Bethlehem-botsing eis 5

Die vragmotor. Foto: @jpbloem29 / Twitter

Die vragmotor. Foto: @jpbloem29 / Twitter

Vyf mense is dood nadat ʼn vragmotor en ʼn motor Dinsdagoggend op die N5 naby Bethlehem in die Vrystaat gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê albei voertuie was aan die brand toe paramedici by die toneel opgedaag het.

“Die brandweer moes  ʼn ruk lank spook om die brand te blus, waarna die liggame van drie mans en twee vroue in die motor gevind is,” het Meiring gesê. Die mense is op die toneel dood verklaar.

Die vragmotorbestuurder het geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Die plaaslike owerheid is op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.