Bestuurder wat VS-gesin glo doodry, steeds soek

Theuns Lubbe (39) en sy kinders Tristan (8) en Amory (4) wat die naweek in ‘n ongeluk dood is. (Foto: Facebook)

Die polisie is steeds op soek na die bestuurder van ʼn bakkie wat die naweek glo ʼn pa, sy twee jong kinders en nog ʼn maatjie doodgery het nadat hulle uit ʼn ongelukswrak op die pad tussen Bothaville en Allanridge geklouter het.

Theuns Lubbe (39), sy kinders, Tristan (8) en Amory (4), en ʼn maatjie, Juliana Gomez (6), is in ʼn veld dood waar hulle langs die motorwrak gestaan het waarin Theuns se vrou, Elmarie (38), kort tevore gesterf het.

Die gesin was laat Vrydagaand of vroeg Saterdagoggend van ʼn werksfunksie naby Riebeeckstad op pad na hulle huis op Odendaalsrus, toe ʼn band vermoedelik gebars het en die motor omgeslaan het, het Neels Lubbe, ʼn neef van Theuns, gesê. Die voertuig het in die pad op sy sy te lande gekom.

Volgens Lubbe het Theuns en die kinders op ʼn veilige afstand langs die motorwrak in die veld gewag, toe ʼn blou Ford Ranger daar in hulle vasgery het. Theuns en al drie kinders is in die veld dood, het Lubbe gesê. Die bestuurder van die voertuig het moontlik te laat eers die wrak in die pad gesien en kon nie betyds uitswenk nie.

“Tristan was in graad twee in die Brandwag Volkskool op Odendaalsrus en Amory was by die huis. Sy was ons poppie, ons hartklop.

“Theuns was my beste vriend en soos ʼn seun vir my. Hy was eintlik my neef, maar ons was baie na aan mekaar,” het ʼn bewoë Lubbe Maandag gesê. Theuns het sowat ʼn maand gelede by JBL Konstruksie begin werk. Elmarie was ʼn huisvrou.

Volgens ʼn ooggetuie het die bestuurder van die bakkie ná die ongeluk glo die hasepad gekies en die voertuig in die veld gelos.

Elmarie Lubbe (38) en haar kinders Tristan (8) en Amory (4). (Foto: Facebook)

Lubbe het gesê die egpaar se kinders was die spil waarom hulle lewe gedraai het en dat hy enigiets sou doen om sy gesin te beskerm. “As hy die ongeluk kon voorsien, sou hy al drie uit die pad geruk het,” het Lubbe oor die kinders se dood gesê.

“Hy sou nooit weer dieselfde mens gewees het as hy die ongeluk oorleef het nie. Hy sou die kinders se dood net nie kon aanvaar nie.”

Kapt. Ansie Venter, verbonde aan die polisie se speurtak op Odendaalsrus, het gesê die polisie probeer steeds die bestuurder van die bakkie opspoor. Die registrasienommer is nagespoor na ʼn eiendom in Stilfontein, het Venter gesê.

Lubbe het sélf ʼn beloning aangebied vir inligting wat kan lei tot die opspoor van die bakkie se bestuurder.

Hy het ook gesê geen begrafnisreëlings kon nog getref word nie, omdat die lykskouings nog nie afgehandel kon word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Mel ·

Dis aaklag om sulke nuus te lees.Die man met die bakkie mag dalk weggekom het maar hy sal nooit van sy gewete af weg kom nie.Sterkte aan die familie wat dit moet deurgaan.

JK ·

As hy n gewete gehad het, sou hy nie hardloop nie. As hy gevind word, moet die klag na moord verander, hoekom anders vlug? As dit n ongeluk was, hoekom vlug. Moordenaar op voet!

honourable member ·

Ek hoop daai persoon wat net wegjaag word baie gou opgespoor. Kan nie dink dat mens so harteloos kan wees nie.

Theuns ·

Hy het weg gehardloop , nie weg gery nie. Sy bakkie net daar gelos.

Anoniem ·

Ek weet watter soort mens hardloop altyd weg as daar moeilikheid is…

Nettie ·

@Anoniem …. ek dink ek en jy is op dieselfde bladsy hier, maar as ons nou ons gedagtes hardop uitspreek, sal die klipgooiers mos weer ‘n HOOP klippe nadertrek om ons mee te stenig.

DS ·

Honourable member lees weer. Hy het weggehardloop nie weggejaag nie. Hy het die voertuig in die veld gelos. Nietemin hoop hy word gou gevind. My innige meegevoel aan die families en vriende van al die oorledenes.

Se maar net ·

Dis vreeslik hartseer om jou geliefdes op so manier te verloor! Baie sterkte aan die families! Glo nie die mamma of pappa sou die nuus van die kinders kon gewerk het nie! ?????

Nettie ·

@Christina, dalk herken iemand die bakkie, weet hulle wie op daardie stadium daardie bakkie bestuur het – dalk is dit ‘n werksvoertuig wat uitgeboek is as vlootvoertuig ……… dalk is daar ‘n ooggetuie of iets ….. enige iets om die skuldige aan die pen te laat ry!

PJC ·

Dalk was die bestuurder van die bakkie onder die invloed en nou gee hy homself later oor wanneer hy nugter is met die verskoning dat hy van pure skok weggeharloop het. Op hierdie manier is sy straf dan ligter. Daar was in die verlede al heelwat sulke gevalle.

JohanL ·

Ja dis wat die ruggraatlose mens probeer doen, want hy was waarskynlik onder invloed.

Wat sulke mense nie besef nie is dat dit ‘n misdaad is om weg te jaag/hardloop van die ongelukstoneel waarin jy betrokke was. So daar word net nog ‘n klag bygevoeg op die klagstaat.

Ek weet ek mag nie veralgemeen nie, maar as jy ‘n Ranger bestuur en jy is van NW, dan is ek maar eerder baie versigtig op die pad. Meeste van hulle (nie almal nie) doen snaakse goed.

Anni ·

Die gesin was van Alanridge en het daar gewoon. Hulle was oppad terug huis toe gewees van Odendaalsrus af. Ons gemeenskap is klein en na aan mekaar en die dood van hulle het ons gemeenskap geruk. Ons harte is seer saam met die familie.

Leticia ·

Dit was ‘n wit Ford Ranger. Nie n bloue nie. Ons is daar verby.

willem Botha ·

Hoekom so n swak beskrywing van die verdagte was hy wit,swart,chinees,indiër,was die bakkie blou of wit,en as die registrasie nr na stilfontein aangespoor is hoekom nog geen arestaie nie.

anna ·

Ek het nie woorde nie, uit een tragiese gebeure tref die volgende die man en kinders. Om weg te hardloop van jou dade gaan nie dat jy daarvan los kom nie. Mag sy gewete hom pla, om homself oor te gee. Maak nie saak of jy nou ‘n blou Ford of Wit een gery het nie, jy het mense se lewe gekos.

Wanda ·

Het op ander artikel gelees dat die pa en kinders 50 meter vêr gesleep is en toe eers het die man in die bakkie gestop.Dis verskriklik

Jozi ·

Wanda, eerlikwaar?
Plaas jouself asb in hierdie families se plek. Dink jy dis nodig om hierdie grusame inligting in detail met almal te deel?
Of dit nou wel in ‘n ander artikel gemeld word of nie is irrelevant.
Jy klink soos een van daai mense wat nogal opgewonde kan staan en raak as daar so iets gebeur.
Ek ken mense wat genot daaruit put as daar ongelukke gebeur en foto’s van die wrakke (en soms die slagoffers) word wyd en syd op sosiale media gedeel.
Redelik sadisties sou ek reken.

annatjie ·

mooi so Jozi, ek stem saam, plaas bid mens eder vir die arme familie wat agter bly, as om meer en meer detail te wil verskaf, my liewe magtig man, ek Theuns geken jare terug, en dis verseker nie die detail wat ek wou weet nie. Wat se genot kry jy hieruit! As jy niks goeds kan sê, bly eder stil.

Karin ·

Woord op straat is dat die motor aan ‘n mede verkeersman/polisieman behoort – die dat dit so moeilik is om hom aan te keer

Esme ·

Ek is so geskok ek het nie woorde nie.. Dis ongelooflik hartseer.

Johann ·

Ek keur nie goed dat die bestuurder van die bakkie weggehardloop het nie maar dink jouself in die persoon se posisie in: jy swaai uit vir ‘n voertuig in die pad en vind uit jy het 4 mense in ‘n veld dood gery. Enige normale mens sal kop verloor maar jy gaan vir altyd met daai wete moet leef! Simpatie aan die familie van oorlewendes en aan die bestuurder van die bakkie wat dit nie doelbewus gedoen het nie!

Annatjie ·

Johan, oolewendes? Was dalk n vreeslike gebeure maar as hy niks verkeerd gedoen het nie, hoekom dan nie oorgegee nie? Dis al 4 dae later?

Chris Ws ·

Die bakkie bestuurder het gejaag.Ford Rangers het besonder skerp kopligte so hy kon baie goed sien wat ver voor in die pad aangaan.Hyt geen verskoning nie en behoort van moord aangekla te word sou hy opgespoor word.n Mens moet kyk waar jy ry en wat gaan aan in die pad voor jou ,dag EN nag.

Leticia ·

Chris WS, was jy daar? Het jygesien hoe donker dit was? Die voertuig het op sy sy gelê, met die onderkant na die Ford Ranger toe, dis ‘n ooppad sonder enge beligting. Dit is ook nie ‘n beboude gebied of 60km/h zone nie. Ek keer gladnie die bakkie bestuurder se optrede goed nie, maar die oordeel kom niemand van ons toe nie.

ekskuus Leticia ·

Ja ou Leticia kom ons OORDEEL dan nou nie ‘n man wat ‘n PA en DRIE KINDERS doodgery het en daarna WEGGEHARDLOOP het nie .. kom ons wees die GOEIE MENSE en se dit is REG wat hy gedoen het of hoe?

Heksie ·

Mens verdwyn net van ‘n toneel af as jy iets het om weg te steek … die bestuurder van die Ranger was seker gesuip …. Hoop hy word gou gevind, sodat hy kan pa staan vir sy dade!

Sterkte aan die familie van die oorledenes …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.