Betogende TUT-studente brand motors

Foto: @SITHOLEEXPRESS op Twitter.

Foto: @SITHOLEEXPRESS op Twitter.

Betogende studente van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) het minstens 18 van die universiteit se motors aan die brand gesteek, het die polisie Saterdag gesê.

“Sake van kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweld is aanhangig gemaak,” het lt.kol. Khensani Magoai, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die motors is Vrydagaand by TUT se Soshanguve-kampus aan die brand gesteek. TUT-studente betoog al vir amper twee weke.

Magoai het gesê niemand is tydens Vrydagaand se voorval beseer nie en dat niemand nog in hegtenis geneem is in verband met die voorval nie. Sy het gesê die polisie monitor die situasie.

Talle van TUT se kampusse is reeds verskeie kere gesluit weens die gewelddadige betogings. Die universiteit se studenteraad is ook vroeër geskors maar die skorsing is later ná gesprekke met bestuur opgehef.

Daar is op 17 September ooreengekom dat die betogings beëindig sal word en dat klasse sal hervat. Die studente betoog glo oor ʼn gebrek aan fondse in die nasionale studentehulpskema NSFAS.

Willa de Ruyter, woordvoerder van die universiteit, was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie en het gesê daar sal later ʼn verklaring uitgereik word. Die studenteraad was ook nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

Lees ook:
TUT-studenteraad se skorsing opgehef
TUT se Pretoria-kampus weer gesluit weens betogings
TUT-studente gaan nié terugkeer klas toe nie
VUT se klasse óók opgeskort
TUT skors studenteraad
TUT-klasse hervat eers Woensdag
Dringende optrede sodat klasse by TUT kan hervat
TUT-betoging: “Rassistiese dosente moet afgedank word”
Klasse verder opgeskort by TUT weens betogings
Foto’s: Klasse by TUT opgeskort weens betogings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Fanie Oosthuysen ·

Regte klomp barbare. Waarom moet die klomp betogers altyd eiendom beskadig.Bring weer hardepad en ryswater terug!

SNEL ·

Hulle verdien nie om daar te wees nie. Betogings moet nie geduld word nie, veral nie waar daar geleer word nie; jy hou by die voorwaardes en reëls of jy hou verby. Hulle mors die wat ernstig is oor hul studies se tyd. Jaag hulle weg.

Manna Pieters ·

Dis nou die toekomstige leiers van ons land. Hulle behoort na werks kolonie gestuur te word om te leer werk

Gerhard Bezuidenhout ·

Maroela nuus se vir my waarom julle my kommentaar verwyder het . Is dit omdat ek n feitelike teer plekkie aangehaal het wat julle nie kan weerle nie.

Susan Lombaard ·

Dagsê Gerhard
Ek verwys jou graag na Maroela Media se riglyn vir kommentaar wat bo-aan die kommentaarblok sigbaar is: “Maroela Media hou van ‘n lekker warm debat en wil aan alle kuiermense die geleentheid gee om hul mening te lug. Ons sal egter geen rassisme, seksisme, homofobie, vieslike persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal duld nie. Maroela Media behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder. Moenie die oom of tannie in die familie wees van wie niemand hou nie.”
Ons volstaan met dié riglyn.
Groetnis
Susan Lombaard (Bestuurder: Maroela Media)

Grassie ·

Susan L…. My kommentaar wat jy afgehaal het was bloot ‘n Bybelversie wat ek aangehaal het. Wat was nou so aanstootlik daaromtrent? Ek het bloot Iemand Anders aangehaal – of was dit juis die prebleem?

scalla ·

klomp barbare, bring lyfstraf terug, n sambok sal hul op die regte pad bring, bederwe klomp

Anita ·

Is daar die moontlikheid dat daar vas gestel kan word welke/hoeveel/studente verantwoordelik is vir die beskadiging en dat hulle permanent geskors kan word en verantwoordelik gehou kan word vir die skade, al moet hulle vir die res van hulle lewe af betaal, maar die feit dat studente net mag voort gaan met studies en geen verantwoordelikheid aanvaar vir hulle vernietiging van eiendom moet stop want ons assuransie gaan omhoog en word ons gestraf vir hulle dade, deur meer assuransie e betaal..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.