Bestuurders veroordeel wat snelweg versper

Foto: Twitter

Blade Nzimande, minister van vervoer, het die optrede van sommige vragmotorbestuurders, wat Sondag ʼn deel van die N3-snelweg tussen Pietermaritzburg en Durban in KwaZulu-Natal versper het, ten sterkste veroordeel.

Hy het wetstoepasseragentskappe gemaan om seker te maak dat diegene wat die wet oortree en verkeersvloei ontwrig, aangekeer moet word en dat die vragmotors geskut moet word.

“Dit is agterbaks van sommige vragmotorbestuurders om die pad te versper of aan enige betoging deel te neem terwyl daar tans gesprekke plaasvind tussen die regering en die stigting,” het Nzimande gesê. “Deur die N3 te versper, ontwrig [die vragmotorbestuurders] nie net die verkeersvloei nie, maar saboteer die ekonomie van die land.”

Sedert die resolusie van die vergadering wat Nzimande op 11 Januarie 2019 gehou het, het die departement van vervoer weer vergaderings belê met die leierskap van die All Truck Drivers Foundation en die National Truck Drivers Foundation om kwessies aan te roer waardeur vragmotorbestuurders in die gesig gestaar word.

Ná dié vergaderings, is ʼn span van die departement van binnelandse sake, die departement van arbeid en die onderhandelingsraad aangestel om die uitdagings verder te bespreek.

“Die departement van vervoer versoek die betrokke belanghebbendes om die kwessie op te los, omdat só arbeidsdispuut ʼn onregverdige impak het op verkeersvloei op ons snelweë,” het Nzimande bygevoeg.

Die departement van arbeid is opdrag gegee om onverwagse inspeksies te hou by werkgewers wat arbeidswetgewing minag en wetstoepassers is opdrag gegee om roetes te identifiseer met hoë volume, veral dié roetes wat deur oorgrensvragmotorbestuurders gebruik maak sodat padblokkades gehou kan word.

“Ons het ook herhaaldelik die stigtings versoek om hul griewe by die behoorlike onderhandelingskamer te lug en nie ons snelweë te versper nie. Ons het ook met werkgewers vergader om die griewe van vragmotorbestuurders vinnig op te los, waaronder uitlanders in die vragmotorvervoermaatskappy.”

Nzimande het gesê die saak moet nie as ʼn vervoerkwessie hanteer word nie, maar eerder as ʼn arbeidsdispuut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

willem Botha ·

Dit is n kriminele oortreding om n nasionale pad te versper of toe te maak hoekom weier die polisie om op te tree en die landswette toe te pas. Die redes kan wees of hulle het nie die wil om dit te doen nie of hulle is so onbevoeg dat hulle nie die wette ken nie en dit sluit hulle wanebee cowboy minister in.

? leser ·

vragmotor bestuurders wat die pad versper moet in hegtenis geneem word en vragmotors moet geskud word, wat van al die taxis wat kort kort paaie versper en stadig ry, die polisie en metro neem deel aan die optog,,,,,,, waarom word die taxi bestuurders ook nie in hegtenis geneem en hulle voertuie geskud nie
polisie en metro lede wat deel is van die optog moet ook dan aan die pen ry !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Lance ·

Oor die 30 trokke is onlangs aan die brand gesteek,verlede naweek was daar weer aan die brand gesteek.Ons betaal deur ons nek aan tol en lisensiegelde,maar die trokdrywers moet gevang word en die wat die trokke aan die brandsteek niks gebeur met hulle nie dalk ń t hemp en ń kospakkkie.

Gert van Wierdapark ·

Ons kan bly wees minister Blade kry sy skerpheid terug. Om die kriminele skerp te veroordeel, wil gedoen wees! Hulle moet in hul pas-oppens wees want netnou word iets aan die saak Gedoen!

SjN ·

Die probleem is dat die wetstoepassers nie oor die nodige lisensies/kwalifikasies beskik om dit te bestuur of te toets nie

Dawie ·

Minister van energie. Wees uitgesproke soos Blade oor die sabotasie van die land. Eskom doen dit op groot skaal!!!

Chrisjan ·

Aggenee Oom Blade. Julle het mos van toeka se dae af die mens aangehits en mooi geleer hoe om wet en orde te minag en deur volgehoue optrede jul sin te kry. Waarom nou so kwaai met die manne? Hulle doen maar net wat as voorbeeld aan hulle voorgehou is

Hendrik UAE ·

Die trokke skud en daarmee die eienaars te na kom? Sluit die drywers toe dis nie hulle trokke nie. SA het maar min eienaar drywers.

anton ·

As die trok eienaars sulke skurke wil aanstel wat hulle vragmotors bestuur moet hulle nie huil as hul trokke geskud word nie!!!
Ons gewone wetsgehoorsame mense is lankal gatvol vir die wetteloosheid in die land!!!

Trol ·

Praat oordeel veroordeel maar doen swiet bloe bokkerol! Wat van die trok bestuurders wat willens en wetens trokke oorgee sodat stakers dit aan die brand kan steek? Wat van stakers wat vandalisme pleeg?

Wat Nou ·

Ag ou Blade, ons almal weet dat die ANC is die saboteurders van die ekonomie. Nie ‘n vragmotor nie.

pieter ·

Kry die spoor netwerk op standaard en dwing besighede om van spoornetwerk gebruik te gebruik , dit sal ons paaie veiligermaak,paaie sal langer hou en daar sal baie meer werksgeleenthede wees –

Johan van Renburg ·

Ek was daar. Meer poelisie as stakers Ek dink die probleem is die poliesie. Klein kinders word vir ure in warm karre aangehou deur n paar pad skakers

Askies ·

VREEMD dit is die eerste keer dat jy ‘n probleem het met padversperring .. die ander kere as mense die paaie versper met brandende bande en taxis het jy GEEN kommentaar nie .. so vragmotorbestuurders is nou maar weer die swartskape?? Vragmotorbestuurders word elke dag aangeval en hulle word soms vermoor of aangerand en van hulle vragte beroof .. . maar DAN HOOR EK NIKS VAN JOU NIE???

Hendrik UAE ·

pieter, Kan jy dink wat se jolifikasie gaan dit wees om n hele trein te plunder en brand te maak en nie net n lorrie of 2 nie?

At Dippenaar ·

Ag ou Blade, in die ou dae het jy hulle aangepor tot sulke optrede. Nou hoe nou? DEAL WITH IT!

A Mac ·

Dit blyk makliker te wees om ‘n klomp vragmotorbestuurders te arresteer en aan te spreek oor hul gedrag as om aandag te gee aan die duisende taxis wat die paaie weë van die dood maak asook al die klipgooiende, bande brandende hordes te hanteer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.