Bestuurder van skoolbus met hamer bygedam

’n Busbestuurder van die Hoërskool Zwartkop is Woensdagoggend deur ’n vermeende rower met ’n hamer bygedam toe hy ’n ouer wou help. Die rower het ook met die leë skoolbus probeer vlug. (Foto: Twitter /@RiotAndAttackSA)

’n Pendelbusbestuurder van die Hoërskool Zwartkop in Centurion is Woensdagoggend deur ’n vermeende rower met ’n hamer oor die kop geslaan toe hy ’n ouer van dié skool te hulp gesnel het.

Die beweerde boef het glo, ten aanskoue van die betrokke ouer se kind, probeer om haar motordeur oop te ruk nadat sy die leerder by die skool se eerste bushalte in Panoramaweg afgelaai het. Die bus het reeds by die halte gewag en geen leerders het nog op die bus geklim nie.

Dit is toe dat die busbestuurder die verdagte nader en dié hom met ’n hamer bygedam het.

Die verdagte het daarna met die skool se leë bus probeer vlug. Hy is egter kort daarna aangekeer en ’n ruk later deur die polisie in hegtenis geneem.

Dr. Dewald Strydom, skoolhoof, het Woensdag aan Maroela Media verduidelik dat die leerder reeds uit die motor was en na die bus gestap het toe die gebeure ontvou het.

Die leerder het gesien wat gebeur en na die busbestuurder gehardloop om hulp te ontbied.

Strydom sê hy weet nie hoe die vermeende rower enigsins kon dink dat hy met dié bus te midde van spitsverkeer sou kon vlug nie.

Volgens Strydom het die ouer blitsig met ’n sekerheidsforum kontak gemaak, wat binne oomblikke op die toneel was.

“Die betrokke man is geboei en die polisie is ontbied.

“Die busbestuurder het die nodige mediese behandeling gekry en was ’n paar steke later gereed om weer [sy] diens te lewer.”

Strydom sê die skool bied tans die nodige sielkundige ondersteuning aan die leerder en die busbestuurder.

“Ons eer die busbestuurder wat nie geskroom het om die ouer in ’n tyd van nood te hulp te snel nie.

“Hierdie voorval maak ons net weer bewus van die behoedsaamheid waarmee ons deesdae moet leef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Elmarie ·

Dat so mal mens soveel lewens omver kan werp. Trauma in eksamen tyd, kinders wat nie kon eksamen skryf nie. Wil hom sommer met ‘n hamer bykom.

Dankie aan die busbestuurder vir jou bereidwilligheid om te help. Hoop jy herstel vinnig en volkome. Aan die ma en kind, baie sterkte.

Di ·

Die ARROGANSIE van hierdie kriminele gaan my verstand te bowe! Het hy nou rerig gedink hy gaan hiermee wegkom en dit nogal met ‘n BUS. Eish

Androclus ·

Ek wonder wat rook hy om met ‘n bus te probeer vlug,ek sal hom tog wil vra.

Hennie ·

Was seker n werklose EFF steenkool dissipel gewees wat die aanval geloots het..

Swerwer ·

Mag die volgende 5 jaar vinnig verby vlieg dat die regte mense aan bewind kan kom en ontslae geraak kan word van die heersende party wat alles in hul vermoë doen om ons landsburgers en oland te vernietig.

Jack ·

Nee wat.Met die volgende verkiesing sal die ANC sy volgelinge goed laat verstaan dat die maatskaplike toelae aan hulle stemme vir die ANC gekoppel is.

Pietertjie ·

Soos my pa altyd gesê het : moenie worry nie, dit gaan nog erger word!

ES ·

Wonderlike nuus dat daar nog mense is wat ander in noodsituasies help – en wat nie skroom om hul eie lewe in gevaar te stel nie.

Die misdaad raak nou al hoe erger en selfbeskikking is die enigste manier om dit af te weer want ons regering gaan, net soos altyd, niks daaromtrent doen nie.

christo ·

Ek dink Bheki Cele het ‘n nuwe eenheid in SAPD saamgestel: Onsigbare polisiëring! Ons is alhoemeer afhanklik van privaat reaksie maatskappye en sekuriteitsmaatskappye vir ons veiligheid terwyl die ANC regering net die belastingbetaler verder leeg melk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.