Betoë oor seksklagtes teen modelbaas dán aangehoor

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Dawie de Villiers in die hof. Foto: ANA

Die verhoor van Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelbaas wat tereg staan op verskeie aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie insluit, is Woensdag in die stad se hooggeregshof tot September uitgestel.

De Villiers se verhoor moes in Julie hervat word, maar sy regspan het aangedui hulle is nog nie gereed om hul betooghoofde in te dien nie.

Regter Cassim Moosa het die saak tot 27 September uitgestel en De Villiers se borgtog verleng. Moosa het De Villiers se regspan beveel om hul betooghoofde teen 20 September in te dien.

Lees alle vorige berigte oor Dawie de Villiers op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.