Betogers ‘beset’ Kaapse strand

Betogers op Muizenberg-strand. (Foto: Twitter)

Betogers het Saterdag op Muizenberg se strand toegesak in verset teen die verbod op strande in Covid-19-brandpunte. Verskeie strande in die Wes-Kaap is sedert Desember gesluit as deel van afsonderingsregulasies om die Covid-19-pandemie te stuit.

Video’s en foto’s wat op sosiale media gedeel is, wys hoe lede van die publiek rustig op Muizenberg se strand rondstaan of -sit. Verskeie mense het ook in die golwe baljaar. Die polisie het Saterdagoggend tevergeefs probeer om mense van die strand te verjaag en het later maar bloot toegekyk vanaf hul polisiemotors wat net duskant die strand geparkeer was.

Die Stad Kaapstad het Vrydag in ʼn verklaring gesê hy neem kennis van die beplande betoging teen die sluit van strande. “Hoewel die stad die oopmaak van strande ondersteun, word ons steeds wetlik verplig om die regulasies van afsonderingsvlak 3 toe te pas,” het Wayne Dyason, woordvoerder vir wetstoepassing in Kaapstad, gesê.

Raadsheer Dan Plato, uitvoerende burgemeester van Kaapstad, het reeds aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf en gevra dat die verbod op strande gelig word.

Dyason sê enkele lewensredders is steeds op strande ontplooi. Dié lewensredders is veronderstel om strande te patrolleer en oortreders van die verbod tereg te wys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

93 Kommentare

Friedrich ·

Dis reg. Cyril moet in sy glory vlieg. STOP Die ANC. STOP INENTINGS!!

MakersMark ·

Regtig, so wys hoe braaf jy is en gaan werk sonder PPE en inenting in ‘n CV19 ICU.

Werner ·

Het julle al gesien hoe skadelik die inentings is.Die goed is nie behoorlik getoets nie.Hoekom wen Indie die virus.Want hulle het van die begin af hulle mense ivermectin gegee.So ja ek sal nie die entstof vat nie

Gawie ·

Werner, vir jou inligting – die entstof is al vir die afgelope dekade getoets, en is net aangepas vir die nuwe weergawe van die virus.

Werner ·

Ou Gawie vir jou inligtig die goed werk net 66% baie mense wat dit ingekry het het daarvan gesterf.Jy kan myne ook maar kry

Retha ·

Daar is ook gesê dat net een inenting jou nie vrywaar van die duiwelsdrek nie, jy moet ook tweede en derde inenting kry, wat jou baie geld gaan kos en die regering nog meer geld besorg en selfs dan is daar nie waarborg nie. Sover het die Vader my en my man bewaar van die virus en ons gebruik Ivermectine.

Werner ·

Ou Schalk as jy dink n ou masker kan so n hoogs aansteek like virus keer het jy n beter kans as jy n gelukkige klippie in jou sak dra.

Andries ·

Dit is omdat die regering almal en alles wil beheer en die mense is besig om gatvol te raak daarvoor. Dieselfde het in Italje gebeur toe 50 000 restuarante gelyktydig oopgemaak het..

MakersMark ·

Wag tot jy met ‘n pyp in jou keel af lê vir 21 dae op ‘n masjien wat jou laat asemhaal dan sien jy wat gatvol beteken.

Karel Kobus Kruger ·

Wag tot jou besigheid toegemaak het, dan sal jy sien wat is gatvol.

Vlooitjie ·

En party ander met ordentlike werk het geen sê of beheer gehad toe afdankings gebeur agv onlogiese manier waarop lockdown op ons afgeforseer is nie. Ek het baie simpatie met mense wat baie siek geword het en selfs doodgrgaan het maar sekere van die regulasies is absurd.

Alleen Wolf ·

Seler ‘n staats amptenaar wat by die huis le en steedd betasl word.

Sarel ·

Cele hou mos daarvan om.op fie Strandbte loop. Waar is hy nou of is die mense te verl vir hom.
Hieverl beter kan die Polisie se hulpbronne en mannekrag azngewend worf

Johan ·

Ag gaan vlieg Schalk…dink net bietjie man, is n diktator skap regtig besig om te help of verhonger hulle net allmal.

MakersMark ·

Vlieg jy weet waarheen. Hou op om vals ideolgieë hier te verkoop van agter jou sleutelbordjie. Dis nie diktatorskap nie of het jy vergeet dis ‘n noodtoestand ? Toe die inperkings op vlak 1 was laas jaar wat het gebeur? Twee maande later die ergste vlaag en duisende dood en hospitale oorstroom van desperate siekes. Of mis jy dit of kies jy om dit te ignoreer?

Juffrou ·

Goed só! Anc moet val! Pure twak. Maak die strande oop. Lig hierdie kastige vlak 3!

Sobymykoolkop ·

Die dag kom nader dat hierdie kommunistiese anc en sy bevelsraad tot verantwoording geroep gaan word op ñ manier wat hulle ondersteuners aan gewoond is. Dan gaan geen verskoning help nie

Anel ·

Hulle moes dit lankal gedoen het. Ons word nou al vir hoe lank soos kinders behandel en dit dien geen doel nie. As al hul inperkings en toesluitings gewerk het, hoekom word mensebdan nou kwansuis siek en gaan dood van die virus? Want nuemand gaan meer dood van iets anders nie. Niemand vertrou of glo meer iets wat die regering sê nie.

MakersMark ·

So die daaglikse infeksies het afgeneem van 18000 ‘n dag na 6000 ‘n dag binne ‘n maand. So as die inperkings volgens jou geen doel dien nie, wat het dit veroorsaak ? Lande wat traag was met inperkings het hoë infeksie en sterfte getalle. Of werk die wiskunde nie so lekker nie ?

MakersMark ·

Ek dink dat aanmerkings soos hier is verspreiding van vals informasie en aanhitsing. Ek dink mense wat so kamstig “dink” sing ‘n ander deuntjie as hul agter hul sleutelborde uitkom. Of dat die intellektuele vermoë ontbreek om die bestuur van ‘n global virale pandemie te begryp.

Werner ·

Die feit dat die mense ivermectin genruik in hulle duisende dat die getalle af kom.Hoekom dink jy wen Indie wat een van die grootste populasie tellings in die wereld het die virus.Hulle het hul mense van die begin af ivermectin gegee.As jy in enige van die groot swart woongebiede loop sal jy nie se daar is iets soos n lock down nie.So kom die virus nou net op strande voor

Karel Kobus Kruger ·

Dalk het die 2de golf homself op n natuurlike wyse uitgewoed? Selfs sonder enige inmenging sal n infeksie kom en gaan.

Snowball ·

Absoluut! Stop die lockdown en inentings! Almal wat gekant is daarteen gaan ‘volunteer ‘ ook asb in hospitale en klinieke – diésulkes is mos bestand teen Covid en hoef nie te vrees dat hulle of hulle geliefdes dit sal kry nie en daar is mediese personeel wat fisies en geestelik uitgemergel is en sal waardeer as die ouens wat nie inentings nodig het nie, kan oorvat.
Vertel ook vir almal wat hulle geliefdes verloor het agv Covid dat alles eintlik net leuens en sameswerings is, dis eintlik net ‘n bietjie griep….

Jedi Knight ·

Dis darem meer as net n bietjie griep. Covid is soos n kwaai griep.

Karel Lourens ·

Wonderlik…tyd dat SA se burgers se genoeg is genoeg . Los ons…ons wil lewe .

Johan ·

Dink man…dink..die diktatorskap help ons niks…dit vernietig alles.

MakersMark ·

En as infeksies aanhou teen 20000 per dag ? Of is dit te vêr vir jou om te dink?

Werner ·

Weet jy dat driekwart van kulle toetse foutief is of vreet jy ook als vir soetkoek op

MakersMark ·

Meer as 40 000 dood is ‘n feit. Maar nou ja daar is nie ‘n pil vir onnoselheid nie.

Retha ·

Hoeveel het die afgelope jaar gesterf aan beroerte, Hartaanvalle, HIV en selfs selfdood, die laaste juis omdat mense nie meer die sluit van hul besighede kon hanteer nie en bankrotskap op hul voorstoep parkeer het?

Retha ·

Ons almal moet een of ander tyd sterwe, maar ek wag op die Here en nie op die agbare regering om my stres vlakke op te jaag met onsinnige selfgemaakte wette nie. Die inperking is oorsaak van meer siektes as net covid. Selfs die ondergang van besighede

Pieter ·

Ons moes lankal al standpunt in geneem het. Die ANC maak reels wat glad nie sin maak nie.

Jedi Knight ·

Faaaaaantasties! Niks mooier as n bietjie burgerlike ongehoorsaamheid nie. Wys jou net hoe vinnig en maklik kan n regering en sy polisie/weermag beheer verloor. n Koning sonder sy army is net n mannetjie met n snaakse hoed. Jammer ek bly nie naby n strand nie. Ek sou beslis gaan deelneem.

Michael ·

Hoop meer mense word nou wakker en gaan aan met hul lewe. Covid gaan oor beheer en geensins oor siekte nie sheeple!

Snowball ·

Dié wat in ICU lê sal dalk nie met jou saamstem nie, maar dan weer, hulle snak na asem of lê met ‘n pyp in hulle kele en sal seker nie hulle laaste asem wil mors om jou te probeer oortuig nie.

MakersMark ·

Laat ons weet wanneer jy daar is en of die virus net ‘n mite is.

Karel Kobus Kruger ·

Hulle hoef nie saam te stem nie. Hulle kan maak wat hulle wil.

Johan ·

Wat is ń ‘sheeple’? Wat sê jy,probeer weer,kry ń grootmens om jou te help!

Jaco ·

Ek het die videos en die fotos gesien. Dit was meestal wit mense. Die “leier” van die groep wat grootmond met die polisie geargumenteer het, is ook wit. OPPAS, môre oormôre sê die ANC “alle wit mense is mos maar so” en dan vat hulle alle wit mense vas met veel erger strawwe. Dieselfde geld vir Afriforum wat wil hof toe gaan teen BEE. Die ANC sien dit net as “wit mense wat nie wil saamwerk nie”. Eendag is eendag wat hulle dan ons almal radikaal onderdruk; selfs die wat nie strand toe en hof toe is nie.

MakersMark ·

Stem saam met jou. Swak gedrag. Is sulke optrede agv onnoselheid of arrogansie? Na ‘n jaar van CV19 in die wereld is dit duidelik dat streng inperkings infeksies verminder in alle lande. Lande wat nie stappe geneem het nie sit met honderde duisende dood.

Blikkantien ·

Dit gaan in elk geval gebeur, die skrif is aan die muur.

Cherokee ·

Jaco, ek het ‘n politieke agtergrond en daar is gewoonlik meer respek vir die opposisie as vir draadsitters.

Jaco ·

Dinge werk anders in Afrika. Kyk maar ook verder as Afrika. Het Hitler en Stalin enige respek vir hulle opposisie gehad?

Retha ·

Wel ek het by Muizenberg , heelwat Bruin mense op die foto’s gesien, die wat met plakkate gestaan het was nie wit nie, gaan kyk maar weer na daardie foto

Piet ·

Ek dink dit is uiters skandalig van die Wes Kapenaars om so op te tree. Dink hulle, hulle beter as al die ander inwoners van SA.

Piet ·

Sommiges tree so op, 99% hou by die reels. Ek is die ander Piet en stem saam met jou, Hierdie ongehoorsaamheid mag nie geduld word nie.

Die Wolf ·

Ag Shame. Wat as malemmer en sy broeders so tekere gaan? Is hulle dan gehoorsaam?

Johan ·

Dink Piet dink man…hoe help die diltatorakap teen die virus? Hoe help hongersnood teen die virus? HOE!

MakersMark ·

Jy vertel almal om te dink sê dit eerste vir jouself dit raak nou afgesaag.

Cherokee ·

Piet, koop vir jou ‘n strandhuis, dan sal dit wegdoen met jaloesie.

Cois ·

Nee hulle is nie beter nie. Ek is verheug dat die wittes ook wys hulle het genoeg gehad en kan saam staan, die hel met CELE, sy magsvertoning en vermorsing van mannekrag om 1 wit man te arresteer. Mooi so mense, julle maak ons trots.

Semaanet ·

As ek in die kaap was, het ek saam op daai strand gaan staan! Mooi mense !

Karel Kobus Kruger ·

Party mense is nou maar eenmaal banger vir allerhande dinge in die lewe as ander mense.
Banger vir die virus. Banger om op n motorfiets te ry. Banger om uit n vliegtuig te spring. As die meer banges onder ons vir alles wil wegkruip, goed so. Maar moet tog nie vir een oomblik dink almal gaan dit doen nie. Party mense wil hul lewens leef, ongeag die risiko’s daaraan verbonde.

Jaco ·

Baie mense is ook bang vir konsentrasiekampe en etniese uitwissing. Moenie dink dit kan nie in SA gebeur nie. Onthou Rwanda in 1994: binne net 1 maand het die Hutu meerderheid 1 miljoen van die Tutsi minderheid uitgemoor. En voor jy nou sê “ja maar dis donker Afrika”, onthou ook maar dat die “hoogs beskaafde” Duitsland tussen 1940 en 1945 omtrent 6 miljoen Jode in konsentrasiekampe vermoor het.

Thom ·

Drie van my kinders is dokters en hulle swoeg reeds dag en nag om die dapper , dom en moedswilliges aan die lewe te hou . Nie een van ons is bang nie maar ongelukkig versuur die moedswilliges ons lewens .

Snowball ·

Thom, dis soos om fisika aan graad twee kinders te verduidelik, mens mors eintlik net jou tyd. Nie geweet ons het soveel oningeligste mense nie. Mense begryp eers die omvang van iets as dit jou eie lewe raak. Agter my rekenaar of slimfoon is dit mos maklik om aan te hits en groot bravade te wys.

MakersMark ·

Jou kinders is dokters en jy vertel wat hul beleef nog steeds kry jy negatiewe terugvoer van sekerlik die wat van biologie, mikrobiologie of mediese wetenskappe soveel weet as ‘n hond van godsdiens. Geen kombinasie so gevaarlik as dommes wat dink hul weet beter nie.

Thom ·

My seun is ‘n oor-neus-en keelspesialis ___ hulle blootstelling is blykbaar 80 keer hoër as die van die gemiddelde mens ___ ons leef onder permanente spanning ; sy kindertjies is klein en vrou ( ook ‘n spesialis ) het onderliggende gesondheidsprobleme ___ moedswillige , domastrante mense kan veroorsaak dat ons te enige tyd groot probleme kan kry . Wat verstaan die mense nie en waarom doen hulle dit aan die gesondheidssektor ?

Snowball ·

Thom, want gesonde verstand is nie so algemeen nie. Eie selfsug speel ook ‘n rol. Ek en my lewe, my keuses, my regte en ek sal maak soos ek wil, al beteken dit dood en hartseer in ‘n ander familie.

Jedi Knight ·

As ek so vinnig na die kommentare en duimpies kyk, is dit duidelik die oorgrote meerderheid is ten gunste van die betogers. Jammer aan diegene wat in hul huise wil wegkruip, julle is verreweg in die minderheid.

Snowball ·

Jip Karel ons kruip weg. Ek dra ‘n masker, gebruik sanitizer as ek in ‘n winkel was om te gaan kos koop of apteek toe was. Ek bid vir God se beskerming en verder pas ek en my gesin onsself op. Ek gaan my laat inent (ek is darem braaf genoeg om dit te laat doen) en dan gaan ek vakansie hou in Hermanus (wat ek hierdie jaar nie gedoen het nie, want ek het na die infeksiegetalle gekyk en besluit reis is ‘n risiko) en die eerste kans wat ek kry gaan ek weer oorsee reis, want ek mis dit. Ons almal mis die normale ou dae, maar ons leef nou tydens ‘n pandemie – ‘act accordingly ‘.

MakersMark ·

Snowball lyk of hier baie jaloerses rondhang hul grootste “kick” is om vanaf hul sleutelborde die verbreking van die wet aan te hits gemeet aan die idiotiese aanmerkings was baie van hul nog nooit verder uit SA as die einde van hul straat nie.

MakersMark ·

En gelukkig word karton houers wat kwaad saai gesensor.

Keelvol ·

Baie swak gedrag van die mense. Duidelik neem hulle nie die COVID-19 ernstig op. Môre toets Hulle positief en hulle het hoeveel ander mense geinfek.

Casper ·

Hierdie besetting is nie ekonomies gedrewe nie en ek beskou dit as uitlokking.Dit is waar mense die virus gaan opdoen dan doen die regering te min om die virus te stop.Sluit hulle toe.

Oros Soros ·

Jy kan nie die mense toesluit nie. DIT IS NIE ‘N BYLAE 1 OORTREDING NIE. Gaan leer eers regsbeginsels voordat jy jou mond kom uitspoel oor iets waarvan jy duidelik niks weet nie.

JohanR ·

Die probleem is dat niks aan die mense van SA gese word nie. Alles in December toe en dan niks. Elke Sondag dink Cyril en dan Maandag se hy ‘n paar worde. Hou ons die mense van SA op hoogte met wat aangaan. As jy vir ons se die strande word Woensdag oop ge gooi of Donderdag kan ek ‘n bier drink dan weet ons, maar van Cyril hoor jy niks van enige waarde. Kan ons nie 10000 mense die komende naweek op al die strande in die Wes-Kaap ontplooi nie. Miskien is dit tyd vir ‘n biekie “civil disobedience!”

Jaco ·

Dit gaan NET werk as die oorgrote meerderheid van dié 10000 swart is, lede van ramaphosa se “our people”. Solank net ‘n paar wit mense sulke goed doen, gaan lockdown óf nie verander nie óf nog strenger word en gaan die ANC eenvoudig sê “wit mense is reaksionêr, vol apartheid en teen transformasie”. Onthou wat het die swart taxis in die winter gesê: ons is 100% vol en nie 70% en die vensters is toe”. Die polisie en die weermag het niks gedoen nie.

Alleen Wolf ·

Dis hoog tyd dat daar meer sulke optredes landwyd begin gestalte neem om hierdie belaglike reels te minnag.

MakersMark ·

Hoop die polisie is reg en gee die selfsugtige covidiots ‘n ordentlike afranseling en boete. Soos hul met die armes, oues en swangeres maak wat in die rye staan om “grant” te kry.

Francois Le Cochon ·

As ek al die kommentare lees voorspel ek ‘n 3de en 4de golf vir SA, behalwe as die moedswilliges en ontkenners hul houding vinnig gaan verander sodat ons ook soos Indie almal gehoor gee aan die regulasies en die virus verspreiding hok slaan. Maar ek betwyfel dit, daar is te veel mense wat die virus wil versprei en wil verhoed dat die gehoorsames hul normale lewens so gou doenlik kan hervat

Jedi Knight ·

Ek sien ou Schalk (aka Makers Mark) lewer nogal beledigende kommentaar.
Wenner van die Darwin award
Beledig mense se spelling
Intellektuele vermoëns ontbreek.
Nie pille vir onnoselheid nie.
Domastrantes
Ens.

En dit word alles toegelaat.
Maar ander kommentaar wat niemand so direk beledig nie, word verwyder.
Hoe dan nou?

MakersMark ·

Bietjie verregaande van ‘n persoon wat gister publieke wetteloosheid aangepraat het wil nou huil oor ‘n paar woorde. Lyk of die skoen pas.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dis nou ‘n ander vorm van “sit-staking”!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.