Bestuurder wat saam met meisie hotel bedrieg, hoor sy lot

hof-hamer

Argieffoto

Ian Johan Pakoe (36), ʼn voormalige assistent instandhoudingsbestuurder by ʼn hotel in Tafelbaai, Kaapstad, is Donderdag in die kommersiële misdaadhof in Bellville skuldig bevind op verskeie aanklagte.

Pakoe en sy meisie het saamgewerk om die hotel uit byna R1 miljoen te bedrieg.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê Pakoe het verskyn op verskeie bedrogverwante aanklagte onder meer geldwassery en die oortreding van die Wet op Inkomstebelasting.

Hy is skuldig bevind op al die aanklagte teen hom. Die skade van sy wandade het R960 000 beloop.

“Pakoe het saam met sy vriendin, Veroza Ismael, wat gewerk het vir ʼn ander maatskappy wat instandhoudingswerk vir die hotel gedoen het, gekonkel. Hulle het maatskappye en ander entiteite gestig en instandhoudingswerk na daardie entiteite herlei sonder die medewete van die hotel se senior bestuur,” het Nkwalase gesê.

Die betalings wat aan dié entiteite gedoen is, het op die ou end weer in hul bankrekeninge beland. Die twee is in Maart in hegtenis geneem nadat die saak by die Valke aangemeld is.

Ismael het ʼn pleit- en vonnisooreenkoms met die staat aangegaan en is gevolglik ʼn boete van R20 000 opgelê as alternatief vir vyf jaar tronkstraf.

“Sy het later, voor haar dood, as ʼn staatsgetuie teen Pakoe getuig,” het Nkwalase gesê.

Pakoe moet weer op 22 Oktober in die hof verskyn vir vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

loerie ·

as hulle siey werk gedoen het waarvoor hulle betaling geeis het, hoekom was hulle aangekla?

Duppie ·

Nee loerie jy verstaan verkeerd, dit is SEB in werking en die uitkoms daarvan.

DS ·

Loerie lees miskien WEER die artikel miskien sal jy dan die antwoord kry.

Marinda ·

Hoe dobbel ñ mens so met jou werk? Werk is so skaars. Nee wat, kry maar vir jou.

Susan VL ·

Artikel is nie volledig…veral oor meisie se dood. So baie vrae as ek klaar gelees het met geen antwoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.