Betalings van kinderonderhoud vertraag

onderhoud-vir-kinders

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Compliancehub.co.za)

Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling sê betalings vir kinderonderhoud word nou vertraag weens die departement se aanlyn stelsels wat ná verlede week se kuberaanval nie beskikbaar is nie.

MojaPay – die stelsel wat die departement gebruik om onderhoudbetalings te maak – is een van die stelsels wat in die stadium van lyn af is.

Steve Mahlangu, woordvoerder van die departement, sê dit is nog nie duidelik wanneer MojaPay weer beskikbaar sal wees nie.

Volgens Mahlangu sal die departement toesien dat alle onderhoudgeld veilig gehou word vir betaling aan die regmatige begunstigdes wanneer die stelsels weer aanlyn is.

Onderhoudbetalings wat van ’n ouer of die betalende ouer se werkgewer kom nadat dit van die ouer se salaris afgetrek is, word nie in dié stadium geraak nie en sal voortgaan soos skeduleer.

Intussen spook die departement se IT-kundiges saam met staatsinstansies om die probleem te ondersoek en op te los.

Maroela Media het vroeër berig alle elektroniese dienste wat deur die departement verskaf word, is geraak nadat ’n kuberaanval verlede Maandag uitgevoer is. Dit sluit in die uitreiking van magtigingsbriewe, borgtogbetalings asook toegang tot e-pos en die departement se webwerf.

IT-kundiges het intussen met ’n alternatiewe e-posstelsel vir die departement se werknemers vorendag gekom terwyl die departement se webwerf weer aan die gang is.

Volgens Mahlangu sal die herstel van MojaPay prioriteit geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie J ·

Let wel: n ‘Kuberaanval’ by n staatsinstelling beteken gewoonlik dat n kader wat oor die password beskik n paar dae geleentheidsverlof geneem het……………..

Misky ·

Intussen moet die kindertjies nou maar honger ly? Mens sou dink hulle antivirus sagteware is van die beste en sulke dinge sal nie gebeur nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.