Betogende studente met outomatiese geweer betrap

Argieffoto van die afgelope week se studentebetogings in Braamfontein. (Foto: Michele Spatari / AFP)

’n Dringende ondersoek is van stapel gestuur nadat twee betogende studente in Braamfontein met ’n onwettige grootkaliber-vuurwapen betrap is.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes het twee studente in Stiemensstraat opgemerk wat ’n outomatiese geweer by hulle gedra het. Studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) betoog die afgelope week omdat hulle wil studeer al skuld hulle die universiteit geld.

Die polisiebeamptes het deurgaans ’n oog op die twee studente gehou totdat die studente in ’n motor geklim en weggery het. Die polisiebeamptes het die motor agternagesit en die studente is eindelik deur die blitspatrollie in Aucklandpark in hegtenis geneem.

Polisiebeamptes het die motor deursoek en ’n Galil, ’n outomatiese geweer van Israeliese fabrikaat, met ’n gelaaide magasyn in die voertuig gevind.

Die studente, ’n man (24) en ’n vrou (21), is in hegtenis geneem.

Peters sê die studente sal na verwagting binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie sowel as die besit van ’n gevaarlike wapen.

Lt.genl. Elias Mawela, die Gautengse polisiehoof, sê dit is kommerwekkend dat studente in die besit van ’n onwettige grootkaliber-vuurwapen is, om nie eers daarvan te praat dat so ’n wapen na ’n studentebyeenkoms gebring is nie. Mawela sê dit wys net watter groot uitdaging die polisie het met betrekking tot die verspreiding van onwettige vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

gatgogga ·

Mag ‘n student dan nie sy outomatiese oorlogwapen by die vreedsame betogings gebruik nie ?

Sêmanet ·

Solank hulle net nie met rubberkoeëls geskiet word nie.

Werner ·

Hulle moet maar by die weerma gaan hoor waar die wapen vandaan kom.R4 is n Galil en dit is wat die weermag gebruik.Dink ons sal skrik as ons weet hoeveel weermag en polisie wapens in omloop is.

Misky ·

Bevestig net meeste van ons se vermoede en hulle is nie daar om te studeer nie.

Aikie ·

Die Polisie het ‘n groot uitdaging op hand as die studente nou alreeds bereid is om vuurwapens na’ n betoging te bring.
Daar is die begin van die Marikana tragedie en met die Marikana fiasko het die polisie aan die kortste end van die stok getrek. Ek is nog steeds feitlik seker dat die eerste skoot vanuit die betogers gekom het.
My gevoel is dat ons al meer vuurwapens gaan sien tydens betogings indien ons regering in sy alwysheid nie vinnig ‘n stokkie daar voor steek nie. Groot tameletjie, groot moeilikheid op pad.

Jeanette ·

Ja beslis daai skares studeer nie aan die Universiteit nie. Ek stem saam hier is groot moeilikheid aan die kom

Stefan ·

Moet hom nou net nie straf nie want dan kom daar weer geweldadige betoging van.
Vra hom mooi om dit nie weer te doen nie.
As ek sarkasties klink, ja………

Ian ·

Gee hom n stokkie lekker en maak hom hoof van staatsveiligheid…….. Of nee gee hom 10 mil wanneer hy die pos aanvaar en ooreenkom om nog 2 biljoen te verduister en wapens in te smokkel in SA in. Wat ek nie kan verstaan nie is hier is geen konsekwente wette of reels nie. Zuma, ace, bongani… Noem hulle op niks gebeur met hulle nie maar die siel gaan toegesluit word vir lewenslank vir daai wapen.

Stefaan ·

Ek sal nou nie ‘n 5.56 mm of 223 ‘n groot kaliber noem nie inteendeel die kaliber is die selfde as .22

koos10 ·

Die nie die milimeters nie, maar die groote van die patroon. Hier is dit 5.56 x 45 mm d.w.s die diameter as amper 9 keer die doppie se lengte. (Dieselfde as ‘n R4/5 en bietjie grooter as ‘n AK74 wat 5.45 x 39mm is)
Dis hoekom mens van kaliber praat en nie diameter nie.

Spyker ·

Maak seker hulle is nie MK veterane nie, indien so, het hulle niks verkeerd gedoen nie.

Dup ·

Gee ñ student gratis onderrig, verblyf, kos,rekenaar,data en ñ outomatiese geweer en hy/sy sal vêr kom in die lewe……toekomstige leiers van SA.

Persheks Adri ·

Dis kommerwekkend dat die spul met onwettige wapens loop en dan kla hulle oor die polisie! Ja nee laat dit nou 1 van ons was by ‘n vreedsame betoging gggmmmfff. Looi hulle hard vir onwettige wapens!!!

Roggeveld ·

Is die twee studente nie dalk die Derde Mag wat verantwoordelik is vir die dooie student en ander gewondes nie?

Robert ·

Die weermag het ‘n paar oorspronklike Galil’s gehad…

Buks ·

N Galil is nie groot kaliber nie. Buitendien daar is duisende wettige Galils in Suid-Afrika . Ek het 2 vriende met wettige Galils en ook 2 ander met wettige gelisensieerde AK-47 tiepe Norinco semi automatiese gewere. Ek dink die skrywer van die berig klink vir my so bietjie partydig.

koos10 ·

Het die skrywer nie dalk haar inligting gekry soos oorgedra vanaf die Provisiale Kommissaris nie?
Ek het so bietjie ondervinding met vuurwapens en sal saam stem dat die nie ‘n groot kaliber is nie, maar dis beslis nie ‘n speel ding nie, en in die hande van studente, nog meer skokkend. Indien nie volle outomaties nie, kan dit heel maklik verander word.

Sarel ·

Seker nou weer die Polisie se skuld studente doen mos
Niks verkeerd nie

Bernard ·

Agge nee man, julle verstaan nie! Hulle het die wapen na die betoging toe gevat om hulself te verdedig teen daardie verskriklike agressiewe polisie wat hulle dan skiet sonder dat daar enige provokasie was. Onthou, hulle is maar net vredeliewende ou studentjies.

Deon ·

Hoe kan enige regdenkende persoon met so wapen oop en bloot, en dit blyk onwettig ook te wees, in die straat afstap terwyl hy voor sy siel weet daar is betogings en daar gaan definitief polisie wees. Iets maak nie sin hier nie.

Chris dupreez ·

Die Galil is n verbeterde weergawe van die AK 47. n AK op steroids.

Spook ·

Eintlik ‘n verbetering van ‘n Finse Valmet, wat ook maar van ‘n AK af kom. Die voordeel van die Galil/R4/R5 is dat dit Amerikaanse M16/AR15/M4 magasyne kan gebruik, en dis ook natuurlik dieselfde kaliber.
Die owerstes sal natuurlik na ‘n “Galil” verwys in die saak, want dit trek dan die aandag af van verdwene weermag en polisie R4/R5’s

Sam ·

Outomaties of semi-outomaties? Groot verskil.
Hierdie gesprek moet nou net nie verwar word wettige vuurwapeneienaars nie, soos die joernaliste graag doen nie. Straf hierdie studente swaar en spoor die verspreider(s) van hierie wapens op. Straf hulle ook swaar!

Karina ·

En meneer hoed weet nie eers wie vir hom werk, hy as minister, weet nie! Wat gaan dit hoed nou doen? Wie het die student in die betoging geskiet? Die polisie of een van die studente? Nog ‘n vraag om te beantwoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.