Betogende NMMU-studente vaar PE se strate in

NMMU-studente betoog Woensdag, 21 Sept. 2016. Foto: ANA

NMMU-studente betoog Woensdag, 21 Sept. 2016. Foto: ANA

Die #FeesMustFall-betoging het Woensdag oorgespoel na die strate van Port Elizabeth toe betogende studente van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) ʼn optog na die Boardwalk Casino en Hotel gehou het.

Hoewel die studente aanvanklik ingestem het dat die polisie hulle vergesel, het chaos uitgebreek toe hulle paaie afgesper het deur in die middel van die strate te gaan sit, terwyl ander die Boardwalk-perseel probeer binnegaan het. Die polisie het die studente gekeer, maar hulle het nie van hul plan afgesien nie en die polisie met klippe bestook.

Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde het later skokgranate afgevuur en skilde gebruik om die woedende studente weg te hou. Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat

Studente word in hegtenis geneem. Foto:ANA

Studente word in hegtenis geneem. Foto:ANA

Die studente, vyf vroue en drie mans, is na die Humewood-polisiestasie geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Vroeër die dag het honderde studente in EFF, DA, ANC en South African Students Congress T-hemde op die universiteit se Suid-kampus saamgedrom en struggle-liedere gesing terwyl hulle vir die NMMU-bestuur gewag het om hulle toe te spreek. Die universiteit het, soos ʼn paar ander universiteite, ook Dinsdag hul akademiese bedrywighede onbepaald opgeskort.

Nicholas Nyati, die president van die studenteraad, het Woensdag aan studente gesê die protesaksie is veronderstel om bewusmaking te skep vir die stryd om gratis onderrig vir armes. Nyati het gesê die universiteitbestuur het bewys hulle word nie geraak deur die lot van studente en hul stryd vir gratis onderwys nie.

NMMU-studente betoog Woensdag, 21 Sept. 2016. Foto: ANA

NMMU-studente betoog Woensdag, 21 Sept. 2016. Foto: ANA

Volgens Nyati gaan die betoging nie oor Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, se aankondiging vroeër die week nie. “Blade het ʼn aankondiging gemaak waaroor baie mense bly is. Hy het gesê 0% fooiverhoging vir die armes en die ‘missing middle’. Ek kan nie nou R25 000 bekostig nie, hoe gaan ek dit volgende jaar bekostig? Wat Blade eintlik gesê het, is dat hulle sal aanhou om ons uit te buit met behulp van die universiteitbestuur,” het hy gesê.

Nyati het gesê Nzimande en die NMMU-bestuur se uitsprake veroorsaak ʼn skeiding tussen die studente. “Aan die begin van Januarie het hulle probeer vrygewig wees en gesê kom registreer verniet, maar hulle het my nie handboeke gegee nie, hulle het ons nie kos gegee nie en hulle betaal nie vir my koshuis nie. Dis oukei, ek het gesukkel en hier is ek, maar nou kry ek ʼn e-pos om te sê ek sal nie my uitslae ontvang [tot my skuld betaal is] nie.” Die studente het geëis dat die universiteit hulle skuldverligting bied en toelaes gee.

Dr. Sibongile Muthwa, waarnemende visekanselier van die universiteit, het vroeër gesê sy ondersteun die stryd vir gratis onderrig vir armes, maar sy wou nie studente toestemming gee om ʼn optog na The Boardwalk te hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Uys ·

Daar moet n oplossing wees.
is al die betoogers wertlik studente wat wel ingeskryf is by die betrokke uni.
Indien nie moet hulle vervolg word en n voorbeeld van gemaak word.
As jy so na die nuus op tv kyk lyk dit of die wat wertlik studeer die omstanders is en aanhits.
Die wat klip gooi is van buite die uni wat net toegang gekry het tot die perseel en eiendom.
Word ons nie ń rat voor die oë gedraai nie.

Carlo ·

Hulle wil alles verniet he, iemand Moet betaal. Maar die klomp is op university en kan nie eers logies dink nie……..

hoor hoor ·

Carlo, die huidige REGERING moet die SKULD KRY van ALLES, want alles is on-logies. Kan ongelukkig net van die kant af my kop skud in ongeloof

Jean ·

Hoekom strate invaar, hoekom nie vir BLADE gaan sien nie? Verstaan nie julle redenasie nie. Julle aksie is tog teen hom? Mens se uitslae kom eers NADAT jy eksamen geskryf het en duidelik protesteer julle nog te veel om by die boeke of by toetse of eksamen uit te gekom het. Mens kry niks vir niks, dosente moet betaal word, die universiteitsgeboue moet onderhou word, die skoonmakers (vir wie se salarisse julle geveg het) moet betaal word, WAAR moet die geld vandaan kom?

hoor hoor ·

Die vraag is te on-logies vir universiteits kaliber studente ….

Chantell ·

Dis omdat hulle alles verniet kry en niks waardeer, baie mense wat geleerd is vandag se ouers het nie geld gehad nie die kinders het werk gekry en geswat en betaal vir hulle eie studies. So het hulle elke jaar deur gekom want dit het uit hulle eie sakke gekom. Vandag soek hulle dit verniet sit 10 jaar en studeer want hulle warry nie of hulle dit maak nie want hulle betaal nie as hulle dit verniet kry moet alle onderrig verniet wees van laerskool tot hoêrskool geen uitsondering

hoor hoor ·

Was self bevoorreg om met verskeie beurse omtrent 10 jaar op tegnikon & universiteit te swot … Het gelukkig nie werk in my ingeneurs rigting gekry & boer

humor ·

Wie is almal die armes wat aandring op gratis onderwys. Kan ons maar net voorstel hoe daar gelieg en bedrieg gaan word terwyl papa en mamma in luuksheid verkwis.

VERNIET ·

As die studies nou eendag in hulle drome VERNIET gaan wees, vertel my asb hoe lank ‘n student daar gaan studeer? Gaan hulle 20 jaar aan ‘n mediese graad en 15 jaar aan ‘n BA studeer? Want gewoonlik is die finansiele kwessie ‘n groot aansporingspunt om jou graad in die bepaalde tyd te voltooi. Wat verhinder nou ‘n student om vir Medies in te skryf en 23 jaar te swot .. alles is mos verniet .. wie gaan hulle keer? Jy maak JUIS nie droog op universiteit omdat jou ouers jou die dood voor oe gesweer het as jy pluk gaan jy SELF betaal nie .. as iemand anders betaal, kan jy mos so lank vat soos jy wil . jol vir 4 jaar, swot so bietjie, staak vir 2 jaar, vry vir nog 2 jaar . so gaan ons aan tot jy 8 jaar daar sit en nog nie jou BA gemaak het nie.

peanut ·

Ek is n enkel ouer – n WIT enkel ouer. My dogter het musiek gaan studeer in Kaapstad, elke dag VOL-DAG klas geloop en elke aand as of n kroegdame of n kelnerin gewerk om haar kos en verblyf te betaal. EK kon maandeliks n karige R600 – 1000 bydra.

Haar studies het sy met n studie lening betaal, waaraan sy nou nog afbetaal.

Het sy OOIT klip gegooi? ……. NEE
Het sy ooit soos n lieplapper rondgele? ….. NEE
Het sy ooit n vak gedop?……NEE

Sy is nou amper aan die einde van haar studies afbetaal, werk haar oor n mik, is steeds kelnerin, om haar studies te kan betaal, maar sy is n jong vrou met staal in haar are, hare op haar tande, n hart van goud, n waardestelsel en wysheid wat selfs my soms stom laat. En ek is trots om haar ma te mag wees.

Anoniem ·

Saam met jou trots!! Die spreekwoord sê mos “boer maak ‘n plan”. Haar planne was dalk nie maklik nie, maar die resultate is daar. Wens meer swartmense kan besef die witmense het dit ook nie altyd maklik nie.

tw ·

Waarvan praat jy peanut??? [Tong in kies]
Dit is juis die rede hoekom hulle wil gratis studeer. Hulle WIL nie gaan werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.