Betaal staatskontrakteurs betyds, vra minister

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Minister Nathi Nhleko, minister van openbare werke, het Woensdag beamptes in sy departement beveel om dringend alle klagtes van nie-betaling aan kontrakteurs te ondersoek, aangesien ʼn versuim “die land se ontwikkelingsdoelwitte ondermyn”.

Dié opdrag volg ná Nhleko met beamptes en kontrakteurs in KwaZulu-Natal vergader het. Die minister is besig met streeksbesoeke om belanghebbendes te mobiliseer vir ʼn gedeelde doelwit en pligsgetrouheid om die Suid-Afrikaanse samelewing te ontwikkel.

Nhleko het Maandag in Durban met beamptes van openbare werke, kontrakteurs en die ontwikkelingsraad van die konstruksiebedryf vergader.

“Ons sal steeds armoede en onstabiliteit beleef as ons nie doelbewuste stappe doen om te groei en kontrakteurs uit voorheen benadeelde groepe te ontwikkel nie. Daar is ʼn verband tussen die spoed van ontwikkeling en die volhoubaarheid van die samelewing. Diegene wat nie het nie, sal optree teen diegene wat het, indien ons nie doelgerig transformeer nie,” het Nhleko gewaarsku.

Die minister het gesê die land moet mobiliseer en hulpbronne koördineer om die algehele doelwit te bereik om armoede, ongelykheid en onderontwikkeling uit te roei, en terselfdertyd bewus wees van die behoefte om struikelblokke te verwyder vir klein-, medium- en makro-ondernemings om te groei.

Sanisani Mkhize, voorsitter van die KwaZulu-Natalse kontrakteursforum het gesê staatsdienspersoneel moet hul werksetiek verbeter en meer doeltreffend wees.

“Kontrakteurs kan nie meer langer as twee jaar wag vir betaling nie,” het Mkhize gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AWes ·

Daar is ‘n helse verskil tussen ‘n kontrakteur betyds betaal as die werk gedoen is en as hy dink hy moet betaal word en die werk is nog nie gedoen nie. Lg is ongelukkig gewoonlik die geval. En sy maatjie in DPW, wat die werk vir hom gereël het, soek sy “cut”

Frederik ·

As die staat 2 jaar neem om die kontrakteurs te betaal, is dit miskien die rede waarom die Guptas vooruitbetaling van Eksdom gevra – en gekry – het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.