Bestuurder vermoor tydens vragmotorkaping

Die toneel waar Mnisi se liggaam gevind is. Foto: Verskaf

ʼn Drie-en-vyftigjarige vragmotorbestuurder se liggaam is langs die N2-snelweg buite Port Elizabeth gevind nadat hy die vorige aand gekaap is.

Absalom Mnisi is doodgeskiet nadat die vragmotor wat hy bestuur het Maandagaand deur ʼn groep van minstens sewe verdagtes naby Coega gekaap is.

Die verdagtes het glo langs die pad gestaan met glimbaadjies aan en ’n wit voertuig met ’n blou lig en vir Mnisi gewys om van die pad af te trek voor hulle hom gekaap het, het kapt. André Beetge, woordvoerder van die polisie, gesê.

“’n Motoris wat verbygery het, het die vragmotor gewaar en die maatskappy waaraan die vragmotor behoort, ingelig.” Volgens Beetge is die opsporingstoestel geaktiveer en is die vragmotor in Makepeace-rylaan in Perseverance deur die polisie teruggevind.

Die blitspatrollie-eenheid het die wit Volvo-vragmotor agter ʼn pakhuis gevind. “Sewe verdagtes het in die pakhuis ingehardloop en die polisie kon daarin slaag om vyf van die verdagtes, tussen 27 en 41 jaar oud, in hegtenis te neem.”

Van die goedere waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die vragmotor se vrag van nagenoeg 23 ton koper, ter waarde van R1,9 miljoen, en ʼn Mini Cooper-voertuig is op beslag gelê.

“Die polisie het ook beslag gelê op ’n wit Ford Ranger-voertuig (huurmotor), ’n blou lig, ’n glimbaadjie, ’n groot seinblokkeerder en sewe selfone wat glo tydens die kaping gebruik is.”

Mnisi se liggaam is Dinsdagoggend gevind nadat ʼn verbygaande motoris dit gewaar het en die polisie in kennis gestel het. Hy is in die rug en nek geskiet.

Beetge het gesê die polisie ondersoek sake van moord en kaping en dat die verdagtes binnekort in die hof sal verskyn op aanklag van die besit van gesteelde goedere. “Hul aandeel in die kaping en moord word ondersoek.”

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om lt.kol. Willie Mayi by 082 697 5914 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

40 Kommentare

Db ·

Stop vir niemand in die donker nie. Sit jou regtervoet plat op die petrol en jaag na die naaste polisiestasie of sekuriteit. Indien jy nie kan wegkom nie kan die verskoning gegooi word dat die remme nie gewerk het nie

HPV ·

Db, jy is reg. Sorg ook dat jy altyd ‘n vuurwapen aan jou dra.

Kallie ·

Indien daar ‘n polisie padblokkade is weet jy ook nie of dit wettig is nie. Indien jy wegjaag en die SAP arresteer jou, wat is jou regte?

Cherokee ·

DB is net reg sover dit die ‘moet nie stilhou’ angaan. Om te lieg oor die remme is sinneloos. Sal makliker wees om te verduidelik waarom nie stilgehou is nie.

Anon ·

Jy het nie nodig om stil te hou nie, die wet bepaal dat jy mag aanhou ry tot by jou naaste polisie statsie maar slegs teen 40kmph en nie jaag nie anders mag hulle jou van die pad af dwing

Sarel ·

Hoeveel gaan die Borg bedrag wees sodat hulle, terwyl op borg Kan voortgaan. My simpatie want die persoon was iemand se Man en Vader wat moes boet net omdat hy sy werk gedoen het om sy familie te onderhou. Moet nie vir jy vertel armoede en werkloosheid is die oorsaak nie,

marous ·

Land van waansin ! Daar is geen manier wat dit gekeer gaan word nie .

Haan ·

Hou moed. Hou koers. Die Here louter ons want ons het n afvallige volk geword. Mettertyd sal Hy hierdie land weer seën.

Johan Swart ·

Hoe het hulle geweet van die vrag “koper” op die voertuig? …teen R70 per kilo vir koper by enige “scrap metal dealer”,en dis iets wat scrapmetal-dealers met graagte aankoop,maaknie saak waarvandaan dit kom nie…..dit is n beter buit as die trok of Mini-Cooper…..

Annie2 ·

Tragies, dat iemand moet sterf. Misdaad is onbeheerbaar in SA. Dit raak elke mens ongeag ras, ens. Innige simpatie aan hierdie gesin. RIV.

fred ·

toen ek jonk was het ons gelees van die gangster/maffia lande in suid-amerika….nou sit ons in ons land met al kriminaliteit en korrupsie….wat het met ons nuwe suid-afrika gebeur???

Chris Ws ·

fred ,die anc betuur hom dis wat gebeur het.Se dankie vir FW ,Roelf en al die ander verraaiers saam met hulle.

Lana ·

Ek vra liewer wat het met ons ou RSA gebeur?
Daar was so baie goeie dinge wat nou totaal verwoes is. Letterlik en figuurlik gesproke!!!

Joubert ·

Hierdie goed gebeur sodat die kinders van die lig die werke en volgelinge van satan op hierdie aarde kan identifiseer, en nooit weer vorentoe die foute van die verlede sal maak nie!

AV ·

Die ANC se nuwe SA, wat verstik in die bloed van onskuldige mense. ‘n Hool so reg uit die hel.

Johan ·

Hierdie lyk vir my ye veel na n binne roof en kaping, hoekom hierdie trok spesifiek aftrek ?hulle het geweet van die vrag en vir hom gewag. Bestuurder geskiet omdat hy iemand herken het, so jammer vir sy familie

George in Bloem ·

RIV die arme man wat net sy werk gedoen het op die eerlike harde manier om vir sy geliefdes te sorg. Ek hoop die skuim en drek van ons siek samelewing wat hierdie man koelbloedig vermoor het kry wat hulle toekom.

jannie ·

mandella huil seker sonder ophou in sy graf oor die nuwe siud afrika

Keelvol ·

Mandela?? Hy, het dit begin!! Hoe kan mense nog so blind wees!

Sê maar net ·

Ek doen ‘n beroep op die Polisie, weermag, Valke….. Doen klopjagte in al wat ‘n huis is, wel verkieslik waar die meeste bendes is. Kry daardie onwettige vuurwapens onmiddellik. Vergeet daarvan om die wettige vuurwapen eienaars te probeer keer om lisensies te kry of dit moeilik vir hulle te maak om hul lisensies te behou. Begin by die onwettiges.

Guve ·

My innige simpatie aan sy familie en naasbestaandes, dis so onnodig R.I.V.

Liena ·

Inside Job, hoe het hulle geweet dat daardie trok soveel koper vervoer!! Sterkte aan die familie van die oorledene.

@Liena ·

Ja Liena, net soos hulle weet watter huise het kluise, waar alarms is, hoe laat mense huis toe kom en of jy ‘n vuurwapen het. Gewoonlik ‘inside jobs’ want almal lyk my is omkoopbaar of in elk geval krimineel.

Koos ·

En Nelson het geweet wat die siel is van sy mense maar het voortgegaan met sy bevrydingsstryd

jean ·

Daily life in South Africa….Bitter hartseer en skrikwekkend…..

Jimmy ·

Ons kom nou by die punt waar geen private voertuie van 19:00 tot 6:00 op die paaie mag wees nie, ongeag in stede of platteland. Indien jy gevang word, moet daar ‘n goeie rede wees soos ‘n mediese noodgeval.

Tipping Point ·

Bendes en sindikate is in beheer wanneer n onbevoegde regering dit toelaat! Die wet skrik hulle ook nie af nie, net soos die korruptes en staatskapers in die regering ook nie deur wette afgeskrik word nie.

Jepetto ·

Kan Maroela of a leser ons inlig wanneer dit regte poliesie is en wanneer nie en vir wie stop jy hierdie berig laat my koud en bekomerd

LIEZL ·

Jepetto, jy stop vir niemand nie, jy sorg dat jy altyd weet waar die naaste polisiekantoor is en jy ry soontoe. As dit regtig polisie is, kan hulle mos daar met jou praat. As jy iemand raakry, as jy ‘n pap wiel kry. Ry tot die naaste polisiestasie. Niemand kan deesdae meer teen die pad stop nie.

Laetitia ·

Tragies! Ek is verbaas dat sekuriteit hom nie in ‘n ander voertuig gevolg het nie. Ek het op ‘n perseel gewerk waar koperkabels ook gestoor was en elke keer wanneer vrag gelaai was het sekuriteit die trok agtervolg tot by sy bestemming.Baie jammer vir sy familie.

Eish ·

Sewe teen een – hoekom die bestuurder dood skiet. Geen borg, sluit toe en gooi die sleutel weg.

Yup ·

Ons weet doodstraf kom nie terug nie. Ons weet prisoniers kry vrylating/parool uiteindelik reg of verkeerd. Pad vorentoe: As jy n skedule 5 skuldige is of was mag jy nie weer in n verkiesing stem nie. Dan ook: As jy nie jou belasting sertifikaat kan wys nie – geen stemreg.

Kyla ·

Met sy vriendelikheid en “mooi” gesiggie was HY die begin van ons einde. Julle moet nie so naief wees nie, wolf in skaapsklere. DINK MOOI.

GP ·

Hierdie trokke ry gewoonlik in ‘n konvooi, vreemd dat hy met so vrag alleen gery het.
Maak die grense toe en kry onwettige mense uit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.