Bethlehem-karwag word vermis

Frederick “Koenie” Pelser het op 16 Mei 2016 verdwyn (Foto verskaf deur die SAPD)

Frederick “Koenie” Pelser het op 16 Mei 2016 verdwyn (Foto verskaf deur die SAPD)

Frederick “Koenie” Pelser (50) van Bethlehem in die Vrystaat word al vyf dae lank vermis.

“Sy vrou, Salome Pelser, het hom Woensdag as vermis aangemeld by die Bethlehem-polisiestasie,” het lt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, gesê.

Koenie is Maandag laas gesien. Hy het ʼn swart denim, blou-en-wit-T-hemp, grys sweetpakbaadjie en grys hardloopskoene aangehad.

“Hy het as ʼn karwag by ʼn plaaslike winkel gewerk,” het Mohobeleli bygevoeg. Die polisie versoek die gemeenskap om hulle bystand te lewer om Koenie op te spoor.

Persone met enige inligting word versoek om ao Edward Faba te kontak by 071 033 1744.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

martien ·

My gebede vir u mevrou. Ek glo hul sal u man spoedig vind.

Gesiggie ·

Hoe werk dit”’? hy is Maandag al vermis, sy vrou het hom Woensdag as vermis aangemeld… … of het hy nie elke dag huistoe gegaan…Eh hoop regtig dat Koenie veilig sal wees… sterkte aan sy vrou, en mag daar gou goeie nuus wees.

Ann ·

Mens is nie vermis tensy jy 48 uur weg is nie, dis dalk hoekom sy dit eers Woensdag kon aanmeld (en jy ken polisiediens). Sterkte Mevrou, ek hoop jou man is veilig.

christine ·

Ann jys verkeerd die 48 uur is lank al verander. Jy moet dit dadelik aanmeld as jy onraad vermoed. Mevrou ons vertrou jy kry hom gou sterkte en hou moed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.