Betaal eers voor ons brandstof ingooi

petrolpompVulstasies het begin om motoriste te versoek om eers te betaal voor daar brandstof in hul motors gegooi word weens mense wat wegry sonder om te betaal, berig Beeld.

“Daar is definitief ʼn toename in voorvalle waar mense wegry sonder om te betaal,” het Gavin Smith, woordvoerder van Engen, aan die koerant gesê. Hy sê die voorvalle het veral die laaste ses maande en vandat die petrolprys tot meer as R10 per liter gestyg het, erg toegeneem.

“Ons skryf dit toe aan die ekonomie en die hoë brandstofprys.” Volgens die berig het dit so erg geword dat ʼn Engen-vulstasie in Auckland Park, Johannesburg ʼn kennisgewing aangebring het dat petroljoggies opdrag gegee is om eers vir betaling te vra voor hulle brandstof ingooi gedurende “hoë-risiko periodes.”

Die hoë-risiko periodes waarna verwys word, is vroegoggend en laataand. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jasper ·

Sommige mense het n verkeerde begrip van selfhelp. Waarom kan ons nie dmv n munt of kaartmasjien vooraf betaal en self ingooi en dalk n sent of twee bespaar nie ?

Elsa ·

Ons doen dit hier in New Zealand self. Bespaar baie en ja baie minder mense wat ingooi en weg ry. Jy druk op die pomp die bedrag in wat jy wil he. Gaan betaal binne in en as jy buite kom by jou kar is pomp klaar geprogrameer vir hoeveelheid waarvoor jy betaal het. Jy gooi in en pomp stop outomaties wanneer geld hoeveelheid bereik is. Werk beter. Jy weet jy kry regte hoeveelheid petrol en ja die sekerheid dat jou petrol cap terug gedraai is. Geen weg ry ook voor daar betaal is nie.

Paul ·

Die prys van petrol in Gauteng was laas in Augustus 2011 onder R10 per liter gewees. So die ou sê dat dit al ‘n groot probleem is vir die afgelope twee en ‘n half jaar?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.