Bestuurder van lykswa tydens geweersaluut doodgeskiet

Argieffoto

Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat die bestuurder van ʼn lykswa Vrydag tydens ʼn geweersaluut by ʼn begrafnis doodgeskiet is.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 16:00 in die Molweni-gebied gebeur. Thabani Hadebe (27) het die lykswa bestuur waarin die liggaam van Jabulani Gayinkani “Gayo” Mdunge vervoer is. Mdunge is verlede week tydens ʼn skietgeveg met die polisie naby Kokstad doodgeskiet.

Volgens Zwane het ongeïdentifiseerde mans wat die begrafnis bygewoon het ʼn “geweersaluut” vir Mdunge afgevuur en Hadebe is deur ʼn dwaalkoeël gewond. Hadebe is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal gehaas waar hy later dood is.

“ʼn Saak van moord is by die Hillcrest-polisiestasie aanhangig gemaak en die polisie is steeds op soek na die verdagtes wat by die beweerde skietery betrokke was,” het Zwane gesê.

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, het die optrede van die skieters veroordeel. “Geen persoon word toegelaat om ʼn vuurwapen in ʼn openbare plek af te vuur nie, insluitend ʼn begraafplaas. Lede van die gemeenskap moet opstaan en sê genoeg is genoeg vir misdadigers wat skote by die begrafnisdienste van bendelede afvuur,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Rina Pretorius ·

lekker trigger happy ne. vuurwapens is absoluut in verkeerde hande reg deur die land

Eish ·

Kwaai Zulu Natal gaan eenvoudig van kwaad tot erger. Dit gaan nou soos in Shaka se dae.

Cherokee ·

Kyk hoe word die massamoordenaar Shaka vereer. Ek woon by ‘n plek wat na hom vernoem is.

Darius Els ·

Kyk in parlement.Omtrent net KZN lede.Toestand in die land net dieselfde. Antwoord= Zulu beheer.

Andre ·

Alle simpatie aan die bestuurder se familie en met alle respek gese kan ek net lag want so iets gebeur seker net in SA!

Theresa B ·

Dis waar Rina. Onbevoeg om vuurwapens te hanteer, maar elkeen het een………………………

humor ·

n Mens kan maar net oorbluf sonder woorde jou kop skut en jouself probeer oortuig dat die werklikheid waarin ons leef maar net n ware droom is. Stel jou voor dot watter mate hierdie land sal verval as daar geen remmende invloede soos nog die bietjie wet en orde wat daar nog is nie meer daar sal wees nie.

bgj van der westhuizen ·

ek kan nou al se hulle gaan niemand toe sluit nie wand dit is dalk met in gesteelde of gekoopte sapd wuur wapen die skote af geskiet wand as die persoon oplieding gehat het sal hy nie in die lig skiet nie dit was weer eens n persoon met n onwettige wuur wapen maar die sapd en regering is net gepla met wettige wuurwapens maar doen niks om die onwettige wapens op te spoor nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.