Betogende bejaardes oornag buite parlement

Die parlementsgebou in Kaapstad Foto: World Elections

Die parlementsgebou in Kaapstad Foto: World Elections

Meer as 100 pensioentrekkers van die voormalige Ciskei het Donderdagnag buite die hekke van die parlement in Kaapstad deurgebring in ʼn desperate poging om hulp by LP’s te kry om hul pensioene te eis.

Die pensioentrekkers is almal voormalige werknemers van Spoornet en die Ciskei Transport Corporation. Hulle het die nag buite op die keistene voor die parlement deurgebring in die hoop dat hul lot raakgesien sal word.

Milton Maweni, een van die pensioentrekkers, het gesê hy het van 1959 tot 1988 vir Spoornet gewerk. Ná ʼn staking is hy en sy kollegas uitgesluit en aangesê om nie weer terug te keer nie. Volgens Maweni het hulle die regering al telkemale genader vir hulp, maar hul pleidooie het telkens op dowe ore geval.

“Ons het nie ons pensioene ontvang nie. Hulle het net die hekke toegemaak,” het hy gesê. “Hulle eet die geld, want ons is oud. Al hierdie ou mense moet hier buite op die grond slaap – hoekom? Al die parlementslede is kinders en bedrieërs.”

Senior parlementêre beamptes en LP’s het met die ontevrede pensioentrekkers vergader en ʼn skikking is bereik waardeur die pensioentrekkers voorsien sal word van vervoer terug Oos-Kaap toe. ʼn Taakspan wat bestaan uit beamptes van die Oos-Kaapse premierskantoor en die departemente van vervoer en openbare ondernemings is saamgestel om die saak te ondersoek.

Masibulele Xaso, waarnemende sekretaris van die nasionale vergadering, het gesê hulle sal agter die kap van die byl kom of daar wel geld aan die pensioentrekkers verskuldig is en hoekom die pensioene nie uitbetaal is nie. Die taakspan moet die ondersoek teen 30 November voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eliza-beth ·

Die Oos Kaap is ‘n BAIE korrupte provinsie (nie dat daar nie korrupsie in ander provinsies is nie)maar daar is so min fokus op wat daar aangaan. Ek hoop iets kom vir die oues wat so moet sukkel. There, by the grace of God, goes I…

Eliza-beth ·

…ai tog natuurlik bedoel ek “There, but for the grace of God, goes I..”

Annemarie Zandberg ·

Dit is n skande dat oumense so moet smeek vir hulle geld….ek dink ons almal moet begin om die regering te druk om beter na ons oumense te kyk. Ek gee nie om watse kleur hulle is nie….maar hulle verdien beter as dit. Hulle het al die jare kinders grootgemaak…hulle deel gedoen en noudat hulle oud is word daar nie na hulle gekyk nie…..shame on you

Gesie ·

Ek weet waardeer daai oumense gaan ,my man is nou 18jr op pensioen by Transnet hy is af op die bedrag van 520r n maand ,moes medies los om vir ons 4kids kos te koop ,vandag na 18jr is sy pensioen n skamele 1120r n maand.ons is afhanklik van ons kinders vir blyplek e glo my dis nie leker om in jou kind se oe te kyk nie,e nog gee Transnet niks om nie nog steeds net beloftes van dubbel bonus e nog steeds kry jy niks ,sterkte mensies ek hoop van harte dat daardie oumense wat nou gaan hulp soek het hul geldjies gaan kry ,

Peet Schabortp ·

Nou eers ‘n taakspan ? Verdomp !! Ons wat GEEN verbintenis het met Transnet weet al vir jare van hierdie halsstarrige houding van Transnet teenoor sy afgetredenes.
Sies vir julle dis ‘n blerrie skande !!
Was ek nader aan Kaapstad dan het ook ek daar op die sypaadjie gaan sit vir ondersteuning.

Winston ·

Stem saam Peet. Die probleem kom al jare lank maar kyk net na hulle eie koffers. Besef nie hulle word ook oud en moet pensioen kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.