Bestuurder verbrand ná vragmotor aan die brand slaan

Foto: ER24

ʼn Vragmotorbestuurder het Saterdag ernstige brandwonde opgedoen en drie persone is beseer in ʼn ongeluk op die N12 in die rigting van Benoni.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, verduidelik ʼn vragmotor het ʼn boom en ʼn ligte motor getref voor dit aan die brand geslaan het.

“Die vragmotor, in ligte laaie, het oor drie bane gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. ʼn Ligte motor het ʼn kort ent daarvandaan gestaan,” het Meiring verduidelik.

Die bestuurder van die vragmotor het langs die pad gelê. Die bestuurder van die motor en twee kinders was aan die oorkant van die pad. “Paramedici het hulle ondersoek en bevind die vragmotorbestuurder het ernstige brandwonde opgedoen. Hy was in ʼn kritieke toestand. Die drie ander persone het matige beserings opgedoen.”

Die vragmotorbestuurder is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë privaat hospitaal geneem vir dringende behandeling. Die ander pasiënte is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Corrie-Anne ·

Ons was aa die anderkant op pad na Pta. Ek het dit sien gebeur. Dit was die “weirdste” ding. Het grond sien ontplof & toe dowwe plof geluid gehoor en toe die vlamme. Kon die hitte tot in my sitplek voel. Eienaardigste iets wat ek nog aanskou het

Geskok ·

Ek het ook ‘n ander ongeluk gesien gebeur, n vragmotor van n baie bekende maatskappy uiters vinnig gejaag op die snelweg, toe gebeur die ongeluk agter hom soos hy die verkeer uit die pad gedruk het, en toe jaag hy net weg. Die maatskappy het my oproepe net geignoreer. Ek weet nie waar om dit aan te meld nie.

Piet ·

Nou hoe lyk dit of die vragmotor aan die verkeerde kant was. Dis uiters moeilik om ‘n drie punt draai te maak, maar die fotos wys die vragmotor stroom op?

Anke ·

Blykbaar het ‘n band gebars en die bestuurder het beheer verloor. Lyk of die kajuit heeltemal afgeruk is en die “load-body” het maar eie rigting gevat, op ander fotos op Facebook.

sug ·

Ai tog. Iemand word in n krematorium verbrand. As die bestuurder verbrand het is hy dood, dalk het hy net erge brandwonde opgedoen? Wat is n ligte motor?
Strekte aan almal wat beseer is en in die hospitaal is

mathilda ·

@sug: “strekte” vir jou ook. So maklik maak mens ‘n foutjie :)

Sune van Heerden ·

Dagsê sug

“Verbrand” beteken om deur vuur/hitte beseer te word, byvoorbeeld jou vingers/tong verbrand. Indien die persoon gesterf het, sou ons die term “verkool” gebruik het.
‘n “Ligte motor” is ‘n motor met ‘n kleiner enjin, dus nie ‘n swaarmotorvoertuig nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sug sug ·

Ak vir wie ek sug is vir mense soos sug hierbo wat wil hare split oor woorde. Ek het presies verstaan wat die artikel sê.

Frikkie Geld en huis ·

‘n Lyk word in ‘n krematorium veras, nie verbrand nie.
Strekte!!

Caja ·

As ek sien hoe ongeskik en onverskillig vragmotor bestuurders op die pad is dan is dit n wonderwerk dat daar nie meer van hulle in ongelukke is nie. Hulle sit hoog en dis ook mos nie hul eie voertuie nie so hulle voel n veer vir ander voertuie op die pad en nog minder vir hul werkgewers. Boonop gebruik hulle die trokke om ekstra geld te maak met die oplaai van rylopers. Om dan nie eers te praat van hoe die reeds stukkende paaie nog verder flenters getrap word nie. Jammer maar hulle is n frustrasie…stadig teen die opdraendes en dan weer voet in die hoek op die plekke waar hulle weg verby gegaan kan word. Kortom, uiters onbedagsame spul!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.