Betogende studente dreig om Wits ‘toe te maak’

Studente betoog Maandag (19 September 2016) op die Wits-kampus. Foto: ANA

Studente betoog Maandag (19 September 2016) op die Wits-kampus. Foto: ANA

Studente by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Maandag gedreig dat hulle die universiteit tot stilstand sal bring in protes teen die komende verhoging in studiegeld.

Volgens die studente het hulle dit duidelik gestel dat daar geen verhoging in studiefooie moet wees totdat die regering gratis tersiêre onderrig ingestel het nie. “Ons sal hierdie plek toemaak, ons speel nie,” het Bonke Ngcuka, een van die studente, gesê. “Ons ouers kan nie die duisende rande elke jaar vir studiegeld bekostig nie. Daar ís geld. Die regering het geld om onderwys te finansier. Ongelukkig word daardie geld wangebruik by Nkandla, die SAL en nog baie ander plekke.”

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het Maandag gesê universiteite moet self bepaal hoeveel hulle klasgelde volgende jaar verhoog gaan word. Universiteitsleiers meen ʼn 8%-verhoging is noodsaaklik.

Die betogende Wits-studente sou Maandagaand ʼn massavergadering hou om op verdere stappe te besluit. Die polisie en kampusveiligheid het al die ingange afgesper na Solomon Mahlangu Huis waar die vergadering gehou sou word.

Die studente het geen voertuie toegelaat om die Braamfontein-kampus binne te gaan of te verlaat nie. Studente het ook in ʼn stadium ʼn deur van die gebou afgebreek tydens ʼn struweling met die polisie. Polisiebeamptes is by al die ingange van die kampus ontplooi om die situasie te monitor.

Die universiteit het gesê akademiese bedrywighede sal voortgaan ongeag die protesaksie op die kampus. Hulle respekteer die reg van studente om te betoog, maar dié betogings mag nie inbraak maak op ander studente se reg om lesings by te woon nie. Die universiteit het personeel en studente aangemoedig om enige ontwrigting by kampussekuriteit aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Grap ·

Die subsidies wat die model c skole kry in die huidige benadeelde areas is nie eers genoeg om die tee maker te betaal nie en dit is die rede vir die fondsinsameling elke tweede dag as jy iets wil hê moet iemand betaal en dit is hoe dit is punt.

Topster ·

Dit help nie hulle betoog by die Universiteite nie hulle moet Luthuli huis tot stilstand bring en hom afbrand as hulle wil brand en los die studente in vrede wat wel maar daai verhoging sal betaal om klaar te studeer

Blade runner ·

Blade is te bang om die ware feite vir die sogenaamde studente te gee nou plaas hy die verantwoordelikheid op die universiteite tipies ANC modus operandi.

Johann Marx ·

Vyf jaar in Hoërskool teen +/- R26 000,00 per jaar = R125 000,00 vir ‘n matriek sertifikaat…..maar vyf jaar op Universiteit vir ‘n Ingenieursgraad vir R0,00? Die kar is alweer voor die perde…..

Welmari ·

Verkeerd Johann Marx. Vir hulle was dit R500, waarvan arm skoliere ook gevrywaar was. Na die 2de jaar in dieselfde graad word die skolier ook outomaties deurgesit.

Berhalet ·

Dis interessant dat baie van ons witmense ook maar nie studies kon bekostig nie en óf beurse op meriete ontvang het, óf lenings moes maak óf dan maar doodeenvoudig nie universiteit toe kon gaan nie. Wat is nou so anders dat studente voel hulle moet spesiale behandeling kry en vrygeskeld word van stygende fooie? Dus kan die wat nie kon bekostig om te studeer nie seker ook aanspraak daarop maak dat hulle agtergeblewenes was? ;-)

LeonR ·

Berhalet,

Vir die tyd toe ek ‘n huis koop in 1992, toe was my maandelikse paaiement op my studielening as my huispaaiement.

Maar nooit,nooit, het ons afgebrand en aangedring op spesiale voorkeurbehandeling nee. Daar was net nie so iets nie, jou lenings moes terugbetaal word!!

Frederik ·

Nou kan die universiteitsbestuur nie die universiteit toemaak nie ? As dit aangaan soos nou, is daar geen sin in om die instellings verder oop te hou nie. Die wat nie daar hoort nie toi-toi en verhoed so dat die wat wel daar hoort, nie kan klaarmaak nie.

Karma ·

Nee, ek sê die universiteite moet oopbly en geen fooie vra nie, maar ook nie die geboue in stand hou nie, nie water- en elektrisiteit betaal nie, nie koshuis-fasiliteite en kos voorsien nie, geen lektore of studie-materiaal hê nie en geen administratiewe fasiliteite bied nie. NO FEES, NO FACILITIES ….. Eish ….e…. SORRY!

Kobus ·

Wat vir my onverklaarbaar is, is die feit die studente on land se slimstes is. Hoe hulle nie kan verstaan dat deur geboue aftebrand, onderrig te ontwrig en skade aanterig hulle en hul kanse op n goeie opvoeding tot in die afgrond te dryf gaan my te bowe. Plaas gaan koop hul hul grade soos hul voorgangers dan kan hul ons kampus uitlos.

Vasti ·

Baie van die “studente” wat daar is het geslaag met 29 of 30%, hulle hoort nie daar nie! Met ander woorde, jy hoef 70% van die werk nie te ken nie en dan wil jy medies of ingenieurswese gaan studeer en dan gratis? Demand gaan nooit werk nie!

Hasie ·

Jammer oor die groot skades wat die studente aanrig, maar tot ‘n mate het ek simpatie met hulle wat nie kan betaal vir studies nie. Baie studente se ouers betaal vir hulle studies, maar so baie studente het nie ouers nie en het maar by ouma groot geword. Daar was ook nie ‘n oupa nie. Intussen plunder ons president en sy trawante geld wat aangewend kon word vir hulp aan universiteite. Die vinger wys maar weer na die regering wat swak bestuur word en net aan hulle self verryking werk.

Asjas ·

En die studente noem dit, weet dit … maar vir wie stem hulle???

Berhalet ·

Inderdaad… Almal het empatie met kinders sonder ouers… Maar… Hierdie studente word nie naastenby so streng soos in die apartheidsjare gekeur nie… Maar dis nie genoeg nie… Hulle wil meer hê… Wat het die kinders sonder ouers in die apartheidsjare gedoen? Hard geleer… Hard gewerk… Wat maak hierdie studente so uniek? Is daar nie derduisende van ons wat nie kon studeer omdat ons ouers dit nie kon bekostig nie? Het ons skole of universiteite afgebrand? Ons het ons maar gespits op ons werk en sodoende vorentoe beweeg. Hierdie mense betoog regdeur hulle lewens oor alles, so wanneer is genoeg genoeg? Moet die hele samelewing agteroor buig en nee ja en amen sê? Hoekom verdien enige van ons ‘n salaris as ‘n ander ou die voordeel uit ons belasting wil trek en boonop nie ‘n vinger verroer om dit ten goede te benut nie. Basta daarmee ook nou! Hulle kan maar betaal of gaan werk vir ‘n lewe!

Isabel Louw ·

Hasie, voor ek my nou liederlik vir jou vervies. Ek kan nie bekostig om my kinders universiteit toe te stuur nie, EN DAAROM GAAN HULLE NIE!!! Ek stuur hulle nie wel soontoe terwyl ek weet ek kan dit nie bekostig nie met die boodskap gaan kyk wat jy kan regkry deur te brand, verwoes, verniel nie. Ek skaam my Dood!!!!!

KarooKlong ·

Laat hulle Wits afbrand. Herdoop hom na Swarts.
Maak dit die grootste “paintball mall” in Afrika.
Ten minste kan hulle eendag vir die kinders die waarheid vertel oor die geskiedenis.

Die wat rêrig verder wil leer, Tukkies is nie te ver nie.

UJ ·

In my dae as jy nie ‘n beurs gekry het nie of ouers nie universiteit kan bekostig het nie moes ons maar begin werk en so jou self bevorder deur terwyl jy werk vir n salaris ook te studeer Wat is nou anders vandag…..? Ek stem vir gratis skoolfonds in laer en hoërskole die staat kan daarvoor betaal en as jy dit kan bekostig sit jou kind in ‘n privaatskool waarvoor jy dan opdok. Universiteite is vir die wat verder WIL leer en nie verpligtend nie. Dit is tyd dat die regering bykom en hul prioriteite regkry.

CHRISTA ·

Ek wil weet of hierdie studente eendag “verniet” gaan werk? Meeste van hierdie studente het nie universiteitsvrystelling gekry nie want hulle matriekpunte was nie goed genoeg nie, daarom kon hulle nie eers aansoek doen vir ‘n beurs nie!

Baie matrikulante kon nie bekostig om te gaan studier nie. Hulle begin werk by ‘n maatskappy en studeer deeltyds. As die maatskappy sien hulle het potensiaal, word ‘n beurs aan hulle toegestaan op voorwaarde dat die student/e die aantal studiejare “terugwerk”. Só was studente ook verseker van werk NADAT hulle gegradueer het!!

Swanna ·

Maak die plek toe. Hulle wil eintlik regtig nie studeer nie. Laat hulle maar op die harde manier leer om te gaan werk en te studeer om vorentoe te kan beweeg in die lewe. Hulle is bederf.

wollie ·

Ek neem hierdie hele storie baie persoonlik op. Ek wil graag studeer maar word afgekeur deur UNISA (geen rede word gegee) nadat ek 6 jaar terug deur dieselfde UNISA gewot het. EN EK SAL DUBBEL BETAAL AS WAT EK MOET. Maar ja!!! hulle is bederf en ek is te wit!!!!!!!

At ·

Dit was in elk geval altyd die broeiplek van kommunisme. Maak dit gerus toe.

Gideon ·

At, jy praat die waarheid!! Uit my jongdae weet ek die wat daar gaan studeer het, was gewoonlik die protesmakers en dit geld vir dosente ook!!

broos ·

as jy nie kan betaal nie doen jy aansoek om subsidie of ‘n beurs….ooooo ek het vergeet! jy moet eintlik LEER vir ‘n beurs. universiteite behoort heel eenvoudig te sê dat as jy nie kan betaal nie, en nie kwalifiseer vir subsidie of ‘n beurs nie dan kan jy ongelukkig nie swot nie. gaan werk en swot tyddeels deur unisa soos die res van ons! polisie, die wat amok maak moet dadelik gearresteer word en summier geskors word van enige universiteit! van wanneer af kan ‘n kind vir jou voorskryf wat hulle wil hê? ons is moeg vir die bakhand-sindroom!!

Sue ·

Mense wat so graag na hulle dae verwys vergeet dat die hele wêreld in ‘n heeltemal ander finansiële klimaat beweeg as destyds. In daardie dae kon ek’ n splinternuwe Citroën karretjie kontant koop vir R4000 en nog dieselfde jaar oorsee gaan op ‘n gewone salaris en harde spaar. Wie kan dit vandag doen?

Pierre ·

Stem Sue. Maar wie het die rand so op geneuk. Nie eens die ou NP kon dit reg kry nie.

Elizabeth ·

Nou wil ek weet…geld dit vir afstand leer studente ook…want dis hoekom mens dit afstand onderrig noem..ons KAN NIE UNIVERSITEIT bekostig om n heeltydse student te wees nie…huerdie was ons beste “shot”.dit verg dalk harder werk juis omdat daar geen lesings op klein dorpies aangebied word nie.
???

HEVW ·

As dit maar net tot hulle wil deurdring dat dit meer effektief sou wees om by die parlement, Nkandla en Luthuli huis te gaan betoog en af te brand.

Johan 1 ·

My voorstel is dat alle 1ste en 2de jaar student moet betaal vir universiteit opleiding,daarna as die student daarin slaag om die 1ste twee jaar suksesvol te voltooi ,dan kan die verniet opleiding plaasvind.Die meeste studente sal dan uitgefaseer wees wat werklik belangstelling toon in die rigting wat hulle wil volg.Op die oomblik soos dit lyk is die meeste studente net daar om die wat werklik wil studeer te ontwrig,want as hulle so tekere gaan oor wat hulle ouers betaal vir die studies waarom mors hulle dan hulle ouers se geld met die stakings en ontwrigting wat plaasvind.As hulle werklik n gevoel het oor wat hulle ouers moet betaal vir hulle opleiding nou wys aan die ouers dat hulle geld nie gemors word nie.Die studente wat besig is met toetse en eksamens waarom moet hulle te na gekom word,hulle het ook klasgelde betaal vir die opleiding,los hulle dan uit want soos dit vir my lyk is dit al studente wat voorberei het vir huule eksamens en toetse en die wat so tekere gaan het waarskynlik nie voorberei nie of klasse en studies misgeloop en weet dat hulle gaan n jaar verloor en herhaal deur nou ander studente wat wel belangstel ook terug te hou. Kry vir n slag grip in die lewe en as jy nie voorberei is nie los ander uit wat wel belangstel.

marietjie ·

die mense wat nie n kind het wat studier en nie eens beurse kry nie kan nie saam praat nie. ek is n arm blanke wat n student se geld self betaal elke maand en kry nie staat beurs nie omdat my salaris konsuis te hoog is. my kind doen goed met haar studies en kry onderskeidings maar vir my kind is daar geen lenings of beurse nie. dit is diskreminasie teen n blanke kind!!!!!!!!!! so ek ondersteun die student…. want ek kan nie meer bekostig om daai hoe studie gelde te betaal nie net omdat my vel wit is. .daar is student wat nfsas beurse kry en nie eens deur kom met hulle toetse nie. so wat is daai student beter as my kind…….seker omdat my kind wit is…… as daar iemand is wat my kind kan help betaal sal ek dit waardeeur

J.H. Wasserman ·

Marietjie my kind moes haar studies staak nadat ek siek geword het en dadelik verder kon betaal nie. Sy kon nie eers eksamen skryf nie en is uit haar blyplek in die straat gegooi. Ek was in die hospitaal en die universiteit het my nie eers gekontak om reelings te tref nie. Probeer maar betaal solank jy kan, geleerdheid is ‘n voorreg en nie ‘n reg nie en niemand gaan julle help nie want almal trek noustrop in die huidige ekonomie. Sterkte!

Dup du Plessis ·

….darem lekker om kinders te verwek asof dit ‘n nasionsle sport is en hul opvoeding, behuising ens. word iemand anders se probleem en as die iemand anders nie wil help nie word verwoesting gepleeg …..Afrika o Afrika……..kan dit in 1000 jaar verander?

Emma ·

Kobus ek verseker jou die spul wat daar rond hang is beslis nie die slimstes van die jeug nie. Hulle het juis nie gekwalifiseer vir eksamens, want hulle punte was te swak. Hulle hoort eintlik nie daar nie. Studente wat erns maak met hul studies kan nie bekostig om dié tyd van die jaar te speel nie.!!

marietjie ·

sterkte jh warsserman. maar wat my kwaad maak is dat ek nie nfsas beurs kry vir my kind nie maar wel van haar mede student en hulle kom gaan toets deur nie en gaan ook nie klasse toe nie. nou hoe kan hulle die beurs kry en nie my kind nie. (omdat hy blank is)…. dit maak my verbitterd dat sulke student die beurs kry……. en niks leer nie……….. hoe keur die universiteite sulke student aan die beurs

Lance ·

Dis nou die room van die land en die leiers van more …ons is verdoem !

mariietjie ·

jip want is velle is wit!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!regverdigheid moet geskied……… maar ons wit kinders word benadeel by universiteite want ons het konsuis n werk so ons moet betaal moes……..

J.H. Wasserman ·

Marietjie ek verstaan jou frustrasie maar dit is wetgewing wat dit bepaal. Probeer maar vir jou kind betaal al moet jy ‘n lening aangaan. Die universiteite is ongenaakbaar as hulle enige kontantvloei probleme by jou vermoed, al was dit onvoorsiene omstandighede. My kind werk nou vir R3000 salaris want daar is ook nie werk nie. Die lewe is nie regverdig nie maar probeer maar kop bo water hou solank jy krag het, vir jou kind se onthalwe. Ek kon dit nie doen nie en my kind het ook presteer. Baie sterkte daar.

Jan ·

Indien student goeie punte kry en die ouers kan nie betaal nie moet die student gehelp word, wit of swart. Ongelukkig word ons geld vermors op SAL, massiewe staatsdiens, swak besluite, korrupsie en so kan ons aangaan. Jy kan nie in die pad van agteruitgang staan nie, ons moet bou aan ons eie instellings.

marietjie ·

JAN VERTEL MY HOE KAN EK IETS DOEN DAT DIE UNIOVERSITEIT DIT RAAK SIEN VAN DIE GOEIE PUNTE. EK HET AANSOEK GEDOEN EN DAAR IS VIR MY VERTEL DAT MY SALARIS DIT KAN BEKOSTIG…. SO EK VERDIEN MOES MEER AS R120000.00 PER JAAR.. MAAR HULLE HET NIE EENS MY ANDER SKOOKGELDE IN AG GENEEM NIE. NET NA DIE SALARIS STROKIE GESIEN EN GESE NEEEEE. HULLE WEET NIE EENS WAT HET EK VERDER ELKE MAAND OM TE BETAAL NIE. DAAR IS VIR MY GESE DAT DIE NFSAS VIR SWART KINDERS IS….

Magrette Louw ·

Ek het vanoggend op RSG gehoor hoe ‘n swart student die Polisie en Veiligheidswagte mondelings aanval oor waarom hulle op die perseel is terwyl daar elders in die land baie kriminele is wat gevang moet word en hoekom word hulle ontplooi op die kampus. Ek het toe gewonder of die student besef het dat sy en vele ander oorgegaan het van student na betoger, en dus in my opinie misdadiger, want wat goed kan van ‘n betoging kom, Wat van verwoesting, vernieling, verbranding van ander mense se goed wat gepaard gaan met betogings.
Dalk moet sy gratis onderwys dan ontvang, sodat sy kan sien dit wat sy, en vele ander nou doen, wel misdadigheid is……

Di ·

Niks sal help nie. Los hulle dat hulle alles afbrand en klaar kry, hulle moet net nie die afgebrande universiteite weer opbou nie. Hulle kan dan gaan kyk om ‘n werk te kry sonder kwalifikasies want so lank die regering bly alles oorbou wat hulle vernietig gaan dit nooit einde kry!!!

Anoniem ·

Ek wonder of die wat die hardste skreeu van almal vir gratis onderwys ooit goeie punte behaal…..My opinie…nee…..Hul hoort nie eers daar……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.