaan ons land heen??? Behoede my kinders
Nuwe mo. Beskerm hulle verder in die howe. Vokgende klim hulle onder politisie in.
Hemel tog. Is dit nou ‘n stokperdjie om mense sommer net in hul voertuie dood te skiet?