Bestuurders swaar gestraf dié feesseisoen

Argieffoto.

Verkeersowerhede het landwyd al sowat een miljoen voertuie deursoek en 100 000 bestuurders vir dronkbestuur dié feesseisoen getoets.

Dít aldus die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC).

“Namate die feesseisoen tot ʼn einde kom, staal wetstoepassers hulself vir verhoogde volumes verkeer op die paaie tot ná Nuwejaarsdag,” het die RTMC in ʼn verklaring laat hoor.

Volgens die RTMC is die meeste van die 924 000 voertuie in Limpopo, Gauteng, Mpumalanga en die Wes-Kaap tydens die feesseisoen deursoek.

Volgens hulle is sowat 105 000 bestuurders vir alkoholmisbruik getoets, en 2 247 is in hegtenis geneem omdat die hoeveelheid alkohol in hul bloed die wettige perk oorskry het.

“Die hoogste aantal dronkbestuurders was in Gauteng.”

Net meer as ses-en-veertig-duisend (46 029) bestuurders is beboet omdat hulle die spoedgrens oorskry het, 15 535 bestuurders omdat hulle sonder ʼn geldige rybewys bestuur het en 14 174 bestuurders omdat hul ongelisensieerde voertuie bestuur het. Voorts is 13 554 bestuurders ook beboet omdat hulle sonder veiligheidsgordels bestuur het en 5 388 omdat hul té veel goedere in hul voertuie gelaai het.

“Drie taxi-bestuurders is vasgetrek omdat hulle verkeersbeamptes wou omkoop tydens die feesseisoen,” het die RTMC gesê.

Volgens hulle sal wetstoepassingsoperasies voortduur tot ná die heropening van skole.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann Marx ·

Hahahaha Francois, jy is die enigste een wat “verstaan”!! ‘n Boete is ‘n “toelatings fooi” wat jou die reg gee om te doen wat jy doen……en volgende keer doen jy dit weer, want die “kos” net R500!! (as jy gevang word)

Pieter ·

Die syfers wys net watter swak gehalte verkeerstoepassing daar is, die oortredings gebeur nie net met die kers seisoen nie maar reg deur die jaar. Skrik tog net n bietjie wakker en kom weg van die K.F.C af en doen waarvoor julle n salaris betaal word.

Ekke ·

Hoekom doen hulle dit nie daagliks deur die jaar nie? Paaie sal baie meer veilig wees.

Van Zyl ·

Een miljoen voertuie deursoek?
Ek kan glo dat een miljoen voertuie afgetrek is en dat daar gekyk is of die lisensie nog geldig is, maar “deursoek” is??? Nee wat.

Piet Pompies ·

Daar is kontrole by ‘n padblokade as voertuie afgetrek word. Die voertuig se registrasie nommer en die bestuurder se ID word nagegaan. Indien daar verdagte omstandighede voorkom sal die voertuig en mense deursoek word. Hierdie is goeie werk en ek stem ook saam dat daar nog te veel vrot appels in die mandjie van wetstoepassing is.

Verkeer ·

Pieter, wie dink jy is jy om sulke kommentaar te lewer oor Ons Land se Verkeersbeamptes? Jy het duidelik geen benul waarvan jy praat nie. Dalk moet jy bietjie met hulle gesinne praat en dan sal jy ook weet wat aangaan.

Johanna Botha ·

Pieter jy is reg en ek stem saam …. die syfers se alles van hoe pateties die werk eintlik gedoen word dat so baie bereid is om nogsteeds n kaans te vat want die wet is geen afskrik veral as ons weet baie mense is so omkoopbaar en korrup !

Manie ·

Ek is geskok om te sien tot watter mate verkeerskonstabels omkoopgeld geld eis op nasionale paaie. N baie naby familielid het onlangs die vragmotor bedryf betree en dit is vreeslik hoe die trok drywers gevra word vir omkoopgeld vir onbenullige foute op die vragmotor. Hierdie verkeersmense moet soos konings lewe want alles begin by R1500

Leon Dormehl ·

Krediet vir dit wst wel gedoen is. Maar ek sien geen syfers vir ligte wat nie werk nie, verbysteek op die wit lyn, remme wat nie werk nie. DIT is die goed wat doodsongelukke veroorsaak( dronkbestuur ook). Maar dit gaan n bietjie meer werk vereis….. ongemerkte voertuie, kameras (GO-PRO). En miskien ‘n bietjie spanwerk met twee voertuie.

CHRISTA ·

Leon, hier in Edenvale, Germiston en Kempton Park het 80% motorfietse nie eers nommerplate nie. Meer as 30% motors se nommerplate word deur “towbars” of tuisgemaakte buffers bedek of het net een nommerplaat!! Die nuutste mode hier is motoriste wat hulle nommerplate verbleik!! Jy kan dit nie eers lees nie!!!

Riaan ·

Hoekom sit MM ‘n foto van ‘n ander land by hierdie berig ? Verduidelik asb die relevansie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.