Betoger gooi steen deur voorruit, tref vrou

Die steen wat Johan Bower se voertuig getref het. Foto: Verskaf

ʼn Egpaar van Kaapstad verwerk nog die trauma nadat ʼn vermeende grondbesetter hul bewegende voertuig Sondagaand met ʼn baksteen gegooi het.

Johan Bower (57) en sy vrou Marcille (53), inwoners van Durbanville, was Sondag omstreeks 18:15 op pad in Malibongwe-rylaan toe die voorval sowat 400 m van die N7- en Dunoon-wisselaar plaasgevind het.

“Ek het voor in die pad blou ligte van ʼn verkeerspolisievoertuig gesien, toe ek skielik uit die hoek van my oog ʼn groep mense in die oop stuk veld opmerk. Kort daarna het ek gesien een van die mans slinger iets na my voertuig, waarna ons ʼn helse slag gehoor het,” het Bower Dinsdag aan Maroela Media gesê.

Bower het gesê die helfte van ʼn baksteen het sy voertuig getref en is reg deur die voorruit. Die steen het sy vrou op haar bors getref.

“Sy het eers gedink die steen het haar kop getref, maar dit was seker die glasstukke. Ek het net besluit om nie stil te hou nie en aan te hou ry na die verkeerspolisie toe. Toe ons daar stilhou het die beampte hulp ontbied. Terselfdertyd het nog motoriste daar stilgehou wie se voertuie deur die grondbesetters met klippe bestook is. Gelukkig het niemand ernstig seergekry waarvan ons weet nie.”

Bower het gesê hulle is direk van daar na die Durbanville-polisie waar die voorval aangemeld is. Marcille het nie dadelik mediese behandeling nodig gehad nie. Bower oorweeg dit egter om haar na ʼn dokter te neem aangesien sy nou pyn in haar bors ervaar.

“Dit was lewensgevaarlik. As daardie steen die voorruit hoër getref het, sou dit my vrou in die gesig getref het. Sy kon dood gewees het,” het hy gesê.

Volgens Bower was die groep mense vermoedelik grondbesetters wat in die omgewing betoog het. Die N7 tussen Plattekloof- en Potsdamweg moes Sondagaand weens betogings gesluit word. Die betogers het die pad met klippe en buitebande wat aan die brand gesteek is versper.

Die polisie ondersoek ʼn saak van opsetlike saakbeskadiging. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ja wohl ·

Niemand sal ook in hegtenis geneem word nie, want die man was net besig om ANGRY te wees oor hy nie grond het nie. Dan mag jy mos ander onskuldige mense se karre met klippe gooi en hulle lewe ondraaglik maak . GEEN probleem GEEN arrestasies ..

snoefie ·

wel as hy grond koop soos elke blanke wat wel grond het, hoef hy niw kwaad te wees nie.

cb ·

Wat jy waarkry, ons is moes die verdagtes… Sterkte aan die familie

Michael ·

Ek hoop CR kan nou sien wat se nonsens hy aan gejaag het met sy simpel planne oor grond net toe hy president geword het toe begin al die probleme. Hoop hy is happy nou want hy se net mooi niks.

Bik, ·

CR het dit van Zupie geërwe.
Het die beste van die slegte saak ge maak!!!

LK ·

Ons is mos paddas in n pot volgens CR, CR is nog al die jare n groot aanhanger van grondgrype.

Louw ·

Hier in Gansbaai se wêreld is die paaie gereeld inbegaanbaar a.g.v. van klipgooiery en geweldadige protes. Ons het ‘n facebook blad waar ons mekaar op hoogte hou en waarsku watter roetes om te vermy, van hier deur Hermanud tot in Grabouw. Soms is die agterpaaie ook maar onbegaanbaar want dis grondpaaie.

Katerina ·

Louw – Ook hier waar ons woon,op Fairview myn buite Barberton in Mpumalanga. Totale chaos baie dae.

LB ·

‘n vraag wat elke keer by my opkom, indien ek sou ry en iemand gooi ‘n klip of ‘n baksteen deur my ruit en ek skiet op die persone wat my/ons as onskuldige padverbruikers aanval. Sal ek vervolg word as ek iemand raakskiet of selfs doodskiet? Dit is mos selfverdediging. Hoekom aanvaar almal dat ‘n sekere klomp mense wat kwaad is vir die mense vir wie hulle aangestel het om oor hulle te regeer, mag ons lewens in gevaar stel en niemand tree op en reageer nie? Is daar fout met my denke of het ‘n kundige raad?

Anoniem ·

Dit is betoging op betoging. Moord op moord. Brandstigting en plundering en dan nog Malema wat heeltyd dreig om die witman te vermoor. Hierdie land is in sy m##r en al wat wit is sit en baklei onder mekaar. Vuurwapen lisensies word geweier en so sit ons as witman in ons lekker gemakstoele en se net ja en amen
Ons gaan uitgemoor word sonder dat daar n vinger gelig word want het iemand al opgetree teen Malema. Nee hulle vang 7 of 9 betogers en die ander duisend sit en lag. VF en Afriforum maak beloftes en dit is al. Hierdie ou en daardie ou gaan oorsee en vertel van die witman se lot en dit is waar dit bly. Witman staan op want jou hulp is by jouself en by jou geloof in jou God. Die God wat jy kom deel het met die wat hul voorvader geeste aanroep. Buig jou knieg en verneder jouself en bid vir vergifnis en dan sal jou God wat vuur uit die hemel gestuur het om te wys wie is die ware God jou ook lei en help en jou begenadig wees. Ons kan net deur saam te staan en in geloof uit hierdie gemors kom maar ek is bevrees dat as ons nie terug gaan na Jesus in die ark nie dan gaan ons dae getel wees.

ASKIES? ·

Dit was nou ‘n weird post. Dink jy mense bid nie? Dink jy mense vra nie om vergifnis nie of is daar nog iets wat jy in ANDER mense sien waarvoor ONS moet om vergifnis smeek? Kyk maar na die res van AFRIKA, dink jy nie die mense daar BID nie?? Sommige mense is DIREK NA KERK in hulle huise vermoor . so se jy omdat hulle nie GEBID het en nie VERGIFNIS gevra het 10 minute gelede in die kerk nie is hulle vermoor? Julle leke predikers moet darem MOOI dink voordat julle sulke goed kwytraak. Daar is al mense BINNE IN KERKE doodgeskiet …. Daar is mense in ‘n biddende posisie by hulle beddens tereg gestel .. Waarvan presies praat jy??

Tony ·

Maroela ek het nou net die berig van Timeslive gekry dat ons huise en besighede gevat gaan word. “We don’t just want land, we want property too”
Kan julle asseblief vir ons ondersoek instel.

Bees ·

@Tony, Timelive is baie bekend vir false news, ek glo nie n woord wat hul opsit as “nuus” nie.

Delani ·

Ek stem 100% Saam met Danien!!!!! Stel God eerste, en staan Saam!!!! Wit Moet leer on Saam te staan!!!! Hou op ja broers wees! Hou op jaloers wees op mekaar en vat hande en staan Saam!!!!!! Niks Gaan verander totdat iemand n skuif maak nie

May ·

Wens ons kan saamstaan! Voel soms burgeroorlog is NOU nodig sodat iets net kan verander. So ja, Delani, ons moet leer om saam te staan, daar kort net ‘n sterk leier, let wel, 1, nie honderde wat almal hul eie stem wil hoor nie.

Raymond ·

Verloor beheer oor jou voertuig en vat koers na een wat gegooi het. Dit is agv die slag

Driekie ·

@Raymond …en die risiko loop dat nog voordat jy die gooier tref daar moontlik nog n paar klippe jou en/of jou vrou kan tref.?…….ek dink nie so nie……. Hou maar eerder beheer en kom so vinnig as moontlik weg,…. vir jul eie veiligheid.

Driekie ·

Niemand gee om as die klippe ‘ons’ tref nie .. Wag maar tot n baksteen eendag een van die ouens wat in n ‘stoel’ sit se motor en familie tref. …

Driekie ·

@Raymond …en die risiko loop dat nog voordat jy die gooier tref daar moontlik nog n paar klippe jou en/of jou vrou kan tref.?…….ek dink nie so nie……. Hou maar eerder beheer en kom so vinnig as moontlik weg,…. vir jul eie veiligheid.

Antiestabliesment ·

Ai tog, dit ook nog! En die versekering gaan waarskynilik nie uitbetaal nie want dit is deel van onluste/betogings. Gaan lees die fynskrif. Ek is net bly jou vrou het nie ernstiger seer gekry nie.

Mense, paraatheid gaan jou lewe red. Nie dat hier enige ander uitkoms was nie maar andersins. Op die hoofweg wissel ek bane sodra ek onder n brug deur ry – die klip gooiers staan aan die anderkant van die brug en laat val die klip in die baan wat jy aankom.

johan smith ·

Ons word elke tweede dag deur die mense geterroriseer langs die R59 in Gauteng. Elke tweede dag word die snelweg toegemaak omdat ‘n handjievol besluit om die pad tot stilstand te bring vir geen rede nie. Die polisie lyk my se hande en wapens is afgekap. Wat so ironies is dat meeste van hulle is ook buitelanders wat demand. Hulle gooi klippe van die brug af op motors wat op die snelweg ry, nou word onskuldige mense betrek by hulle wat die regering ingestem het of ingebring is oor die grense om die ANC te ondersteun. Wanneer sal hulle besef die regering wat hulle so aankleef wat vir hulle kospakkie en t-shirt gee kom die 2019 verkiesing stel nie belang om hulle lewens te verander nie. Ongelukkig het die regering nie die guts om dit aan te spreek nie want dit gaan nie oor CR wat die president is nie dit gaan oor die ANC wat aan bewind wil bly te alle koste om die meerderheid te beheer tot hulle voordeel en die meerderheid se agteruitgang.

Theresa ·

Waar hierdie tipe walglike gedrag moontlik kan plaasvind, moet ‘n taakmag met als wat hul beskerm, ontplooi wees. As iemand soveel waag as om ‘n klip op te tel en mense of hul eiendom te gooi, moet hul ingejaag word en summier toegesluit word.
Skade aan mense; skade aan hul duurgekoopte eiendom is ”n skreiende skande wat toegelaat word. SKANDE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.