Betogers brand glo los op wetstoepassers

Betogers op die Kaapse Vlakte. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Een mens is in hegtenis geneem nadat ’n groot groep van sowat 100 betogers Woensdag glo op polisiebeamptes en ander wetstoepassers in Mitchells Plain in Kaapstad losgebrand het.

Die voorval het op die R300 op die Kaapse Vlakte plaasgevind, het Wayne Dyason, woordvoerder van die wetstoepassingsdienste in Kaapstad, gesê.

Volgens Dyason het betogers ’n vragmotor naby Stockweg op die aansluiting tussen Mitchells Plain en Philippi tot stilstand gedwing, vermoedelik met die doel om die vrag te buit, voordat polisiebeamptes ingegryp het. Die groep het toe na ’n winkelsentrum oorkant die pad beweeg waar hulle hulself weereens teen die owerhede vasgeloop het.

“Hulle het skerp ammunisie op die beamptes afgevuur, maar gelukkig is niemand in die voorval beseer nie,” het Dyason gesê.

Die betogers het daarna in die rigting van New Woodlands gevlug waarna die R300 ure later nog gesluit was vir verkeer.

Onrus en plundering woed die afgelope week op die Kaapse Vlakte nadat die algehele landwye afsondering verleng is. Brandende buitebande het Dinsdag gedeeltes van ’n pad versper en vragmotors is Vrydag naby Nyanga met klippe bestook.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Willem ·

Dis net die begin verleng die inperking dan volg n bloedbad. Die video wat gister op die toneel geneem is vertel n ander storie oor polisie se optrede. Aanvanglik het hul net gestaa en kyk hoe die plek beroof word. 1 uit 100 in hegtenis geneem n grap

Oranje-Blanja-Blou ·

Oppas wat jy sê. Stryd het baie vorme. As die drakoniese, onrealistiese wetgewing ons almal se ruimtes ondraaglik gaan maak, gaan ek en jy dalk ook moet wys hou ons nie kan uit hou nie. Dan sal ons ook moet, dalk nie soos hierdie betoger nie, op ons manier moet moet kapsie maak.

Cleopatra69 ·

Daar moet baie ernstiger opgetree word teen sulke plundery. Gister op tv het dit dit gewys polisie staan en toekyk of die movie of iets is. Is die polisie bang vir die plunderaars?

Fedup ·

Nothing new. Lawlessness from police and citizens in this country is everday life.

Johan ·

Eerstens moet daar verhoed word dat enige plakkerskamp naby ‘n hoofpad opgerig word, en dan sal die helfte van die strooi stop

Michael 1 ·

Dit spreek boekdele van die bevoegdheid van die wetstoepassers.

Ronel ·

Hoekom geweld gebruik om jou sin te kry soos stout kinders. Almal is in geperk en ons moet by reels hou.
Die Kaapse vlakte gaan nooit verander misdaad is hoog en onskuldiges lei daar onder.

Gerhard ·

“Slimjan”Naidoo, woordvoerder van die SAPS, het dan net gister belowe dat betogings en plunder nie weer sal gebeur nie…wat n grap !

Genis ·

Hulle kan bly wees die was nie die ou regering nie, die ou SAP en SAW het geweet hoe om onluste te beheer…

Leeuwyfie ·

Is daar geen MM lesers wat daar bly nie? Kan iemand ons inlig waaroor hulle betoog? Of gaan dit net oor sekeres wat graag dinge verniet wil hê?

capie ·

Ek dink nie mense verstaan die situasie nie. Dit lyk my die mense op maroela is nie in die situasie waar daardie mense is nie. As jy nie meerkos in die huis het nie en jy mag nie meer uitgaan om te gaan werk nie en al jou ander mense in jou gemeenskap is in dieselfde bootjie, wat doen jy dan. Gaan le jy maar net in die hoekie van jou hophuis en sterf van honger? Die winkels is vol kos gepak maar jy het nie geld om te kop nie. die trokke ry verby, vol kos gelaai vir die rykes, let wel rykes. Nie Wit nie, Rykes. Wat maak jy as jy na jou honger maer kind kyk en sy kyk met vraende gesig na jou. Die regering se kospakkies is net verblindery om hulle mooi te laat lyk en hul aansien te verhoog.

Michael 1 ·

Dan moet jy begin beplan aan hoeveel geld jy verdien ,hoeveel kinders jy voor kan sorg en hoeveel jy moet begroot vir kos.

capie ·

Ja Michael 1, dit is waar. Ek weet egter van n persoon wat vooraf beplan het vir net een kind, sy werk verloor het agv omstandighede waarmee hy niks te doen gehad het en met die ekonomie en verkeerde velkleur nie kon werk kry nie en dus self ingespring het om daagliks te voorsien. Ek hoop nie jy kom in die situasie nie. Dit kos baie sterk wees om deur te kom.

Michael 1 ·

Werner dit is weens die diskriminerende wetgewing teen die wit minderheid en daarom is helpende hand daar en die wat kan moet hulle ondersteun.

Ricus ·

1 uit n 100 wys jou die polisie is defnitief nie opgewasse vir die taak nie

Jax ·

Dis hoekom die weermag ingeroep word. Die mense in die townships lewe in vrees.
Nie alles het met politiek te make nie! En die politieke partye/organisasies wat mense so op sweep, moet nou n einde kry. Ek is dankbaar dat die regering meer wetstoepassers beskikbaar stel – veral in die areas waar dit Baie erg gaan en enige lewendige mens of dier, asook hul eie dom, wat net hul deel wil doen, in lewensgevaar is.
Die spreekwoord lui – die beste stuurman staan aan wal. Dit is die gevaarlikste vorm van landsburger – rol jou moue op en raak bewus asook behulpsaam in die area waar jy woon!

Drico ·

Werner jy is so in die kol. Die meeste mense het nog salarisse gekry en kon nog April deurgaan. Ons het glad nie salaris gekry nie en kry ook nie vir April nie. Niks van ons is betaal nie en familie dra by waar hul kan sodat ons net kan deur kom vir die maand wat kos en krag betref. Hul sal ook nie elke maand kan help nie. Wat ons vir Mei gaan die weet ek nie, maar dis in God se hande en Hy sal sorg. My punt is net dit, ek verstaan wat die betogers dryf tot hierdie dade en dit gaan nie stop end April nie. Dit gaan vererger, daar is nie genoeg skenkings en kospakkies vir almal nie. Die regering druk al die fondse nou in gesondheidsorg en toerusting in. Hierdie lockdown is net daarop gemik om die omvermydelike uit te stel tot sover moontlik na die winter en om die fasiliteite in plek te kry vir die covid 19 peak wat gaan volg, hul verwag dit in September. Hoeveel besighede gaan weer kan oopmaak hierna en hoeveel meer gaan ook werkloos wees? Wees liewer dankbaar vir wat jul nog het.

maakniesaaknie ·

Regtig waar die hooligans in ons land moet hulleself net begin gedra soos wel opgevoede mense. Mens kan nie alles verniet kry nie, die mense wat dink hulle is geregtig daarop om alles verniet kry moet bietjie wakker skrik. Die ander lande se mense gedra hulle nie so nie, die spul hooligans maak net Suid-Afrika se naam bollie.

Woeter ·

Rerig party mense het geen simpatie met hierdie betogers nie. Eerlik waar hulle doen dit nie vir die lekker nie. Maar party mense dink mos altyd solank dit met hulle goed gaan, gaan alles mos goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.