Betogende studente bring Wits tot stilstand

'n Skermskoot uit 'n video van die geweld op die kampus.

‘n Skermskoot uit ‘n video van die geweld op die kampus.

ʼn Studentebetoging by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) oor die hoë koste van tersiêre onderrig het Woensdag die kampus tot stilstand geruk.

Verkeer rondom die kampus het doodstil gestaan en die hekke na die kampus was gesluit. Sosiale media gebruikers het gesê geen voertuie is toegelaat om die kampus binne te gaan of te verlaat nie. Ander gebruikers het die tydsberekening van die betoging bevraagteken en gesê dit is “gerieflik dat die studente kort voor die eksamens staak”.

Die studente betoog nadat die universiteit glo aangekondig het dat studiegeld vir 2016 met 10% sal toeneem.

Die betoging kom enkele dae na pres. Jacob Zuma ʼn taakspan op die been gebring het om befondsingsuitdagings by tersiêre instansies te ondersoek. Volgens die presidensie sal die taakspan bestaan uit amptenare van die departement van hoër onderwys, die presidensie, die nasionale finansiële hulpskema vir studente, twee vise-kanseliers om die universiteite te verteenwoordig, twee studenteverteenwoordigers, asook ander onderwysbelanghebbendes. Die taakspan sal ’n korttermyn-oplossing ondersoek vir die befondsing van tersiêre onderrig.

Yvonne Phosa, die voorsitter van die portefeuljekomitee vir hoër onderwys en onderrig, het Maandag gesê die taakspan sal ook aandag gee aan die geweld wat die afgelope tyd op kampusse in Suid-Afrika versprei het.

Die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se onderskeie kampusse moes onlangs gesluit word nadat betogende studente geboue en voertuie aan die brand gesteek het, petrolbomme gegooi het en motors met klippe bestook het. Die studente het glo betoog omdat die universiteit die proses opgeskort het wat studente wat agterstallig is met studiegeld toelaat om voort te gaan met hul studie terwyl hulle hul skuld in paaiemente afbetaal.

Intelligence Bureau SA het ‘n video van die geweld op die Wits-kampus op Facebook geplaas:

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johnnie ·

Ek stem met die betoging oor te hoe gelde, vandag moet jy n miljoener wees om n kind te laat studeer. Middelklas en onder kan maar net droom van n kind met n graad al is daai kind hoe slim.

Prit ·

Geweld is dan al manier hie dinge in afrika werk, maar moet nie durf mense wat so optree barbaars noem nie, dan is jy die vark in die verhaal.

Bleskop ·

Ek glo nie Johnnie stem nootwendig saam met die geweld nie, maar wat hy bedoel is dat aksies moet plaasvind om onderrig kostes “normaal” te kry.
“n MENS kan ook vreedsaam protes aanteken, vra die “boere”….

Ruby ·

Maroela, hoe kan julle Leon se kommentaar plaas maar myne verwyder waar ek niemand te na gekom het nie?

BoereBikerBaby ·

Ek stem saam met Johnnie, ek is enkel ouer en ek stress klaar vir die dag as my seuns moet verder gaan leer. Dis skrikwekkend hoeveel onderrig deesdae kos, en niemand kry meer werk net met matriek nie.

MM ·

Hulle moet ophou betoog en begin leer. Hulle soek enige verskoning om nie te leer nie, maar as hulle terug gehou word is die hel ook los.
Ekhet al vraestelle van studente gemerk en al wat ek kan se is oi oi, want hulle hang daar rond, want dit moet “cool” om ‘n student te wees en mors hul ouers se geld.

SNEL ·

SA vastrap, lig daai knieë en trap hard met die voete, swaai die arms en skreeu. Dis mos hoe ons dinge oplos. Vandag is dit hoë kostes, môre kry ons net n rede vir nog n vastrap, vrot kos, duur kos, geen kos, enige iets, net om die lyf te wikkel en die stem te laat hoor. Dis daardie vastrappe wat ons land se ondergang is. Kinders gooi tantrums, nie opgevoede mense wat wil studeer nie.

nico ·

Ek stem ook saam met Johnnie. Dit is baie duur om te studeer. En dit is interessant dat met die ANC (en kommuniste in die regering), is daar steeds sekere goed net vir rykes beskore. Soos studeer. (En hof toe gaan.)

Piet Pompies ·

Daar is twee soorte studente, die een word deur sy ouers of besigheid befonds, slaggsyfer, uitstekend, dan is daar studente wat deur die staat befonds word, slaagsyfer, beroerd. Die staat dikteer dat indien sy studente nie ‘n slaagsyfer van 80% behaal dan staak hy sy subsidie, die studente kry sakgeld ens, so hy gee nie om of hy slag, nonsens aanjaag, volgende jaar draf hy maar weer klas….op die staat se onkoste.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.