“Vandag begrawe ons dié stelsel wat in Desember stilgebore is, en voor Desember vanjaar sal ons hom veras,” het ʼn lid van Cosatu gesê. ʼn Konvooi van sowat 50 voertuie, insluitend motorfietse en taxi’s, het Saterdag ʼn slakkepasbetoging gehou van Cosatu se hoofkantoor na Sanral se kantore in Pretoria.
“Ons sal e-tol betaal wanneer [president Jacob] Zuma vir Nkandla betaal,” het ʼn motorfietsryer gesê. Die groep het gesing en gedans voor Sanral se kantoor. “Voertsek Sanral voertsek” het van die mense gesing.
John Baun, eienaar van die Bronville-taxivereniging, het van die Vrystaat af gereis om deel te wees van die betoging. Hy moes sowat R250 se e-tolfooie betaal vir die enkelreis na Gauteng. “Ons het deurgery om die veldtog te ondersteun want e-tol het ʼn verlammende effek op ons besighede,” het Baun gesê.
Klik hier vir vorige berigte oor die e-tolstelsel.
Mooi so! Laat ons saamstaan teen hierdie “daylight robbery” – want dis wat dit is!