Bethal-dubbelmoord: Lasbrief uitgereik

Francois Pretorius.

ʼn Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van Francois Pretorius in verband met die polisie se ondersoek na die moord op geliefde oudleraar en sy vrou van Bethal in Mpumalanga.

Dr. Hannes Beukes (70) en sy vrou, Ibel (67), se liggame is Woensdag in hul voertuig in ʼn veld digby die Bethaldam op die dorp gekry.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het bevestig die lasbrief is Dinsdag uitgereik.

Enigiemand met inligting oor waar Pretorius hom moontlik bevind, word versoek om die polisie onmiddellik in kennis te stel.

Beukes was jare lank die leraar van die Hervormde kerk op die dorp. Sy vrou was ʼn afgetrede onderwyseres.

Die Beukes-egpaar se selfone en Ibel se handsak was steeds in die motor en net ʼn paar klein goedjies is gesteel.

Pretorius is glo ʼn juwelier op die dorp, asook ʼn lidmaat van die kerk waar Beukes ʼn leraar was.

Volgens Hlathi het die egpaar ernstige, sigbare beserings aan hul liggame gehad. Paramedici is dadelik ontbied, maar albei is op die toneel dood verklaar.

Enigiemand met inligting oor die moorde of waar Pretorius hom moontlik bevind, word versoek om AO Nico Veldman by 079 396 3652 te bel. Wenke kan ook by die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 aangemeld word.

Dr. Hannes Beukes en sy vrou, Ibel. (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jaco

Wit mense word vermoor en dadelik word ‘n wit man verdink. Dié politieke korrektheid, waar gesê word “ag die slagoffers was mos maar net wit” is regtig walglik. Wie nog nie dié anti-wit houding van ons polisie en regstelsel sien nie, is regtig blind

Santjie

Jaco, as hy niks gehad het om weg te steek nie, sou hulle seker nie na hom op soek wees nie. Sou hulle. Stop op alles in wit en swart te wil verander. Dis hoekom dinge nie sommer sal verander nie, want jy, nes baie ander, bring altyd die ras-kaart in die prentjie in. Daar is “baddies” onder enige velkleur!

Santjie

Ja, en almal met wit velletjies is op troontjies? Nee, waarom altyd die kleurkaart gooi? En ek is regtig nie blind vir ander se foute nie, ook nie my eie nie. Ek word kwaad vir enige een wat iemand seer maak of vermoor.

Alexz

Nee a! Wat het velkleur hiermee te doen?? My simpatie aan die naasbestaandes en geliefdes. Die gemeenskap het ñ leraar en onderwyseres verloor. Mense wat andere se lewens verryk het. Groot skade.