Betogende studente het ‘revolusionêre agenda’

Kallie Kriel. Foto: Reint Dykema

Kallie Kriel. Foto: Reint Dykema

“Die studente wat by universiteite landwyd betoog onder die vaandel van die #FeesMustFall-beweging kan nie tevrede gestel word nie en sal indien daar aan hul eise gehoor gegee word, net op nog iets anders aandring.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie AfriForum, het gesê die betogende studente het ʼn revolusionêre agenda en dat bestuur van universiteite vir een of ander rede dink dié “minderheidsgroep” kan tevrede gestel word.

“Dit het aanvanklik begin met die #RhodesMustFall-beweging en die studente was suksesvol. Hierna het die eerste #FeesMustFall-beweging gevolg en weer eens was studente suksesvol en is ʼn 0%-verhoging in klasgeld vir 2016 aangekondig. Dit is gevolg deur die #OutsourcingMustFall-beweging en ook die #AfrikaansMustFall-beweging.”

Kriel het die uitlatings gemaak tydens ʼn mediakonferensie waar die Solidariteit Beweging ’n tienpunt-aksieplan vir die krisis in die universiteitsektor aangekondig het. Volgens Kriel het dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, reeds aan die betogende studente se eise toegegee nadat hy gesê het die regering sal voortgaan om studente te subsidieer wat by die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS) baat en wie se ouers minder as R600 000 per jaar verdien. “Maar aangesien die studente ʼn revolusionêre agenda het, kan hulle nie tevrede gestel word nie.”

Flip Buys. Foto: Reint Dykema

Flip Buys. Foto: Reint Dykema

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het gesê dit is onaanvaarbaar dat ’n klein minderheid oproerige studente die groot meerderheid studente ontneem van hul reg om te studeer. “Ons dring daarop aan dat die akademie dadelik ná die reses hervat moet word, terwyl onderhandelings voortgaan om ʼn oplossing te vind.”

Volgens Buys het studente binne weke afgebreek wat oor dekades opgebou is. “Elke toegewing wat gemaak word, is vir die betogende studente ʼn bewys dat hul woedende eis geregverdig was en dan kom die volgende eis.”

Buys meen die regering en die bestuur van universiteite het ʼn groot aandeel in die huidige krisis. “As hulle ʼn klein probleem betyds getakel het, kon dit verhoed dat dit groot word. Universiteite is besig om te maai wat hulle gesaai het. Die regering het oor die jare persentasiegewys universiteite se befondsing laat afneem terwyl NSFAS uiters swak bestuur word.”

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, het gesê daar is die persepsie dat swart mense altyd arm is en wit mense ryk is. “Daar is baie wit en Afrikaanse studente wat nie hoër onderrig kan bekostig nie en wat sukkel om fondse daarvoor te bekom. Ons ondersteun befondsde onderwys en glo dat hoëkwaliteit hoër onderrig nie gratis kan wees nie.”

Volgens Brink is die arm studente wat met Helpende Hand-studiehulp studeer uiters verdraagsaam teenoor universiteitsowerhede. “Hulle verstaan dat universiteitsopleiding van gehalte duur is en neem self inisiatief vir die finansiering van hul studies. Gratis universiteitstudies is ongelukkig nie moontlik nie, en die 80% disfunksionele gratis skole het reeds bewys dat studente by gratis instellings kry waarvoor hulle betaal.”

Morné Mostert, AfriForum Jeug se nasionale woordvoerder, het gesê meeste studente wil nie deel wees van gewelddadige betogings nie en wil hê die universiteite moet heropen. “Ons eis dat die veiligheid van studente, personeel en die publiek deur die universiteite gewaarborg word, en dat daar streng opgetree word teen groepe wat studente of dosente intimideer of eiendom beskadig. Ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker dat pro-studiegroepe se stemme ook gehoor word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

hoor hoor ·

Asjas, jy slaan die spyker op sy kop, HUL IS GEEN STUDENTE maar TERRORISTE !!

KP ·

Kallie Kriel slaan die spyker op sy kop, wat gaan die oplossing wees. Ek dink on elk geval buite en nie noodwendig politieke magte sit agter alles. Die EFF word gebruik en befonds deur hierdie magte om die universiteite lam te le.

Jean ·

Hierdie studente sal nie stop voor alles getransformeer is, die standaarde verswak het, die fooie afgeskryf word, al die studegelde en koshuisgelde gratis is, die koshuise oopgegooi word vir mans en dames, die dosente almal van ‘n etniese afkoms is nie. Dan sal hulle grade nerens behalwe in SA gebruik kan word nie. Hulle gaan afbreek en afbrand tot daar niks meer oor is nie.

m ·

Interessant dat daar net elke keer dieselfde groep afbreek en afbrand. Duidelik wil hulle nie rerig studeer nie. Die res is te besig om te swot vir die eksamens…..

Thana ·

Ek dink hulle het die jaar gedop nou wil hul nie eksamen skryf nie. Persoonlik dink ek ook daar is ander magte hier agter wat die land wil destabiliseer nou gebruik hulle studente. Ek het in die week gehoor daar het oproep uitgegaan dat hulle moet “brand”

Jakobus ·

Ek kan met beste wil ter wêreld nie sien dat die universiteite oop gaan bly sodat die studente lesings kan bywoon, en eksamen kan skryf nie. Daar moet in alle geval hope studente wees wat nie betoog nie en graag wil swot, wat agv die omsandighede en die min klastyd, dit nie gaan maak nie. Wie neem hul belange in ag. Alle klasse gaan volgende jaar oorvol wees.

Tensy die universiteite, die regering en die veligheidsdienste, iets anders doen as tot dusver en ‘n haas uit die hoed trek, dalk ook die weermag bysleep.

Dan, as die studente weer hierdie jaar, in 2017 moet herhaal en die matrieks van vanjaar kan nie universiteit toe gaan nie (wat natuurlik die komende jare ‘n rimpel katestrofe gaan afgee, ook vir die ekonomie), wat dan? Woede van die matrieks? Ek sal my kop op ‘n blok sit dat daar volgende jaar weer betogings gaan wees, woester, en dan gaan die woedende matrieks van vanjaar opgesweep en bygesleep word. Is dit nie deel van die plan nou al nie?

Speedguard ·

Stem 100% saam Jakobus, Prof. Janson het dit ook so uitgedruk!

Ou Erdvark ·

Ai, al die regerende meerderheidsparty se leiers met hul voete van klei! En Luthuli-Huis se fondament is ook maar net van klei.

Het die leierskap in die privaatsektor en vakbonde ook maar net voete van klei?

Lalla ·

Ek wil he-mentaliteit. As ek nie ‘n verhoging by my maatskappy kry nie, kan ek nie die geboue afbrand of mense begin aanrand nie. Ek sal so gou soos nou ge-arresteer word. So hoekom gebeur die nie ook met hierdie domastrante goeters nie. My oplossing, sluit alle universiteite. En as jy nie kan betaal vir tersiere onderrig nie, dan kan jy nie studeer nie. Ongelukkis is dit ‘n voorreg en nie ‘n reg nie. Maar ons wonderlike regering het besluit om die slaagsyfer van skool so te verlaag dat enige jan rap en sy maat toelating tot tersiere onderrig kry. En as hulle klaar gestudeer het, wat dan? Dan wil hulle seker ‘n werk he, want hulle is dan mos nou geregtig daarop ook. En wat as hulle dit nie kry nie, en iemand met beter kwalifikasies of ondervinding kry hulle pos, gaan hulle dan ook afbrand en afbreek?

John ·

Waarom nie ‘n noodtoestand afkondig vir die gebiede rondom die universiteite nie en die terreine omhein met toegangsbeheer nie. Dis maklik. Kan ek op enige privaateiendom gaan toi-toi? Maar hulle wil nie, want dit sal werk. Die eintlike rede is dat die universiteitsbesture ‘n bankkaart van die staat wil he vir gebruik soos hulle goeddink. Hulle ondersteun die balhorige studente. En is die besture van kampusse noodwendig vreeslike edele karakters. Wie se so? Wie staan aan die beheer van die beursies? ‘State Capture’ is aan die gang en die meeste wat saamdoen en -dans, weet nie wie ons Big Brother is nie. Ons OB gaan weg en nou sal ons ook nooit uitvind nie.

Thana ·

Theresa dis die hele probleem, mense loop met klappe oor hul oë en nou skielik as daar paar studente in opstand is is dit vir almal probleem. Hulle is nie die probleem, die regering met hul hand op die blaas Guptas is die probleem, en ongelukkig gaan hulle dit nog tot met vlg verkiesing wees

Lance ·

Presies hulle het ander planne …lankal agtergekom …weet zuma en blade dit al of gaan weer baie laat wakkerskrik as alles aan skerwe le ..”.howe we did not know about dies things now” hehe

MADSIE ·

Hierdie is mense wat glo studeer en eendag professionele beroepe wil beoefen maar hul tree so op en beskadig eiendom. Hoe volg mens eendag ‘n professionele beroep as jy jouself so gedra …. glad mos nie professioneel nie

Ian ·

Net jammer die regeerders van die land sien dit nie so nie.

Die ANC is besig om te saai wat hy maai. Jare terug is dienste betaling geboikot. Die ANC sukkel nog steeds om mense te oorreed om te betala vir basiese dienste.

Ek glo as daar na die belhamels wat die hele #fmf begin het sal daar gesien word; 1. hulle is ie studente nie en/of 2. hulle gaan in elk geval die jaar druip.

Wanneer gebeur die “opstande”? Aan die einde van die jaar, as hulle moet reg maak vir die finale eksamen. Daar is nooit opstande in die begin van die jaar nie, slegs teen die einde.

Nou wil die aarts opportuniste, EFF en hul gespuis hul by die studente skaar, om wat te maak? Julle wil eendag die land regeer, maar met jul resep gaan julle alles vernietig.

Waar is die DA in die sirkus? Hoekom maak Mmusi nie sy mond oop nie. Stem hy saam gaan hy kiesers verloor, stem hy nie saam nie, verloor hy kiesers, so wat doen die DA, hulle hou hul bekke. Mmusi sal een of ander tyd die DA se standpunt moet stel.

Een ding is verseker, Onderwys, of dit skool, kollege of Universiteit is, kan nie gratis wees nie. Ons land het nie die geld nie. die ANC het alles gesteel.

Anoniem ·

As die saak uitspeel soos wat al hoe meer mense voorspel (dat die akademiese jaar gaan sneuwel), sal Solidariteit/Afriforum ons asb help om groepseise teen die universiteite in te stel om die klasgelde van die 2de semester terug te betaal?

Wonder maar net Willie ·

Gratis universiteit “nie moontlik nie”? Wat van Duitsland, Frankryk, Noorwee, Finland, Denemarke, Brasilie ens…?

Leendert ·

Dit sal maar hik, ……, cha-cha-cha gaan.

Ons kan in alle geval nie met daardie lande vegelyk word nie, dis soos om appels met wortels te vergelyk.

Jan Jooste ·

Min mense kan gratis geskenke na waarde ag – allermins ‘n student. Ek verwag dat die SWAK SA slaagsyfer nog verder gaan daal indien onderrig gratis word. Wat is die gemiddelde slaagsyfer van Helpende Hand se leningstudente versus student in die algemeen? My kinders kon genadiglik via HH gehelp word – en hul besef die voorreg en ook dat hul dit na waarde moet ag en benut. Natuurlik gaan gratis onerrig my geweldig help – maar ek dink dit gaan ons swak SA stelsel nog verder verswak.

Thana ·

Dis waar Jan, min mense waardeer iets wat hul verniet gekry het, maar jy kan maar gaan kyk dis die studente wat met lenings studeer wat hul moet terugbetaal wat wil leer. Gee vir hul rente vrye studielenings soos Helpmekaar wat hulle moet terugbetaal as hul klaar geleer het. Dit het my 2 van my kinders deur kollege gesit. En hulle moet bewys hulle het eerste jaar deurgekom voor die 2de jaar goedgekeur word.

Liewe heksie ·

Lees vroeer op news 24 n recording tape van swart dame sê sy ons sal eers n wit student moet doodmaak dan sal hul eringstig opgeneem word spoor die dame op en kla haar aan van poging tot moord oeps sorry dit is mos hul voorreg om dit te mag sê

Alfonso ·

Die EFF het vandag amptelik verklaar: Bring SA tot stilstand. Dit het nog nooit oor studentefooie gegaan nie. Wêreldwyd was studente nog altyd die nuttige voertuig om rewolusie te dryf. Hulle wil nie die SAPS op kampus hê nie. Waarom nie? As jy vreedsaam is het jy tog niks te vrees nie!
Nee, hulle wil ongesteurd voortgaan om te vernietig.
Beveg hierdie onluste met alle moontlike mag, selfs die weermag. Dit gaan ons land se ekonomiese afgradering spook na n vulletjie laat lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.