Bestuurder vas oor rooftog

Die kontant wat uit die winkel gesteel is word getel. Foto: SAPD

Die kontant wat uit die winkel gesteel is word getel. Foto: SAPD

Die assistentbestuurder van ʼn klerewinkel in Polokwane in Limpopo is saam met nog ʼn verdagte in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog by dié winkel.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die bestuurder het die polisie vroeg Dinsdagoggend ontbied en beweer ʼn gewapende man het die winkel van kontant beroof.

“Hy het aan die polisie gesê die man het hom met ʼn vuurwapen gedreig en gedwing om die kluis oop te sluit en kontant aan hom te oorhandig.” Volgens Mojapelo het die polisie dadelik begin ondersoek instel en onraad vermoed.

“Die ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van ʼn 28-jarige man. Die polisie het ook op die kontant wat uit die winkel gesteel is beslag gelê.” Volgens Mojapelo het dit aan die lig gekom dat die assistentbestuurder ook glo betrokke was by die rooftog en hy is in hegtenis geneem.

Die 24-jarige assistentbestuurder en die ander verdagte sal na verwagting Woensdag in die Mankweng-landdroshof verskyn op aanklag van roof. Die bestuurder sal ook tereg staan op aanklag van meineed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Giel ·

Daai lyk vir my soos vyf honderd drie en dertig duisend vyftig honderd rand.

Wim ·

Is die foto geneem by die polisiestasie lyk vir my soos by die vingerafdruk kantoor.Ai kyk hoe lyk dit.Kan nie glo die eens trotse Polisie se kantore lyk so nie, maar baie geluk met die goeie werk.

Nico ·

Hmm.. Wolf skaapwagter gemaak. Klink soos die twee baie verdagte FNB tak-rowe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.