Betoger doodgeskiet tydens  gewelddadige protesaksie

Argieffoto: SAPD

Die KwaZulu-Natalse polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn betoger tydens ʼn gewelddadige protesaksie in Colenso deur polisiebeamptes doodgeskiet is.

Volgens kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het die voorval laat Sondagaand plaasgevind toe inwoners die R74 tussen Colenso en Weenen met klippe versper het.

Mbele sê die betoging was as gevolg van ontevredenheid oor dienslewering.

“Polisiebeamptes het gepoog om die pad weer oop te stel, maar daar is op hulle geskiet, hulle is met klippe bestook en polisievoertuie is ook beskadig,” het Mbele gesê.

Mbele het gesê terwyl die beamptes besig was by die een toneel het ʼn ander groep betogers ʼn veiligheidswag wat ʼn slootgrawer-laaigraaftrekker (TLB) op die R103 pad opgepas het, gedreig en die voertuig aan die brand gesteek.

“Die groep het verder ʼn vragmotor gekaap en die inhoud daarvan geplunder terwyl hulle die vragmotor gebruik het om die pad te versper. Toe beamptes op dié gebeure reageer is daar op hulle losgebrand en was hulle genoodsaak om terug te skiet.”

Mbele het gesê een betoger is op die toneel vir ʼn skietwond behandel, maar het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Behalwe vir die geregtelike doodsondersoek, ondersoek die polisie ook sake van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rupert Ashford ·

Dis Afrika. Om enigsens weer wet en orde te herstel in die lans, sal die magte ‘n blaadjie uit hulle bure se boek moet neem oor wetstoepassing…wat sal beteken nog verskeie “betogers” sal so aan hulle einde kom voordat die mense respek sal begin toon.

Adri ·

Net monitor werk nie meer nie. As selfverdediging dan die enigste rede tot aggressiewe optrede is, doen dit dan sonder huiwering.

HPV ·

As jy betoog is jy ‘n betoger, maar plunder en brandstigting maak jou ‘n misdadiger!!! Die enigste mense wat dit blybaar nie verstaan nie is die anc, lees die regerende regime. Hoe moeilik kan dit wees om te verstaan?

Verkeerd gestem ·

Hulle bly stem vir die verkeerde lot en dan kla hulle oor dieselfde lot waarvoor hulle gestem het.
Kry vir julle!
Wil nie hoor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.