Bestuurder van rampbus in hof ná hy wou vlug

Die noodlottige busongeluk. Foto: Honnetsweng EMS

Die busbestuurder wat van strafbare manslag aangekla word ná die ongeluk wat die lewe van nege mense geëis het, het Dinsdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê George Themba (41) van Zimbabwe is borgtog geweier en die saak is tot volgende maand uitgestel.

Hy staan tereg op nege aanklagte van strafbare manslag en ʼn bykomende klag van roekelose en of nalatige bestuur.

Themba is ná Vrydag se noodlottige ongeluk op die N1-Suid tussen Polokwane en Mokopane in ʼn hospitaal opgeneem. Hy het egter verdwyn nadat hy uit die hospitaal ontslaan is en het in die rigting van die Beitbrug-grenspos gevlug.

Polisiebeamptes het ʼn wenk ontvang en Themba aangekeer waar hy in ʼn goederevragmotor probeer wegkruip het om die grens só onwettig oor te steek.

Themba het glo beheer verloor oor die bus wat van Polokwane na Gauteng op pad was waarna die bus omgeslaan het. Hy en 51 passasiers is tydens die ongeluk beseer terwyl nege mense op die toneel dood verklaar is.

Ngoepe het gesê die polisie is intussen steeds besig om die oorledenes te identifiseer.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos1 ·

Jip. En ‘n sekere oud presidentsvrou word met SA regering se hulp toegelaat om SA te verlaat nadat sy van aanranding aangekla word. Lekker dubbel standaarde!

herta ·

as die oorledenes almal zim burgers was, behoort hulle tog in besit van paspoorte te wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.