Vyf mense is dood nadat ʼn vragmotor en ʼn motor Dinsdagoggend op die N5 naby Bethlehem in die Vrystaat gebots het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê albei voertuie was aan die brand toe paramedici by die toneel opgedaag het.
“Die brandweer moes ʼn ruk lank spook om die brand te blus, waarna die liggame van drie mans en twee vroue in die motor gevind is,” het Meiring gesê. Die mense is op die toneel dood verklaar.
Die vragmotorbestuurder het geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Die plaaslike owerheid is op die toneel om ondersoek in te stel.
Sal graag wil weet watter vrag maatskappy betrokke was
Ai tog wanneer gaan mense leerSpeed kills!!!!!