Beter beurtkrag-vooruitsig

(Foto: Sten Ritterfeld / Unsplash)

Beurtkrag sal na verwagting dié naweek teen ʼn laer fase ingestel word danksy ʼn laer vraag na elektrisiteit.

Eskom het Vrydagmiddag gesê fase 3-beurtkrag sal vanaf 16:00 tot Saterdag om 05:00 van krag wees, waarna fase 1 vir die res van die dag ingestel sal word totdat fase 3 weer vanaf 16:00 intree.

“Hierdie patroon sal tot verdere kennisgewing daagliks herhaal word,” sê die kragvoorsiener.

Altesaam 15 901 MW kapasiteit is tans nie beskikbaar nie, terwyl 4 014 MW aan beplande instandhoudingswerk afgestaan word.

Oor die afgelope 24 uur is ʼn opwekkingseenheid by die Camden-kragstasie weer aanlyn gebring.

Die kragvoorsiener sê egter in dieselfde tyd is ʼn opwekkingseenheid by die Matla-kragstasie en nog twee by die Camden- en Kriel-kragaanleg van lyn af geneem vir instandhoudingswerk.

ʼn Opwekkingseenheid by die Kendal-kragstasie en nog twee by Tutuka is nog nie weer aanlyn gebring nie, en in hierdie stadium veroorsaak dit uitdagings met kapasiteit.

Eskom het gesê sy spanne werk onverpoos om al hierdie opwekkingseenhede weer aanlyn te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frikkels ·

Aag! Ek is al so moeg vir al die beurtkrag verskonings. Nou is daar weer laer fases ingestel omdat die vraag laag is. Dit kastige tegnici werk onverpoos om wat te doen? Mens hoor nooit dat fases verlaag word omdat die instandhoudin begin vrugte afwerp nie. Net altyd wanneer die vraag na krag laer word. Dit beteken daar is geen verbetering nie en die toegewing kom weereens van betalende kliënte af. ????

Bulkalf ·

Ek wag vir die dag, dat my jong buurman se laaitie vir my vra wat die regop pale is voor die mense se huise.

Owlie ·

Hoe werk jul logika
Hoe word daar minder krag gebruik as daar so baie kragstasies buite working is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.