Bestuurder wat glo metrobeampte ‘sleep’ in hof

Argieffoto

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Maandag gesê ʼn motoris is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn metropolisiebeampte met sy motor omgery het.

Die voorval het glo Vrydag plaasgevind. Die beampte is in die Milpark-hospitaal opgeneem met frakture aan haar regterhand.

Mashaba het in ʼn verklaring laat hoor dat die bestuurder glo probeer wegry het toe hy deur beamptes afgetrek is by ʼn stop-en-deursoek op die hoek van Malboro- en Turffronteinweg.

“Hy het glo ʼn vroulike beampte wat aan sy motor vasgeklou het in ʼn poging om hom te stop vir ʼn kort afstand [met sy motor] gesleep.”

Die motoris het toe verder gery, maar is agternagesit en toe by Eloffstraat in hegtenis geneem.

“Soos ek vantevore gesê het: ʼn Aanval op ʼn metropolisiebeampte is nie net ʼn aanval op die regering nie, maar ook ʼn aanval op ons pogings om wet en orde in die stad te bewerkstellig.”

Die bestuurder het Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord, roekelose en nalatige bestuur sowel as aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

IK ·

Stop maar liewer al word padblokkades op snaakse maniere gedoen. Wat ek hiermee bedoel is dat lang toue karre tot stilstand gedwing word. Dubbelbane is ideaal waar die linkerbaan dan gebruik word op ‘n ‘visgraatmetode’ sodat voertuie dan op die skouer vd pad uitbeweeg wanneer deursoek. Wanneer hierdie bane vol is dan beweeg ander deur tensy daar duidelik ‘n verdagte is.
Maar nou-ja , dis hoekom ook ek nie as ‘spietkop’ sou deug.

Skyspy007 ·

The President of the Republic of South Africa requests all whom it may concern to allow the bearer of this passport to pass freely without let or hindrance and to afford the bearer all necessary assistance and protection.

Ek wonder wat beteken hierdie woorde?

Wat voeter sy aan jou privaat eiendom, maak nie saak wie of wat jy is nie. Wees tog maar ook net bedag. Die bestuurder kon dalk haastig na ‘n ander noodgeval gewees het….Soek liewers die skelms en klipgooiers asook brandstigters!!

Henk du Toit ·

Yankee dink jy nie dat die howe maar moet besluit oor die motoris se skuld /onskuld nie?
Die metropolisiebeampte het in elkgaval haar eie kragte oorskat toe sy wou keer dat die voertuig wegry. As iemand wegjaag en jy probeer keer gaan mense seerkry. veral in ‘n beboude gebied. Vir n verkeersoortreding is dit veiliger om om die registrasie nommer te neem, n eienaarskaps navraag te doen(2min) en dan die bestauurder by sy/haar huis te gaan arresteer. Ek stop ook nie meer na donker nie. Ek ry reguit na die naaste Polisiekantoor en as ek nie gevolg word nie maak ek seker dat daar ‘n voorvalleboek inskrywing gemaak word om my bona fides te bewys. Onthou altyd om die verwysingsnommer te kry. Indien die Polie nie ‘n inskrywing wil maak nie, neem n selfie in die Aanklagtekantoor as bewys dat jy wel daar was om ter rapporteer.

Basjan ·

Wat besiel die vroulike ‘spietkop’ om ‘n motor met die hand te probeer keer deur daaraan vas te klou? Dit is mos ‘n resep vir moeilikheid.

marius ·

Hoe het die beampte dedink hul gaan ‘n motor to stilstand kan dwing deur daaraan vas te hou…

Die Skim ·

Om so desperaat te wees om n voertuig te stop vir routine ondersoek is n duidelikke teken van wyks toelae in vordering.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.