Betogers brand e-tolrekeninge

Foto: @NurSwan op Twitter.

Foto: @NurSwan op Twitter.

Betogers het Saterdag hul onbetaalde e-tolrekeninge voor Sanral se kantore in Pretoria aan die brand gesteek terwyl hulle die volkslied gesing het.

“Vandag begrawe ons dié stelsel wat in Desember stilgebore is, en voor Desember vanjaar sal ons hom veras,” het ʼn lid van Cosatu gesê. ʼn Konvooi van sowat 50 voertuie, insluitend motorfietse en taxi’s, het Saterdag ʼn slakkepasbetoging gehou van Cosatu se hoofkantoor na Sanral se kantore in Pretoria.

“Ons sal e-tol betaal wanneer [president Jacob] Zuma vir Nkandla betaal,” het ʼn motorfietsryer gesê. Die groep het gesing en gedans voor Sanral se kantoor. “Voertsek Sanral voertsek” het van die mense gesing.

John Baun, eienaar van die Bronville-taxivereniging, het van die Vrystaat af gereis om deel te wees van die betoging. Hy moes sowat R250 se e-tolfooie betaal vir die enkelreis na Gauteng. “Ons het deurgery om die veldtog te ondersteun want e-tol het ʼn verlammende effek op ons besighede,” het Baun gesê.

Klik hier vir vorige berigte oor die e-tolstelsel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elfie ·

Mooi so! Laat ons saamstaan teen hierdie “daylight robbery” – want dis wat dit is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.