Bestuurder van Rustenburg munisipaliteit geskors

Rustenburg. Foto: http://www.rustenburg-info.co.za/town

Rustenburg. Foto: http://www.rustenburg-info.co.za/town

Bheki Khenisa, die bestuurder van die plaaslike munisipaliteit Rustenburg, is Maandag tydens ʼn spesiale raadsvergadering geskors.

Khenisa word van wangedrag beskuldig wat verband hou met voorwaardelike toelae van R426,9 miljoen wat deur die nasionale tesourie aan die munisipaliteit toegeken is en nie spandeer is nie.

Die munisipaliteit het by die tesourie aansoek gedoen dat die onbestede toelae tot volgende jaar kan oorstaan. Die nasionale tesourie het egter die versoek geweier omdat die munisipaliteit se versoek dat gelde wat aan openbare vervoerinfrastruktuur en munisipale infrastruktuur bestee moet word, vir ’n derde agtereenvolgende jaar oorstaan.

Opposisiepartye het op 11 Desember by ʼn spesiale raadsitting uitgeloop nadat hulle ʼn mosie dat Khenisa geskors word, teengestaan het. Sommige ANC-raadslede wat ook teen Khenisa se skorsing was, het ook uitgestap.

Aangesien die vergadering nie ʼn kworum gehad het nie, kon daar nie oor Khenisa se skorsing gestem word nie. Dit het gelei tot ʼn spesiale sitting wat Maandag gehou is. Die Demokratiese Alliansie (DA) en ander opposisiepartye het nie die vergadering bygewoon nie.

Gert du Plessis, die DA se koukusleier, het gesê die party kon nie die sitting bywoon nie aangesien hulle eers die agenda Saterdag ontvang het, terwyl ander raadslede glad nie ʼn agenda ontvang het nie. Du Plessis het gesê volgens die reëls moet raadslede die agenda twee tot vier dae voor ʼn vergadering ontvang.

“Die reëls is nie hier gevolg nie. In die vorige vergadering het die speaker aangedui dat daar nie verder vanjaar vergaderings gehou sal word nie. DA-raadslede was reeds met vakansie toe hulle van die vergadering ingelig is,” het hy gesê.

Du Plessis het bygevoeg die DA het gesê alhoewel hulle nie ʼn ondersoek na Khenisa se gedrag teenstaan nie, is hy nie die enigste een wat die blaam moet dra nie.

“Die burgemeester, die hoof finansiële beampte, direkteure en eenheidbestuurders moet ook blameer word. Hulle is die persone van die toelae moet spandeer, maar word beperk, want as die voorwaardelike toelae spandeer word, sal daar niks meer geld in die rekening wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

So bly die ou spul ook agterstallig om die Anglikaanse kerkie-monument in die ou begraafplaas te restoureer nadat dit afgebrand het. Dit is verniet om met hulle dit aan te haal. Sou daar ‘n moontlikheid wees dat Nelson Mandela daar ‘n draai gemaak het dan was die prentjie heel anders.

Loon ·

Kyk mooi dink en doen was nog nooit n opsie nie.
Vergeet maar van berekening en beplanning.

Johan ·

Ag genade het die hele ou spul nou n nuwe spel patroon ontwikkel van “hire en fire” hulle bedinges hulle as ou praat van appartheid, maar almal van hulle wil aan daai speen suig of is dit nou n mannier om elke ou n paar rand te laat maak

arie plaasboer ·

Iets in die beriggewing is nie duidelik nie.
Volgens die berig is daar genoeg redes / bewyse om die burgemeester te skors, tog onttrek die opposisiepartye uit vergadering waar dit besluit moet word. Dis uit die beriggewing nie juis duidelik waarom hulle dit gedoen het nie.
Ek kan alleen vermoed dat hier onderduimsheid aan die orde van die dag is.
Gaan dit hier om die kworum, die kennisgewing tydsverloop, die gebrek aan `n behoorlike agenda of dat meer persone as net die burgemeester weens pligsversuim geskors behoort te word?
Of is dit alles op die tafel?
Help om die saak te ontrafel.

FC ·

Dit is wel so dat die munisipale bestuurder sy plig versuim het en die optrede teen hom is geregverdig. Hy moes lankal self opgetree het teen sy betrokke departmentshoofde. Die werklike oorsprong van die probleem kan dan egter net oor gespekuleer word. Die geld of kontrakte vir die werk was sekerlik ge-oormerk vir ‘n spesifieke “vriendelike” kontrakteur en hy / hulle kom seker nie ‘n groot genoeg “plan” maak nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.