Bestuurder vas wat glo oor kaping jok

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem nadat hy beweer het hy is in Estcourt, KwaZulu-Natal, gekaap.

“Die 43-jarige man het op 18 Mei 2016 beweer hy is by die N3 Ultra City deur twee gewapende mans gekaap,” het lt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het beweer die mans het met hom na Roosboom in Ladysmith gery, waar hy met hulle baklei het.”

Volgens die vragmotorbestuurder het die twee mans daarna met sy selfoon en ʼn onbekende bedrag kontant gevlug.

“Die vragmotor is later deur die Uthukela-taakspan opgespoor. Die taakspan het met hul ondersoek begin en daar is bepaal dat die vragmotorbestuurder waarskynlik oor die kaping gejok het, om die feit te verbloem dat hy in ʼn ongeluk betrokke was,” het Gwala bygevoeg. “Die eiendom, wat hy beweer het is gesteel, is ook in sy besit gevind.”

Die man sal na verwagting binnekort in die Ladysmith-landdroshof verskyn op aanklag van dwarsboming van die gereg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mirrie ·

“in Escourt” nie “en Escourt” nie. Edit enige iemand die stories wat julle plaas?

Eugene ·

@ Mirrie Ja, hopelik “redigeer” iemand dit voor publikasie.

Tirrie ·

Ag, Mirrie, kom tog by. Ons betaal nie vir die nuus nie. Betaal en lees Beeld. Kyk tog verby al die “klein” dingetjies in die lewe. Kan nie glo dit pla jou nie. Soveel ander dinge om jou oor te ontstel…!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.