‘Betoger’ doodgeskiet: Man vir eers vry

Ondersteuners buite die hof tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: ANA.

Die saak teen Jaco du Plooy van Lichtenburg, wat van moord en poging tot moord aangekla is, is voorlopig teruggetrek.

Du Plooy (46) is in hegtenis geneem nadat ʼn 15-jarige seun tydens ʼn gewelddadige betoging doodgeskiet is.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het bevestig die saak is Woensdag voorlopig teruggetrek toe Du Plooy in die Lichtenburg-landdroshof verskyn het. “Dit is gedoen sodat daar verdere ondersoeke gedoen kan word.”

Dit beteken Du Plooy is voorlopig vry, maar kan wel later weer aangekla word indien die opvolgondersoeke meer bewyse oplewer.

Maroela Media het vroeër berig Du Plooy, wat werksaam is in die boubedryf, staan tereg op ʼn aanklag van moord en twee aanklagte van poging tot moord. Du Plooy word daarvan beskuldig dat hy 10 Oktober vir Spencer Tshukudu van Blydeville, vermoedelik ʼn betoger, op die Boikhutso/Lichtenburg-pad doodgeskiet het. Twee jong mense, onderskeidelik 17 en 20 jaar oud, is tydens die skietvoorval gewond.

Du Plooy voer aan hy het glo skote afgevuur om homself te verdedig nadat betogers hom en sy werkers die oggend in sy voertuig met klippe bestook het.

Spencer Tshukudu se ma, Dorah Tshukudu (tweede van links), saam met familielede in die hof tydens Jaco du Plooy se aansoek om borgtog (12 Oktober 2017) Foto: ANA

Die staat het voorheen aangevoer hy is nie aangeval nie en het losgebrand op die tiener en sy vriende terwyl hulle verkeer herlei het om die betoging wat 700 m verder in die pad plaasgevind het te vermy.

Die skietvoorval het gevolg nadat ʼn groep inwoners van Blydeville vroeër die oggend die dorp se strate ingevaar, verskeie paaie met voorwerpe versper en ook ʼn vragmotor geplunder en aan die brand gesteek het.

Die inwoners het betoog oor ʼn gebrek aan dienslewering en bewerings van korrupsie in die munisipaliteit. Hulle het onder meer aangedring op bekostigbare behuising, ʼn kliniek wat 24 uur per dag oop is en ʼn skool.

Tshukudu is tussen die oë geskiet en is op die toneel dood. Du Plooy is in Oktober op borgtog van R20 000 vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Moeg ·

Mense is moeg vir “betogers” se vandalisme, diefstal en aggressive gedrag! Wanneer gaan dit stop? Wanneer daar niks oor is nie??

Chopper ·

So hulle het net daar gestaan en die verkeer probeer help en herlei toe die ou op hulle begin losbrand en die een doodskiet? Nou het van die werkers op sy bakkie seker Jaco se storie bevestig dus word dit nou verder ondersoek! :-)

kola ·

waar was die verkeersdepartement met hulle luukse gesubsideerde motors, dan n KIND hulle werk moes doen, maar buiten dit daar was baie volwasse mans en vroue hoekom het hulle toegelaat dat n kind so groot verantwoordelik by homself hanteer het. Dis n skande op die mense wat meelopers was en die behoefte oorgelaat het van n kind wat by die skool moes wees, om die skuld op die een witman te plaas is duidelike diskriminasie gepaard met rassisme. Suid Afrika word wakker uit hierdie nagmerrie wat almal raak

Koos ·

As ek hier skryf wat hy gesoek het sal dit nie deurgaan nie.

Anoniem ·

Kan ‘n ingeligte persoon asb vir my die wetlike implikasies verduidelik as jy iemand uit selfverdediging (dood)skiet met ‘n wapen wat vir sport skiet geregistreer is?

ES ·

Anoniem, die wet is duidelik, jy mag glad nie ‘n wapen wat gerigestreer is vir sportskiet gebruik om jouself mee te beskerm nie. So saak sal in die hof op meriete hanteer word, maar jou kanse is skraal om lig daarvan af te kom.

Cherokee ·

Anon, vreemde vraag wat jy vra, al wat vreemder is, is die antwoord van ES. Daar is hoegenaamd geen kans op aarde dat hy reg kan wees nie want as mens self of naasbestaandes moet verdedig gaan jy ‘n hamer, ‘n klip, koevoet of vuurwapen gebruik en as ‘n vuurwapen binne bereik is, gaan daar nie eens gekyk word waarvoor dit gelisensieer is nie. ES se antwoord dui daarop dat iemand wat self moet verdedig en nie ‘n eie vuurwapen het maar iemand anders s’n lê binne bereik, twee maal moet dink om dit te gebruik. Toe nou ES, realisme speel ook ‘n rol.

Koos ·

Daar is geen implikasies nie tensy jy hom vir die sport(s) geskiet het.

Cherokee ·

Jy bedoel seker ‘solank jy hom vir die sports geskiet het’.

Leon ·

Dit lyk vir my of ES nie sy wet ken nie, wat my verstand te bowe gaan is hoe kan so iemand nog deel neem aan n gesprek en sy opinie lewer as hy nie n vaagstebenul het waarvan hy praat ni. Sport skut wapen of ni. As jou lewe in gevaar is mag jy jouself verdedig

Haan ·

Leon is reg. En indien dit buite jou huis gebeur moet jy net kan verduidelik dat jy oppad skietbaan toe was.

Cherokee ·

Eddie, daardie blad is blykbaar geslote en slegs vir intekenaars, want afgesien van twee fotos met ‘n hooftitel en onderskrywing, is daar niks te lese.

Jay ·

Cherokee ek dink jy moet maar vir jou ‘n beter foon kry pêl daar is ‘n twaalf bladsy dokument wat enige iemand toegang tot het op daardie webtuiste. Dit beantwoord ook duidelik die bogenoemde vraag.

Ben ·

Anoniem, enige wettige vuurwapen mag vir enige wettige doel gebruik word. Die registrasie klas maak nie saak nie. Selfverdediging is ‘n wettige gebruik.

plore ·

dis presiess waar jy foutteer ben. die anc stel dit heel uitdruklik. as die vuurwapen vir sport doeleindes geregistreee was mag dit absoluut net vir daardie doel aangewend word.

Jacques ·

100% reg. Jy kan enige wettige vuurwapen vir self versediging gebruik en selfs dra vir die doel van self verdediging soos voorgeskryf (bedek).
Die kwessie is aangespreek en duidelikheid oor die wet hieroor ook op Gun Owners SA se blad beskikbaar. Besoek hulle gerus en ondersteun hulle ook met hul hofsaak nou oor die vervalde lisensies…

Cherokee ·

Te veel s’e en t’s, plore. Jy ‘foutteer’ deur te redeneer dat iemand wat hom of haarself teen moordenaars beskerm met ‘n skyfskietpistool, sal aangekla word deur ‘n regter wat so een verhoor. So, volgens jòu sal ‘n regter een wat hom of haarself teen moordenaars beskerm, aan moord skuldig bevind omdat die vuurwapen nie vir kroeksskiet geregistreer is? Kom by asseblief!!!

Theo ·

Ek voel dat die stelling reg in die begin van die artikel verwarrend en misleidend en heel moontlik onvaar is:

“dit is gedoen [saak teruggetrek] sodat daar verdere ondersoeke gedoen kan word”
….. en eerder moet lees: ……
“dit is gedoen [saak teruggetrek] omdat daar nie tans voldoende bewyse is nie en as die staat die saak weer op die rol wil sit sal daar verdere ondersoeke gedoen moet word om hopelik die nodige bewyse te bekom.”

Koos ·

Is maar ‘n Maroela-oorsig. Daar bestaan in elk geval nie ‘n ding soos “voorlopig terugtrek” nie. Dis óf teruggetrek óf dis nog hangend. Dis soos om te sê iemand is voorlopig swanger.

Martie ·

Terwyl hulle verkeer weggelei het??? As iemand nie sy lewe verloor het nie, het ek nou hardop gelag. Ons weet mos hoe word mense verskrik en beroof tydens betogings, selfs deur tieners wat veronderstel is om in die skool te wees.

Piet ·

Martie, die media praat van “demonstrating school children” om hierdie uiters geweldadige gedrag te versag en die wat daarteen optree te veroordeel.

Werner ·

Vra die polisie of hulle selektief was met die aanklag of het hulle alles opgeneem as bewyse.

Andre ·

Terroriste en saboteurs (sg kindersoldate) jonger as 10 jaar het wêrelwyd reeds miljoene mense doodgeskiet of op ander wreedaardige maniere vermoor.

Selfs halssnoermoorde gepleeg!

Immoraliteit en boosheid is nie aan sekere ouderdomme gekoppel nie.

LHS ·

Presies wat hierdie boewe doen, plaas kinders voor om te maak asof, maar doel is om agtertoe te laat weet as polisie of weermag oppad is. Kinders word ook dan heeltyd voor geplaas om klippe te gooi want hulle weet goed polisie gaan nie op kinders skiet nie. Verkeer herlei is twak, hulle was daar met n opdrag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.