Betogende studente sit chaos voort op UKZN-kampus

Die toneel op die Westville-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) na die gewelddadige betogings deur EFF-studente. (Foto: ANA)

Terwyl die akademiese program by die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) se Westville-kampus Woensdag hervat is, het ʼn groep EFF-studente probeer om ʼn veiligheidsvierwielmotorfiets aan die brand te steek, verskeie vensters stukkend gegooi en polisiebeamptes en veiligheidswagte met klippe bestook.

Die voorvalle het deur die loop van die dag plaasgevind, dieselfde dag waarop bedrywighede op die kampus hervat is nadat die universiteitsbestuur verlede week noodgedwonge lesings moes opskort.

“’n Groep studente het aan ʼn gewelddadige betoging deelgeneem en die akademiese program van die UKZN se Westville-kampus vanoggend ontwrig,” het Normah Zondo, waarnemende uitvoerende direkteur vir korporatiewe verhoudings, gesê.

Sy het gesê die studente het brandstigting gepleeg en “erge skade” aan universiteitseiendom, insluitend geboue, aangerig. Een student is in die harwar beseer en moes by die universiteitskliniek behandeling ontvang.

“Die protesaksie is gelei deur EFF-studente wat protes aangeteken het oor besware wat nie ingesluit is by die gesprek en formele ooreenkoms wat bereik is tussen die bestuur en die sentrale studenteraad ná twee dae se onderhandelinge nie. Dit moet genoem word dat die EFF-studente deurentyd deel was van hierdie besprekings en dat ʼn formele ooreenkoms bereik is,” het Zondo gesê.

Die toneel op die Westville-kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) na die gewelddadige betogings deur EFF-studente. (Foto: ANA)

Sy het gesê die universiteitsbestuur “sal nie enige kriminele gedrag of die intimidasie van studente of personeel duld nie”.

Zondo sê ʼn saak van openbare geweld is aanhangig gemaak.

Toe African News Agency se verslaggewer vandag by die kampus weg is, was die toneel kalm, hoewel verskeie studente gesê het hulle sal nie hul studies by die instansie voortsit nadat hulle hierdie akademiese jaar voltooi het nie.

ʼn Verklaring is gister aan personeel en studente uitgestuur waarin hulle ingelig word dat “die akademiese program ná twee dae se intensiewe gesprekke” tussen die bestuur en die studenteleierskap vandag weer hervat sal word.

Die bestuur en studenteleierskap stamp kop oor nagraadse befondsing, veiligheidskwessies by koshuise en internettoegang vir studente.

Die afgelope paar weke het UKZN-studente wat in koshuise buite die kampus woon, sporadies brandende matrasse en ander meubels uit hul koshuiskamers geslinger om te kla omdat hul beddens glo van swak gehalte is.

Dit was ʼn onstuimige akademiese jaar tot dusver in KwaZulu-Natal met gewelddadige betogings wat by die meeste tersiêre instansies opgevlam het. Op 5 Februarie is Mlungisi Madonsela, ʼn student van die Durban Universiteit vir Tegnologie (DUT), op die Steve Biko-kampus tydens ʼn betoging doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

leser ·

neem die klomp onrus stokers, vandale, betogers in arres, sluit hulle toe, en moenie toelaat dat hulle , die polisie, oorheers nie
daar gaan weer brande wees, kry hulle ook in die tronke, een of ander tyd sal die betogers sien hulle gaan nie wen nie

IK ·

Om te dink ons het op klapperhaarmatrasse en hoepelbeddens geslaap in apartheid se tyd en net mooi niks daarvan oorgekom. Nee, hulle WÍL AMOK maak, niks anders. Verder sal ek maar ‘n wakker wag voor my mond plaas . . .

ZAR ·

Dis met die lees van hierdie tipe goed wat ek my slegte gedagtes moet stop en onthou dat ek nie so laag moet daal nie.

Deon Meyer ·

Die volgende Bybel vers in Spreuke(17v16) som die huidige studente onluste goed op :

It does a fool no good to spend money on an education, because he has no common sense.

Deon Meyer ·

In Spreuke 17 vers 16 word die stakende studente goed opgesom:

It does a fool no good to spend money on an education, because he has no common sense.

Thys ·

En so brand ons …..Die nuwe SA…wat n tragiese land het dit geword om in te woon !!!!

Foxi ·

Hierdie studente sal dit nie waag om soiets in Botswana aan te vang nie! So gemaklik hou SA se studente die hef in die hand. Doen en maak net wat hulle wil. Te veel regte het hulle gekry. Wie hou die sweep in die hand……die ANC of die JEUG?

Lost Generation ·

Die regering doen niks, want hulle is bang die studente stem dan nie vir hulle nie. Brand jou bed uit, die belastingbetalers sal n nuwe een koop! Net n kwessie van tyd, dan brand hulle n universiteit af en eis n nuwe een.

Gert ·

Dis nou sosialisme in werking. In ‘n vryemarkstelsel betaal jy self (of jou ouers), dan waardeer jy die geleentheid, werk hard vir jou graad, en is gelukkig terwyl jy studeer. In sosialisme betaal die belastingbetaler, so dan is jy altyd kwaad dat jy nie nog meer kry nie, jy het geen motivering om te studeer nie want dis nie jou geld wat gemors gaan word nie, en jy suip, kuier en betoog eerder.
In hierdie wonderlike land is sosialisme deel van al drie grootste partye se beleid, dus 90% van die kiesers ondersteun dit.
Hello Zimbabwe 2!

Fanie ·

Ek kan nie veestasn nie. Is die mense daar om te leer, if om net af te breek en te verwoes? Vernietig is al wat hulle kan doen
Want studeer en dinge opbou, kan hulle nie. In my opinie moet elke betoger sumier permanent geskors word.

Koos ·

Mens moet sommer nou hulle studie geld vat om alles te herstel wat hulle so verniel. Hulle verdien nie om te studeer nie. Laat jong mense wat wil studeer en dit sal waardeer eerder toe om te studeer

HPV ·

So gaan dit maar as afbrekers losloop, dink jou in hoe die land daar sal uitsien as die 6% eff regeer.

Gert ·

In opsigte regeer hulle reeds: In die koalisies met die DA slaan hulle die kitaar, in die parlement het hulle die gronddiefstal deurgedruk gekry, elders lei hulle al die optogte en betogings, by die howe forseer hulle die uitsprake om teen lede van die minderheid te wees, ens.

wielie ·

Laat jou kind gaan leer vir n beter toekoms???? In die omstandighede ?? Ons betaal vir studies en hulle brand af ….. Nou hoe nou ?

GM ·

Dis van te veel praat-praat-praat en te min klap-klap-klap, dat dinge so handuit ruk.

fred ·

daar is net twee opsies:1) gee alle matrikulante n PHD van hulle keuse…hulle kan maar vir die regering gaan werk of 2) stuur wat wil studeer na oorsese universiteite ,gratis betaal deur die staat.en sluit alle lokale universiteite….ons sal ons nog baie geld en wanorde bespaar.

Schalla ·

Ai ek kan net my kop skud…. Is daar nog enige hoop vir die toekoms? Dit raak net by die dag meer belaglik.

Stamp kop oor internettoegang vir studente…. In my dae by Technikon Pretoria (en toe het die internet net begin) het ons al internet toegang gekry (teen ‘n prys natuurlik want raai wat dit kos geld) by die BIBLIOTEEK. Tensy dinge by Durban se Technikon verander het of nooit so was nie is ek seker studente word toegang gegun vir studie doeleindes (en seker boonop verniet).

Maar nee dis seker nie genoeg nie want wie wil nou biblioteek toe moet gaan om Netflix en Showmax te stream…. Jy soek dit mos in jou koshuiskamer want dis waar jy jou stories verniet wil kyk

Chris ·

Vandat politiek oorgeneem het in universiteite het die klem van studeer om kennis op te bou en suksesvol in jou lewe te wees, verskuif na protesteer, plunder en breek af soveel jy kan sodat jou kriminele CV goed lyk en die deur vir jou oop is eendag parlement toe. Baie jammer vir die studente wat ernstig is oor hul studies, hul word die voorreg om in ‘n vreedsame omgewing te stuseer misgun deur ‘n spul hooligans.

Jane ·

WAAR IS DIE LIBERALE NOU?/ SLOET??? CROUKAMP??? DE VOS??? VERWOERD??? WAT SE JULLE VAN DIE BRANDSTIGTING EN VERNIETIGING??? Weer die wittes se skuld?

Dries Moolman ·

Eens op ‘n tyd was studente net dit, studente. Nou is dit EFF-studente, BLF-studente, ANC-studente… Met ander woorde dit gaan nie meer oor onderrig in ‘n beroepsrigting nie, dit is maar net die eerste stepping stone vir jou politieke loopbaan. Die parlement gaan vol raak… en ek wonder wie gaan die regte werk doen?

Antjie ·

Ek wonder nou….Hierdie betogende studente…Is dit nou die leiers van more.?…Indien wel sien ek swarigheid vir ons land….is anyway in sy maai…

GM ·

Schalla, ons het weer by Universiteit Stellenbosch “gratis” (want jy betaal tog daarvoor deur studiegelde) internettoegang gehad in die biblioteek, sowel as by die rekenaarsentrums. Elke hoofprogram het hul eie rekenaarsentrum gehad (bv. Natuurwetenskappe, Ingenieurswese, BA). As jy internettoegang in jou kamer wou hê, dan moes jy ekstra betaal het.
Met al die voorregte van internettoegang hê, was dit dikwels vir my lekkerder om deur die biblioteek se boeke te blaai en eerder so take te voltooi.

Die jongetjies wat so afbrand, weet nie watse voorreg dit is om verder te kan gaan leer nie. Dit verg bloedsweet en talle opofferings om daai papiertjies op die ou einde vas te kan hou, en hulle soek dit verniet. Hoeveel mense moes maar net aanvaar as hul nie kon gaan verder leer het nie, hulle het nie die plekke gaan afbrand nie.

Nick ·

Wat se soort mense is dit?Gelukkig is ek nie so groot gemaak nie.

Onnodig ·

Hoekom word hulle studente genoem? Studente studeer. Hulle is die toekoms van enige land. Hierdie moeilikheidmakers en onopgevoede wesens kan mos nie dieselfde genoem word as ware studente wat regtig hulself wil verbeter en n goeie toekoms bou nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.