Bestuurder verdrink toe motor in meer beland

Die motor het in die Noordeinde-meer beland. (Foto: Twitter)

Die bestuurder van ’n motor is dood toe die motor Vrydagaand in ’n meer in Gqeberha (Port Elizabeth) beland het. Twee passasiers het die voorval oorleef.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê die polisie is omstreeks 22:20 na die Noordeinde-meer in Sydenham ontbied nadat ’n motor in die water beland het.

Die 27-jarige bestuurder van die motor was in die wrak vasgekeer en het verdrink.

Twee passasiers, albei 23 jaar oud, kon daarin slaag om uit die wrak te kom en is na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die presiese omstandighede omtrent die voorval is nie in dié stadium duidelik nie.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

Asseblief !! Dit is Port Elizabeth……ek vloek lank nie meer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.