Betogers bring Ventersdorp tot ʼn stilstand

Betogers in Ventersdorp. Foto: ANA

ʼn Groep betogers het Donderdag bedrywighede in Ventersdorp, Noordwes, oor elektrisiteit tot ʼn stilstand gebring.

Die groep inwoners van die Tshing-nedersetting het aangedring om met die burgemeester, Kgotso Khumalo, te vergader.

Hulle het eers by die sportveld in Tshing bymekaar gekom waar hulle vir die burgemeester gewag het, maar toe hy teen die middag nog nie daar opgedaag het nie, het hulle na die dorp opgeruk en winkels gedwing om toe te maak.

Die inwoners betoog al sedert Sondag oor die munisipaliteit se nuwe betaalstelsel vir voorafbetaalde elektrisiteit.

“Ons betoog al sedert Sondag en die munisipaliteit gee nie vir ons wat ons soek nie. Ons vra basiese dienslewering om te oorleef. Die munisipaliteit sê vir ons hulle vat R95 wanneer ons elektrisiteit koop. Hoekom?” het Sello Dassie, ʼn gemeenskapsleier, Donderdag gevra.

Hy het verduidelik dat as die inwoners byvoorbeeld R100 se voorafbetaalde elektrisiteit koop, kry hulle slegs R5 se elektrisiteit.

Victor Boqo, die burgemeester se woordvoerder, verduidelik egter dat die 95:5-betaalstelsel slegs van toepassing is op mense wat die munisipaliteit geld skuld vir elektrisiteit. “Die geld wat afgetrek word, gaan slegs om die elektrisiteitkostes te verhaal van die individu wat geld skuld,” het Boqo gesê.

Boqo het gesê dié stelsel is met die begin van die nuwe finansiële jaar deur die raad aanvaar en sal voortduur totdat al die agterstallige rekeninge vereffen is. Hy het bygevoeg dat daar samesprekings met die gemeenskap was voor die stelsel in werking gestel is.

Boqo het ook gesê die munisipaliteit het planne om inwoners by te staan wat minder as R3 200 ʼn maand verdien.

Die burgemeester sal na verwagting Vrydag met die gemeenskap vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Hierdie spul mense wil natuurlik GLAD nie betaal nie (soos gewoonlik)! Nou gaan die meters die lewe moeilik maak… Everything For Free (EFF) se mense daai.

Phillip ·

Ek werk vir madbeng local municipality en ja ons doen dit al lankal self as jy huur en die eienaar betaal nie die erfbelasting nie word die huurder se prepaid halveer vir die skuld op die erfbelasting of agter stalige skuld dit werk

marous ·

Die burgermeester mag nie weghardloop nie …dis gereserveer vir die polisie!

Boerseun ·

Hulle verstaan dit nie want hulle is so deur die sosialistiese regering gebreinspoel dat hulle nie die konsep kan verstaan dat geld betaal moet word vir dienste wat weer beter dienste genereer nie.

humor ·

Die tragedie van alles is dat hierdie betogings wat dikwels met martelose plundering gepaard gaan geen vrugte gaan afwerk nie, want die regering waarvoor hul stem sal tot in lengte van dae nie instaat wees om hul lewenskwaliteit te verbeter nie. So goed jy staan voor n lewelose rots en pleit vir n beter lewe.

Casper Labuschagne ·

En klink dit nie woordeliks soos my eie gesanik op die dag wat ek my eie verpligtinge aan Jan Taks bereken nie – betaal R100 en kry net R5 se waarde terug waar R95 sonder toerekening in die niet in verdwyn?

Stuiwer ·

“gee nie vir ons wat ons soek nie”? Watse mentaliteit is dit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.