Betalingsbewys vir Nkandla-geld aangevra

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

Die sakeregtewaghond AfriSake het met regstappe begin om die betalingsbewys aan te vra van die R7,8 miljoen wat pres. Jacob Zuma as gedeelte van die geld wat aan sy Nkandla-woning bestee is, terugbetaal het.

Die presidensie het Maandag in ʼn verklaring gesê Zuma het die bedrag van R7 814 155 aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank betaal met betrekking tot sy privaat woning by Nkandla, soos die konstitusionele hof beveel het. Volgens die presidensie het Zuma die geld deur ʼn huislening op standaardvoorwaardes van VBS Mutual Bank bekom.

Die konstitusionele hof het op 31 Maart vanjaar bevind Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf of sy presidensiële plig na te kom, toe hy Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het. Zuma is aangesê om ʼn “redelike persentasie” van die geld wat aan nie-sekuriteitsopgraderings bestee is, soos deur die Nasionale Tesourie bepaal, terug te betaal.

Stefan Pieterse, AfriSake se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die hofbevel van 31 Maart bepaal nie dat die geld aan die Reserwebank betaal moes word nie, en die presidensie of Tesourie het dit ook nie duidelik gemaak wanneer die geld betaal is nie. Geen betalingsbewys is verskaf nie.

“Suid-Afrika het nodig om vrede te maak met die Nkandla-sage en om dít te doen, kort miljoene Suid-Afrikaners meer as die woord van die presidensie; ons kort ’n betalingsbewys van die president self,” het Pieterse gesê.

“AfriSake het die betalingsbewys met ’n regsproses ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) aangevra. Die presidensie het nou 30 dae kans om daarop te reageer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Mariette Hammann ·

Miskien kom ons nou by die rede uit waarom Zuma van Praven Gordon ontslae wou raak. Hy wou dalk ook die betalingsbewys sien?

Frederiks ·

“n Baie goeie idee, Afriforum, want die ou lieg so, dat die sogenaamde terugbetaling waarskynlik net nog ‘n leuen is. Twee weke gelede nog sou een of ander swart sakeforum die geld namens hom betaal. Nou het hy skielik ‘n lening bekom op 73. Watter finansiële instansie sal so roekeloos met die toestaan van lenings wees ?

Sharon ·

hy kry so n hengse salaris… hyt daai sommer uit sy kleinkas betaal

Alida ·

Presies. Hy is 73 en sal oor 20 jaar 93 wees as hy so lank lewe. Watter bank is so roekeloos.

GES ·

Mariette, dit kon nie beter gestel word nie. Ons wag in spanning ….

Joey Fourie ·

Ek kan nie sien hoekom SA vrede moet maak met hierdie saga nie. Al het hy ‘n bedrag betaal, wat in elk geval belaglik min is, bly dit vir my ‘n beginselsaak. Hy beroof SA se burgers, en ek glo dat hierdie “lening” tog op een of ander manier weer deur belastingbetalers befonds word.

apie ·

Stem 100% saam met jou. Hy hoort volgens die meeste regdenkende Suid Afrikaners liewer in die tronk!!

Donovan ·

Ek is bietjie verward op die oomblik… So ek kan maar bedrog pleeg en as ek uit gevang word, en ek betaal my belasting op die geld wat ek verduister het, is alles dan ok… Julius Malema het SARS R14m betaal, maar almal kyk die groot prentjie mis, om R14m BTW te betaal moes die karakter R114m gehak het… En nou betaal Jacob Zuma R7,8m aan Reserwe bank terug vir R240m se swendelary… Man dit gaan lekker in die land van melk en heuning… So ons kan maar op die finansiele veld van RSA maar soos spilonk rowers aan gaan en as ons gevang word dat sort ons net die tax uit…

Zirk ·

Hy’s so gewoont aan lieg, oftewel die waarheid verdraai, dat hy dit weer en weer sal doen. Dis vir my duidelik waarom die tesourie gekaap moet word, en die Reserwebank onder staatsgesag moet kom. Juis om al die bedrog weg te steek. My vraag is net; HOE KAN ‘N INDIVUDIE ‘N BANKLENING OP STAMGROND KRY. Kan iemand dit vir my tog asseblief verduidelik.?

My opinie ·

Hy gaan hom nie steur asn hierdie versoek nie…..en ja, bedrog wn korrupsie betaal goed vir sekere mense

Eugene ·

Afrisake met alle respek dit is rerig belaglik en n mors van julle geld en tyd! Wat se punte wil julle nou probeer “score”. Die Hof , Tesourie en Reserwebank is almal betroubare instansies en hoef rerig nie deur julle op ge ” check” te word nie.

chris ·

Eugene, met alle respek ek dink jy slaan die bal mis !! Daar is soveel korrupsie en is nie beperk tot die instellings nie.

Karma ·

@Eugene – ek hoop daardie was met ‘n tong in die kies gesê, want indien nie, is jy een van dié wat met oogklappe deur die lewe gaan. Die R7 814 155.00 wat Nummawan glo “terugbetaal” het van die R246 000.00 is maar 31.72% van die totaal, dus minder as een derde! En dit is – in my opinie – “thanks to the Gupta’s”.

Thys ·

8. 7. miljoen, is minder as 5% van die totale koste! Nie n redelike bedrag, soos Madonsela aanbeveel het nie!

ELLA ·

Mooi so Afriforum glo nie julle gaan bewyse kry nie!!! As Zuma die lening gemaak het hoelank gaan hy daaraan
afbetaal 20 jaar? Wat gaan gebeur as hy na 20 jaar nie meer hier is nie wie gaan dit dan betaal..dan word dit ook seker weer
afgeskryf!

neelsie ·

Enige mens wat die miljoene met so n glimlag kan betaal lyk maar verdag!
Integriteit is belangriker as miljoene!
As iemand die gesig sien ,dan sien hulle bedrog.
Waar is jou selfrespek?

Jo-anli ·

Zuma het nie ń saak met man op straat . Daar is blank en swart wat in verskriklike omstandighede leef. Kyk in Randfontein . ons kry rillings dat kindrts nie eers koshet nie ZUMA leef te heerlik met spul vrouens. Hy moet meer gee.
ag nee wat ek stelnie eers belang om van hom te praat. Hys is ñ GROOT VERLEENTHEID VIR HELE SA.

E.K. (vra net) ·

Hoekom hy ‘n lening moes aangaan weet g’n mens – hy rol dan in die geld; vet salaris, byvoordele…

Hasie ·

Ek kan nie glo dat ons staatspresident so onbetroubaar is dat die bewys van betaling aangevra en eers bekyk moet word voor hy geglo word. Dit is uiters pateties. Hierdie lening wat hy nou gemaak het gaan maak dat hy vir nog ‘n termyn die staatshoof gaan bly, want hy het ‘n 20 jaar lening.

Stef ·

Korreksie
Nie ons staatspresident nie, dit is n selektiewe groep se president.

Hasie ·

Die valke jag vir Mnr. Gordhan, maar hulle jag nie die ou wat tweede in bevel by SARS is wat der duisende rande gesteel het nie. Sy naam is jonas makwakwa. Die hoof van die valke wat al lankal weet hiervan beskerm hom. Hoe werk dit? Al die hoës in ons regering is uiters korrup.

Uvonka ·

Dit smaak my die enigste kriteria deesdae om ‘n moewiese lening te bekom is skelmgeid.

Rynhardt ·

SA is n piesang-Republiek, want Zuma moes strafregtelik vervolg geword het, want belastingbetalers se geld was geroof! SA is n bespotting!

Magrette Louw ·

Wat wil julle maak met ‘n betalingsbewys?? My vriend gee vir my die geld want ek gee vir hom tenders, hy betaal dit in my rekening in via dwaallose en onuitvindbare kanale, ek betaal die geld aan die tesourie, en viola, daar is julle betalingsbewys met my naam op.

Maria van Dieweeck ·

En dan kerm daai Max du Preez weereens vandag oor hoe sleg ‘ons’ witmense is en hoe ons net nie kan ‘verstaan’ nie! Kyk na jou president en sy regering man!

Marina ·

Wel, ek sal eerder ‘n staat aanvra wat WYS dit is in die Reserwebank se rekening inbetaal, hulle is so korrup tot die bewys van betaling sal ‘n “fake” wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.