Bestuurder vlug glo ná drie sterf

Argieffoto

Argieffoto

Drie voetgangers is dood toe ʼn minibustaxi glo Sondagaand in Kaapstad in hulle ingeploeg het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Freedomweg in Joe Slovo plaasgevind.

“Die bestuurder van die taxi het vermoedelik drie mense getref voordat dit teen ʼn stilstaande taxi en nog ʼn voertuig gebots het,” het Bodasing gesê.

Een van die mense is deur die voorruit geslinger en die ander twee se liggame is op die sypaadjie aangetref. “Niks kon vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Sy het gesê die bestuurder van die stilstaande taxi het geringe beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir waarneming.

Dit wil voorkom of die bestuurder van die taxi wat die ongeluk veroorsaak het, glo van die toneel gevlug het.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Deloris ·

KAN daar dalk vir taxi bestuurders bestuurs lesse voorsien word. Te veel onskuldige mense en passasiers sterf daagliks, en die taxi bestuurders besef nie hoe vining en maklik gebeur ‘n ongeluk nie.

Irene ·

Hulle ry en stop net soos hulle wil niemand doen iets daarom trent nie

DPJ ·

Ons sal altyd die taxi bestuurder by ons hê. So wees wakker en vermy hulle maar vir jou eie veiligheid.
Moet net nie ongeduldig raak nie en vergeet can padwoede!

Joann ·

Verlede week gaan ek bank toe en weet jul wat? Taxi bestuurder hou op stopstraat stil,klim uit en gaan bank toe,taxi staan op stop,hy kom terug klim in en ry verder. Kan jy nou meer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.