Bestuurder wat 3 doodry vandag in hof

Die ongelukstoneel. (Foto: Rescue Care)

Die KwaZulu-Natalse polisie sê bewerings dat ʼn taxibestuurder Woensdag oor ʼn rooi verkeerslig gejaag het voordat hy vier tienermeisies in Newlands-Oos in Durban raakgery het, kan nie bevestig word nie.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het Donderdagoggend aan Maroela Media gesê die omstandighede van die ongeluk word nog ondersoek. Op ʼn vraag of berigte dat die taxibestuurder van die ongelukstoneel gevlug het waar is, het Zwane gesê die bestuurder het onmiddellik die ongeluk by die polisiestasie gaan aanmeld.

“Ek kan nie sê hy het van die toneel gevlug nie. Dit is dalk moontlik dat hy bang was dat die gemeenskap hom leed sou aandoen en dat hy daarom polisie toe gegaan het. Maar ek weet wel hy het onmiddellik die saak by die polisiestasie gaan aanmeld waarna hy in hegtenis geneem is,” sê Zwane.

Maroela Media het gister berig drie tienermeisies is dood en ʼn vierde kritiek beseer toe hulle omstreeks 07:00 naby die VN Naik Skool vir Dowes in Newlands-Oos deur ʼn taxi raakgery is. Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-nooddienste, het gesê die vier tieners was op pad skool toe, toe hulle deur ʼn taxi getref is terwyl hulle die pad oorgesteek het.

Die ongelukstoneel. (Foto: Rescue Care)

Zwane sê hy verneem die beseerde meisie is steeds in die hospitaal, maar dat haar toestand stabiel is.

Die 33-jarige taxibestuurder sal vandag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

Intussen het die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) gesê hy hoop dat die bestuurder se borgtogaansoek geweier sal word en dat hy minstens sewe dae in aanhouding sal bly. “Roekelose en nalatige bestuurders op Suid-Afrika se paaie het al te veel onskuldige lewens geëis. Statistieke toon aan dat voetgangers die weerloosste padgebruikers is en 38% van padongelukslagoffers verteenwoordig. KwaZulu-Natal is een van die provinsies met die meeste padsterftes,” sê die RTMC in ʼn verklaring.

Die korporasie het sy medelye met die oorledenes se naasbestaandes betuig en die beseerde tiener ʼn spoedige herstel toegewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ES ·

As hulle net die padreels respekteer sal ons die beste publieke vervoerstelsel in die wereld he… maar nee, ons moet moes voor almal indruk, oor geel strepe ry en as die passasiers kla oor hoe die bestuurder ry dan dreig hy om te stop en hul af te laai.

chrisjan ·

Mog hy borg kry!Dit sal die laaste “sien” van hom wees.Nog een taxi padvark MINDER op ons paaie!

Onnodig ·

Dit is baie hartseer wat hier gebeur het en ek sien ook elke dag hoe onverskillig en selfsugtig Taxi bestuurders bestuur, maar, oor die algemeen het voetgangers geen benul van padveiligheid nie of is net moedswillig. Hierdie kinders was wel weerloos en hierdie is nie op hulle gemik nie, maar ek moet elke dag op my hoede wees vir voetgangers wat eenvoudig stap waar hulle wil so stadig soos hulle wil. Ek dink heelwat ongelukke word deur voetgangers veroorsaak. Hulle is nie almal weerloos nie. Hulle is aspris.

Aapstert ·

Ongelukkig is jy reg. Ek kry gereeld kinders wat reg voor karre inloop, oor die pad stap, maak nie saak hoe besig die pad nie, ek kry hulle ook oppad skool toe, hulle is natuurlik al klaar laat, maar stap lekker rustig, met oorfone in, 4 langs mekaar. Waag om vir hulle te “hoot” dan slaan hulle jou kar.
Meeste van die tyd stap hulle ook oor die pad dan is daar ‘n voetoorgang letterlik 3 tree verder. Ons kan maar net sug, ons koppe skud en die stuurwiel stywer vasklem wanneer jy weer daar wegtrek …

corne ·

Ek hoop die ANC sal hulle oe nou oopmaak en sien watse probleem die doodskiste op wielle is stuur hol tronk toe 25jaar plus.Die taxis maak nes hulle wil Guptas en bossasas van die pad

Naas Vermaak ·

Weet julle hoe taxibestuurders deurTaxiBASE uitgebuit word? As daai BASE nie ook verantwoordelik gehou gaan word nie gaan roekelose bestuur van taxi’s nooit stop nie….nie dat dit seker ooit sal stop nie, maar dit moet op daardie vlak ook aangespreek word.

Magda ·

Naas ek vra elke dag hoekom die Eienaars NIE ook verantwoordelik gehou kan word vir ongelukke met bestuurders wat onverskillig ry – Taxi’s wat onpadvaardig is, of bestuurders wat nie n geldige lisensie het nie – Begin by die Eienaars om te vervolg en ek GLO 100% dat dit al klaar baie beter sal gaan op ons paaie.

Swannie ·

Voetgangers hoort nie op paaie nie. PUNT ! Paaie is vir voertuie bedoel.

Ek sien ook telkemale in my dorp dat `n sekere gedeelte van die bevolking jou reg in die oë sal kyk en dan met opset oor die pad sal stap. As hy/sy raakgery word …wie is dan die skuldige ??? JY natuurlik !!!

Marietjie ·

Hier stem ek nogal met jou saam… hulle is baie aspris, met selfone besig en loop net waar hulle wil. Maar die taxis is regtig grootste probleem met hulle wetteloosheid….

Des ·

Swannie, ek k stem dat party voetgangers nalatig en moedswillig is maar kan net nie insie hoe voetgangers oor die pad gaan kom as hulle nie op paaie behoort nie. Daar kan ne elke 100 meter ‘n brug oor paaie gebou word nie. Dink net hoe gaan ons stede en paaie lyk met al die brue of duikwegte daar. Voetgangers moet padreels nakom en net so bestuurders van voertuie. Ek moes al hoeveel keer briek aanslaan vir voeruie wat oor stopstrate en verkeersligte jaag ens. Ons moet wag vir die ondersoek om af gehandel te word. Ek se nog, haal taxis van die pad af en stel behoorlike busdienste in. Minder pad ongelukke. Kyk maar na statistieke hoeveel ongelukke taxis in betrokke is. Groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.