Bestuursinstrukteur skiet ‘rower’ dood

misdaadtoneel

Argieffoto

ʼn Vermeende rower is Saterdagoggend doodgeskiet nadat hy en sy makkers na bewering ʼn bestuurskoolinstrukteur en haar leerling beroof het.

Die voorval het omstreeks 08:50 in Old Main-weg in Pinetown in Durban gebeur.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die instrukteur het saam met ʼn leerlingbestuurder by ʼn verkeerslig stilgehou toe ʼn groep van ses rowers gewapen met messe op hulle toegeslaan het. Die rowers het die instrukteur en leerling van hul selfone beroof.

“Die instrukteur het haar vuurwapen uitgehaal en een van die verdagtes doodgeskiet terwyl die ander te voet gevlug het,” het Mbele gesê.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is na die toneel ontbied. Hulle het die gewonde man ondersoek, maar gevind dat hy reeds aan sy beserings beswyk het. Hy is amptelik deur die paramedici dood verklaar.

Mbele sê ʼn saak van roof is geopen en ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

marco polo ·

Ek stem saam met jou. Hulle het wapens gehad en die slagoffers beroof, dus rowers. Of probeer Maroela ook nou polities korrek wees?

Mariné Lourens ·

Dagsê Bloudrom

Dankie vir jou kommentaar. Soos die berig noem word ‘n saak van roof ondersoek en ‘n geregtelike doodsondersoek word gedoen. Nadat die polisie hul ondersoek na die voorval afgehandel het, sal die dossier na die kantoor van die direkteur van openbare vervolging gestuur word om te besluit of enigiemand vervolg moet word aldan nie. Daar is dus nog nie deur amptelike owerhede bevind dat die oorledene wel ‘n rower was nie. Slegs die amptelike owerhede kan hierdie beslissing maak, ‘n media-instansie kan dit nie doen nie. Daarom die gebruik van aanhalingstekens om aan te dui dat die persoon in dié stadium nog net ‘n verdagte is.

Hoop dit klaar die verwarring op.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

Loodpil ·

Twaalf uit tien vir die instrukteur, of is dit dalk…instruktrise?

Rita ·

Dit was n instruktrise. Lees die eerste sin: “en haar leerling”

Dubbele standaarde ·

Ek is 99.9% seker hierdie bestuursinstrukteur was nie wit nie anders was daar nou n saak van moord op die arme “rower” ook nou ondersoek. Bewys my asb verkeerd.

Dubbele standaarde ·

Hoekom word daar nie ook ‘n saak van moord op die arme “rower” ondersoek nie? Toemaar ons ken die antwoord.

Nettie ·

@Dubbele standaade ………….. ai, ai, ai – die ou (die “rower”) is dood en die ander een het weggekom ………..

Hoe moeilik is dit om DÍT te verstaan?

Koos de Meyer. ·

Maak nie saak wie die instruktise was nie. Wel gedaan. Dit moet net meer kere gebeur. Ek glo nie die ander sal gou weer probeer nie.

jaco ·

SA het die hoogste misdaadsyfer in die wêreld. Tog ry party mense steeds met hul motorvensters oop…

LOL ·

Daarsy! Dit moet eemvoudig meer gebeur!
Terloops, deesdae is alle beskrywende naamwoorde ‘geslagloos’ in die media … Ai as ek dink.hoe hard moes ons op.skool leer: ‘lektor – leltrise; instrukteur – instruktrise’, ens!

LOL ·

Jaco, sadly is n oop.of toe toe motorruit irrellevant. Ek ry n 1986 motor somder lugreëling – ongeveer 6 maande gelede stop ek.by n verkeerslig, ruite toe, deure gesluit en ek al swetende op loer vir skelms. Bimne sekondes, ongeag, slaat n idioot my bestuurderskant se ruit met n fonkprop in stukkies, lig die sluitpennetjie uit en probeer my uit die motor kry! Maar ek trek vir jou weg! Gelukkig voor in die ry … En die ‘vermeende rower’ byt n gat uit die teer!
So, hoe nou.gemaak my vriend? Diefwering?

Tokkolos ·

MOOI MAN MOOI
jy leer jou leerlinge somer als reg van die begin af
Sal like om my kinders by jou lesse te laat neem

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.